Return to site

JY IS WAT JY DINK

Dr. Elizma van der Smit (April 2019)

· Verstand

Stop Automatiese Negatiewe Denke (ANT’S)

Verbeel jou die volgende situasies:

Jy stuur jou CV uit na vele werksgeleenthede, en elke aansoek word verwerp. Jy het die vindingrykste CV en het die beste loopbaandeskundiges wat geld kon koop, geraadpleeg. Steeds kry jy geen positiewe terugvoer of selfs ‘n onderhoud nie. Al die verwerping neem jou denke oor, en jy dink aan jouself as een groot mislukking. Jy voel pateties en hou dan op om verdere aansoeke uit te stuur.

Jou beste vriend antwoord nie jou oproepe of boodskappe nie. Gedagtes wat deur jou kop maal sluit in: “Miskien het ek iets gesê wat hom kwaad gemaak het? Dalk het ek hom op ‘n manier beledig of dalk nie genoegaandag gegee aan wat hy gesê het nie?” Hierdie tipe denke laat jou angstig en hartseer voel.

Miskien het jy toe jy jonger was, ‘n groot liefdesteleurstelling gehad. Die seer was so intens dat jy jouself belowe het om jou hart ten alle koste te beskerm, en dus nooit weer iemand toegelaat het om naby jou te kom nie. En nou? Jy vind dit moeilik om mense te vertrou. Jy sukkel om ‘n gesprek te voer weens die vele negatiewe denke wat deur jou kop hardloop. Wat as ek weer verneuk word? Wat as hy uitdraai om dit te wees waarvan af ek weghardloop? Ek sal tog nooit weer liefde kan vind nie.

Hieride gedagtes word automatiese negatiewe denke genoem, beter bekend as ANT’s (automatic negative thoughts) en hierdie artikel sal jou wys hoe om hulle te stop.

Wat is automatiese negatiewe denke (ANT’s)?

Dit is geen geheim dat die meerderheid van ons angstigheid ervaar en “dinkprobleme” het wat ons ongelukkig en depressief laat voel.

Dr. Daniel G. Amen, ‘n psigiater, dokter en outeur, noem hierdie tipe denke ANT’s (Automatic Negative Thoughts). Volgens hom is ANT’s “siniese, donker, en negatiewe gedagtes is wat automaties voorkom.” ANT’s is gedagtes soos:

  • “My voorlegging gaan aaklig gaan.”
  • “Ek gaan nie die projek voltooi nie”
  • “Hulle gaan altyd my idees ignoreer gedurende vergaderings. Hoekom moet ek die moeite doen?”
  • “Iets sleg gaan gebeur. Dit doen altyd.”

Een van die grootste probleme is dat hierdie gedagtes selfvervulende profesieë word. As jy oortuig is dat jou voorlegging voor die direksie vreeslik sal gaan, sal jy nie regtig daarvoor voorberei nie. Jy sal in vrees sit en uitstel eerder as om aksie te neem. En raai dan wat gebeur? Die voorlegging sal inderdaad verskriklik wees, en jy sal vir jouself sê: "Sien? Ek het vir jou gesê dit sal 'n nagmerrie wees!"

Hierdie tipe denke kan jou vermoë om jou lewe te geniet, ernstig beperk. Hoe jy van oomblik tot oomblik dink, speel 'n groot rol in hoe jy sal voel en dus ook in hoe jy sal optree.

Die mees algemene ANT's

Daar is verskillende maniere waarop jou gedagtes vir jou kan jok om situasies erger te maak as wat hulle werklik is. Dr. Amen identifiseer nege verskillende denkfoute en beskou hul as "verskillende spesies" van ANT's (Outomatiese Negatiewe Denke).

In die opkomende artikels gaan ons na elke “spesie” of verskillende denkfoute ondersoek.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.