Return to site

  1. "Alles of niks" denke. (Swart en wit denke)

Dr. Elizma van der Smit (April 2019)

· Verstand

Dit is wanneer jy dink in woorde soos "altyd, nooit, niemand, almal, elke keer, alles".

Om in swart-en-wit terme te dink is om dinge altyd in uiterstes te sien, sonder enige middelgrond (bv. ‘n ding is óf Reg óf verkeerd, goed of sleg)- niks tussenin nie. Byvoorbeeld: jou maat is die wonderlikste in die wêreld – óf hul is die slegste. Hierdie siklus van liefde / haat, af / op, goed / sleg kan bitter stresvol wees vir enige verhouding. Deur jou geliefde te sien as óf goed of sleg, laat jou nie toe om hul te sien vir wie en wat hul regtig is nie: 'n normale, feilbare mens, net soos jy.

Ander voorbeelde sluit in: Ek het soveel foute gemaak. As ek dit nie perfek kan doen nie, kan ek dit net sowel los. Ek sal dit nie alles kan doen nie, so ek kan net sowel nou ophou. Ek is 'n vreeslike mens. My suster is so mooi en ek is so lelik. My kêrel is die aantreklikste persoon wat ek ken, en ek sal nooit weer só iemand kry nie. Hierdie werk is so sleg ... daar is niks goeds daaromtrent nie.

Partykeer kan swart en wit denke ook jou politiese, geloofs en sosiale sienings oorneem. Jy kan in die strik trap om te dink dat diegene wat nie dieselfde standpunt as jy het nie, nie jou tyd die moeite werd is nie. Hierdie manier van dink beperk jou om vriende, familie en kollegas wat ander standpunte as jy het, te kan geniet.

Swart en wit denke kan jou oorsensitief maak vir ander se opinies en maak dit moeilik vir jou om kritiek te aanvaar sonder om diep onseker te voel. Swart en wit denke in ons professionele lewe kan ons projekte laat vaar weens 'n gevoel dat hulle onvermydelik gedoem is om te misluk.

Perfeksionismeis dikwels ‘n teken van swart en wit denke. Dit veroorsaak dat ons alles wat ons doen, sien in terme van sukses of mislukking. Dit maak dat ons obesessief raak daaroor om mislukking te probeer vermy. Ons mag dalk onsself oorwerk om die grootste kans vir sukses te verseker. Ons mag ook projekte laat vaar uit vrees dat ons dit nie “reg” sal kan doen nie. Hierdie manier van dink benadeel ons motivering en eiewaarde.

Soos alles in die lewe, het jy ook jou goeie en slegte dae. Die meeste dae is egter êrens in die middel. Om in swart en wit terme te dink, maak dat jy elke mislukkig persoonlik opneem weens jou onrealistiese seining van sukses en jouself.

Wat om te doen:

  • Vang jouself die volgende keer as jy vir jouself sê: "Ek gaan nooitgewig verloor nie," "Jy is altyd laat," of "Almalverstaan dit behalwe ek." Jy doen dit waarskynlik om die lewe meer eenvoudiger vir jouself te maak of om ‘n gevoel van beheer te kan hê.
  • Vra jouself af of jy regtig bewyse het dat “ek nooit iets reg kan doen nie”.
  • Vind ‘n balans.  Jy kan georganiseerd wees, maar nog steeds iets verloor.  Jy kan baie slim wees en nog steeds foute maak.  Dit is belangrik om die tyd te neem om die balans in die lewe raak te sien. Net soos die dae kan verander van sonnig, na reënerig, na sonnig weer – net so kan jou gedagtes en oortuigings ook in fases voorkom.
  • Hier is ‘n goeie oefening:

Dink aan ‘n middel-woord tussen twee ekstreme:

Goed……sleg

Sterk…….swak

Eenvoudig……kompleks

Vet……maer

Mooi….lelik

Ek dink jy kan aan baie meer dink. Die volgende keer wat jy jouself vang dat jy in swart en wit terme dink, dink aan ‘n middelwoord. Aar is altyd een. Dit is op die middelgrond waar jy jou voete wil plant en waar moontlikhede en kreatiwiteit geleë is.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.