Return to site

Kognitiewe Gedragsterapie-Verander jou emosies deur jou denke te verander -Deel 2

Dr Melanie du Preez. Februarie 2018

· Verstand

Ons is vandag baie bly om ons tweede (hopelik van baie) gasblog (s) wat deur ons liewe vriendin en kollega Dr Melanie du Preez geskryf is, te deel. Melanie is sedert 2001 in privaat praktyk as kliniese sielkundige. Huidiglik doen sy ook groepe vir tieners by die Parkmed Neuro-kliniek. Sy is passievol oor die welsyn van kinders en tieners. Sy het haar PhD in 2012 ontvang, met as tema Psigologiese Weerbaarheid in kinders. Haar lewensfilosofie is, in die woorde van Ghandi: "Wees die verandering wat jy in die wêreld wil sien." Kontak gerus vir Melanie op haar kontakbesonderhede hierbo.

Veranderings-Deel 2

Stap 3-Vervolg

Voorstelle om gedrag te verander:

  • Fokus jou aandag volkome op ‘n ander aktiwiteit
  • Speel musiek-sing en dans saam
  • Help ander
  • Praat met iemand
  • Fisiese oefening
    • Begin ‘n nuwe stokperdjie, byvoorbeeld iets wat jy nog altyd wou doen, maar nooit voor tyd gehad het nie.
    • Skryf oor jou gedagtes en gevoelens-kry dit uit jou kop.
    • Een tree op ‘n slag-moenie te ver vooruit beplan nie.
    • Bederf jouself-doen iets wat jy regtig geniet of iets wat jou laat ontspan.
    • Positiewe self-boodskappe – Moedig jouself aan.
    • Doen iets wat kreatief is.
    • Sê vir jouself: “Dit sal verby gaan.  Dis slegs tydelik.” Of “Ek het al voorheen hierdeur gekom-ek sal weer.”

    Stap 4

    Verander denke

    Ons kan ons gedagtes nie stop nie. Hulle gebeur outomaties in respons op elke situasie waarin ons onsself bevind. Ons kan egter daarteen waak dat dit verwronge word. Deur dus beheer oor ons gedagtes te neem, beheer ons ons emosies en response.

    Kognitiewe (denke) distorsies

    • Oordrywing en minimalisering: Met ander woorde van die relatiewe belangrikheid van gebeure. Jy glo dalk dat jou prestasies onbelangrik is, of dat jou foute oormatig belangrik is.

    Alternatiewe respons

    • Dra elke al weer my “gloomy” donkerbril?
    • Wat sou meer realisties wees?
    • Katastrofering: Sien altyd die ergste moontlike uitkoms vir enige situasie.

    Alternatiewe respons

    • Wat sal meer waarskynlik gebeur?
    • Oorveralgemening: Maak breë interpretasies op grond van ‘n enkele of slegs ‘n paar insidente. “Ek het lomp gevoel tydens my werkonderhou.  Ek is altyd so lomp.”

    Alternatiewe respons

    • Dit het net een keer gebeur.
    • Tower denke: Die geloof dat dade nie-verwante situasies sal beïnvloed. “ “Ek is ‘n goeie mens-slegte dinge sal nie met my gebeur nie.”

    Alternatiewe respons

    • Wat is die meer gebalanseerde uitkyk?
    • Is ek so magtig?
    • Personalisering: Die geloof dat jy verantwoordelik is vir gebeure buite jou beheer.  “My ma is altyd onsteld.  Sys al beter voel as ek haar meer help.”

    Alternatiewe respons

    • Hoe sal iemand anders dit sien?
    • Wat is die groter prentjie?
    • Spring tot gevolgtrekkings: Interpretasie van die betekenis van ‘n situasie sonder enige bewyse.

    Alternatiewe respons

    • Watter bewyse is daar vir my aanname?
    • Gedagtes lees: Interpreteer die denke en gedrag van ander sonder enige bewyse.  “Sy wil nie met my uitgaan nie.  Sy dink seker ek is lelik.”

    Alternatiewe respons

    • Is hierdie my eie gedagtes?
    • Kan ek regtig weet wat ander dink?
    • Voorspelling: Die verwagting dat ‘n situasie sleg sal uitdraai, sonder dat jy bewyse het.

    Alternatiewe respons

    • Hoe waarskynlik is dit dat ek die toekoms kan voorspel?
    • Emosionele redenasies: Die aanname dat emosies die realiteit reflekteer. “Omdat ek soos ‘n slegte vriend voel, moet ek seker een wees.”

    Alternatiewe respons

    • Dis nie noodwndig sleg net omdat dit so voel nie.
    • My gevoelens is  slegs ‘n reaksie op my denke.
    • Denke is slegs outomatiese breinreflekse.
    • Ignoreer van die positiewe: Herken slegs die negatiewe aspekte van ‘n situasie en ignorer die positiewe.  Dalk ontvang mens heelwat compliment na ‘n evaluasie, maar focus slegs op die negatiewe terugvoer.

    Alternatiewe respons

    • Neem ek slegs die slegte dinge waar?
    • “Moet” Stellings: Die geloof dat dinge op ‘n sekere wyse moet plaasvind of so wees.  “Ek moet altyd vriendelik wees.”

    Alternatiewe respons

    • Sal die wêreld gaan stilstaan as ek dinge nie presies so doen nie?
    • Alles-of-niks denke: Dink in absolute terme, byvoorbeeld “altyd”, “nooit”.

    Alternatiewe respons

    • Dinge is nie altyd swart/wit nie.  Daar is skakerings van grys. Waar val hierdie op die spectrum?
    Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie  blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van  behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor  persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies  verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of  psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.
    All Posts
    ×

    Almost done…

    We just sent you an email. Please click the link in the email to confirm your subscription!

    OKSubscriptions powered by Strikingly

    Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.