Return to site

Leef ten volle bewus (mindful) en ontsnap jou taaklys

Dr Retha Jansen van Rensburg. Augustus 2019

· Verstand,Lewensvaardighede
broken image

“Waarom op aarde sal ek my taaklys wil vryspring?” vra jy. Veral aangesien dit so moeilik was om die lys in die eerste plek op te stel.

Dalk kompliseer joú taaklys sommige van jou dae en sommer die lewe net eenvoudig meer. Net soos my taaklys my lewe soms meer kompliseer.

Jy begin jou dag alreeds twintig minute laat en jy is nog nie eers uit die bed nie. Waarom is daar 'n sluimerknop op jou wekker? Jy verwens die sluimerknop, en hoop dat dit net soos die simpel genie wat dit uitgevind het, van die aardbol sal verdwyn.

Jou lyf pomp verdisels- ek-is-laat adrenalien, en jy spring uit die bed soos ‘n weerligstraal. Jou foon ping aanmekaar boodskappe van jou kinders se vriende se ma’s wat mekaar inlig om 'n skoolprojek te onthou. En jou twee keer besonderse kind het jou weer nie weer vertel van die projek wat VANDAG ingehandig moet word nie! Jou brein prut met halfgevormde gedagtes oor hoe jy jou kind se projek saam gaan flans voor skool.

Facebook, twitter en die geblêr van die TV vorm die agtergrond van nog ‘n dag van ander se lewens, slegte nuus en onenigheid, en versies jou oggend met somber verdoeming voordat nog voordat jy in die stort klim.

Terwyl jou brein die oggend probeer verwerk, dink jy aan jou taaklys vir die dag: Vergaderings. Belastingvorms om in te vul. Taxi ry vir die kinders. ‘n Gevreesde afspraak met die tandarts.

Dan dring die gesprek van gister met die aaklige persoon by die departement van binnelandse sake jou gedagtes binne. Die gesprek woel ‘n paar keer deur jou kop.. Jy is van voor af weer wit van woede. En nog 'n item kom by jou taaklys by.

Jou kind begin bloumoord gil die oomblik wat jy jou hare begin was. Jy jaag deur jou grimeer-hare-kam-aantrek roetine net om die bebloede hand van die genoemde kind te aanskou. Hy het besluit om ontbyt te begin maak, want hy is DOOD van die HONGER en jy neem te lank om met ontbyt te begin omdat jy laat is. Jy voel hoe jou hart al hoe vinniger klop en angstiheid tril deur jou liggaam soos die naskok van ‘n dubbel espresso.

Deur die stort, geklee en geagiteerd, die bloeding gestop en die hongerdood van jou gesin voorkom, is almal uiteidelik in die kar en jy kan jou motorroete begin. Jou gedagtes is spring verbrokkel heen en weer. Jou innerlike menswees wurg jou soos ‘n galgtou. Jy laai die eerste kinders by een skool af, stop by die laaste skool, maak die motor se kattebak oop en sê: 'Totsiens liefste kind, geniet jou dag' en wag vir die pikkie op jou wang. Met jou gedagtes vêr van nou, merk jy die vreemde blikke van die ander ouers wat besig is om hulle kinders af te laai, en besef skielik dat jy nie die vinninge pik op jpu wang gevoel het nie. En dan besef jy dat die laaste kind glad nie in die motor was nie, want sy pa het hom vroeër by die skool afgelaai vir een of ander aktiwiteit. (En ja, dit het regtig met my gebeur!)

Deur aan sulke groot hoeveelhede adrenalien en angstigheid op ‘n daaglikse basis blootgestel te word, raak jy na gees en liggaam verslaaf aan al die onderbrekings, negatiwiteit en elke dag se drama. Hierdie verslawing knelter jou gedagtes en gryp jou vas in 'n patroon van denklose reaksies op gedagtes en gebeure, in plaas daarvan om jou dag bewustelik te lewe en bewustelik besluite te neem.

Teen die tyd dat dit aand word, is jy so verslete dat jy nie kans sien om saam met jou gesin te ontspan nie. Jy sien nie kans om 'n sekonde langer te dink of te beplan nie. Al wat jy wil hê is om vir ‘n paar uur bedwelmend voor die TV te lê of om op die internet rond te dwaal. Jy is doodeenvoudig te moeg om op let dat jy te veel kos en versnaperinge eet wat jy nie eers proe nie. Dan het jy net-net genoeg energie oor om heeltemal uitgeput in die bed val. Net om die eindelose taaklys more en oormore weer te herhaal ...

Kan jy jou self in hierdie scenario inleef?

Alhoewel dit dalk nie is hoe jou daaglikse lewe lyk nie, jy en jou gesin is in elk geval uniek, het jy dalk al een of ander tyd ‘n soortgelyke oggend en dag ervaar. Spanning. Bekommernisse. Aanhoudend afleibaar. Negatiewe denke. Emosionele uitputting. Fisiese uitputting. Om mindless te lewe. Alles hierdie dinge speel 'n groter rol in ons lewens as wat ons graag wil erken.

Om ons dae vreedsaam en vreugdevol te begin is raar. Ons taaklyste bly groei en ons voel meestal vêr van kalm, gesentreerd of teenwoordig in ons eie lewens. En dit steel ons geluk en geestesgesondheid.

Dalk het jy het ook al die gons oor bewustheid gehoor. Dit wil voorkom asof bewustheid ons oral agtervolg, waar ons ook al gaan - of mense wil hê dit moet daar wees, maar jy weet nie wat dit is of hoe om dit in jou lewe toe te pas nie.

Maar hoe kan ‘mindfulness’ of bewustheid help om van jou daaglikse taaklys te ontsnap? As jy bewus lewe, help dit jou om bewus te wees wanneer jy op robot begin lewe, bewustheid laat jou vry te laat uit die outopilot-trans en dit gee jou kans om oomblikke te verander en spyt voorkom.

As jy bewus leef, raak dit moontlik om jou doelwitte, hoop en drome na te streef. As jy in die oomblik leef, verhoed bewustheid jou om te vinnig te reageer en te doen wat joy gewoonlik in 'n stresvolle situasie doen sonder om daaraan te dink - soos om 'n reuse sjokoladeblok te gryp en op te eet.

Soos jy het ek gevoel dat my taaklys my lewe oorneem. Deur die voordele van bewustheid in my eie lewe te ervaar en bewus te wees van die wetenskap wat dit onderskryf, wil ek jou graag vergesel op jou reis na ‘n Bewuste lewe deur jou stap-vir-stap aan die moere en boute van ‘n daaglikse bewuste lewe voor te stel. Ek sal baie graag met jou beleef hoe ‘n bewuste en deernisvolle lewe chroniese spanning, oorwerk en uitbranding kan help verlig.

Oor die volgende agt weke gaan ek die nuutste navorsing en beste praktyke oor hoe om bewustheid in jou werk en lewe te integreer aan jou bekend maak.

broken image

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.