Return to site

Verbeter kommunikasie in jou verhouding

Dr Elizma van der Smit. Junie 2018

· Verhoudings

Deur moeilike gesprekke met jou maat te hê, wys dat jy genoeg omgee vir jou maat en jou verhouding. Kommunikasie is die enigste manier hoe jy kan uitvind wat jou maat dink en waarom hul op ‘n bepaalde manier optree. Daarsonder kan ‘n verhouding nie gehandhaaf word nie.

Deur te leer hoe om effektief met jou maat te kommunikeer, sal jul vertroue, eerlikheid en respek in mekaar sowel as in die verhouding versterk. Goeie kommunikasie is dus die gom wat jou verhouding aanmekaar hou.

1.Wat is die reëls vir goeie kommunikasie?

  • Fokus op die manierwaarop jy ‘n probleem aanspreek

Moenie moeilike gesprekke uitstel nie. Aanvaar dat dit stresvol sal wees en dat jul beide verdedigend of emosioneel kan raak.

Moenie jou maat na ‘n fliek of vir ‘n ete nooi waarna jy beplan om “die gesprek” te hê nie. Wees eerlik en maak saam ‘n tyd vas van waar en wanneer jul ‘n gesprek sal hê.Moet nooit hierdie tipe gesprekke in die hitte van die stryd of direk daarna probeer hê nie. Gee jou maat kans om te kalmeer en hieroor na te dink, maar probeer om dit binne 48 uur af te handel.

Moenie ‘n gesprek gebegin met “ons moet praat” nie. Begin eerder met “Wat dink jy van…” of “ek wil graag jou standpunt hoor oor…”. Hou dit eenvoudig en bly by een onderwerp.

“A spoon full of sugar makes the medicine go down”is ‘n bekende reël uit die Mary Poppins fliek. Dit is goeie raad wanneer jy iets vir iemand moet sê wat hul nie graag sal wil hoor nie. Hanteer dit soos ‘n hamburger (vleisie tussen twee broodjies). Begin met iets positiefs, lewer jou boodskap kort en kragtig en eindig weer met iets positiefs. Bv. “dankie vir die moeite wat jy vir ons doen, maar hoe jy vandag met my gepraat het is totaal onaanvaarbaar. Dankie dat jy luister en saam met my werk aan ‘n goeie huis en verhouding.”

Probeer om stellings te gebruik soos “ons” of “ek voel” in plaas van ‘n beskuldigende “ek” of “jy”. “Jy sal altyd…” of “jy doen nooit…” mag waar wees, maar om vinger te wys maak dit haas onmoontlik om probleme op te los.

Moenie net vir ure oor die probleem praat nie, maar werk saam om ‘n oplossing te probeer kry.

  • Selfs al lewer jy jou boodskap ook hoé mooi, jy is in ‘n verhouding met ‘n mens wat ‘n menslike reaksie sal toon

Jy het dalk ure voorberei vir hoe jy ‘n sekere gesprek met jou maat gaan hê. Jou maat het egter nie daardie voordeel gehad nie en sy/haar reaksie sal verseker nie weldeurdag wees nie. Wat ook al jou maat op hierdie punt sê, dit sal joú werk wees om kalm te bly. Let wel, al hierdie gebeur voordatjulle oor die detail gesels. Die detail moet eers bespreek word nadat jy jou maat se samewerking gekry het, anders sal dit in ‘n bakleiery ontaard. Goeie kommunikasie gebeur in fases. Moenie probeer om ‘n probleem wat oor ‘n baie lang tyd strek, in een gesprek af te handel nie.

Hier volg 4 moontlike reaksies wat jou maat kan toon, en hoe om dit te hanteer:

  1.  Jou maat stem saam dat daar probleme is. Wonderlik!  Jou het die tipe verhouding wat ver in die minderheid is! Probeer fokus op die oplossings van die probleme eerder as hoe die probleme in die eerste plek ontstaan het. Volg gereeld op met planne wat jul saam gemaak het.
  1. Jou maat begin onmiddellik om jou te blameer.  As dit gebeur, is jul verhouding verseker een van die meerderheid. Dit is nie ‘n slegte posisie nie, aangesien dit beteken dat jou maat besef dat daar ‘n probleem is.  As dit gebeur, probeer om eers net te luister sonder dat jy jouself probeer verdedig of oplossings voor te stel.  Probeer met jou maat saamstem waar dit ook al moontlik is en moenie begin argumenteer nie.  Moet ook nie jou maat dreig of probeer dwing om te verander nie.
  1. Jou maat onteken dat daar enige probleme is.  Dan is dit jou werk om jou maat bewus te maak, aangesien mense in ontkenning hulp nodig het om eers bewus te word van ‘n probleem voordathul enigsins iets daaromtrent sal doen.  Moenie direk op die probleem fokus nie, maar stel maniere voor waarop die verhouding kan verbeter byvoorbeeld meer romanse of ‘n “budget” sodat jul meer aktiwiteite saam kan geniet.
  1. Jou maat dreig om die verhouding te verbreek.  Indien dit gebeur, moenie paniekerig raak nie.  Indien ernstige probleme al oor ‘n lang tydperk kom, is dit natuurlik dat jou maat sal oorweeg om die verhouding te beëindig.  Moenie jou maat aanval of klouerig raak nie, maar stem saam dat beide van julle seker moet maak dat dit die regte keuse is.  Indien hierdie reg hanteer word, kan dit kommunikasie kanale oopmaak op maniere wat jul nie gedink het moontlik is nie en so kan jul verhouding herbou word.  Oorweeg professionele hulp om jul te help.

2.Hoe gemaak as daar iets van lank terug is wat wel pla?

Vroue bring dikwels dinge op uit die verlede aangesien hul graag wil hê dat jy moet verstaan en voelhoe hul voel. Dit stel haar in staat om te kan voel dat sy veilig is by jou en dat jy haar teen soorteglyke hartseer sal beskerm ten alle koste. Hou ingedagte dat vroue emosies heeltemal anders prosesseer en bêre. Sy sal ‘n saak opbring vir solank sy voel dat jy nie verstaan nie!

Hoe moet ons dan ou koeie hanteer?

Mans, gee jou maat ‘n kans om te praat en om ordentlik uit te pak sodat sy die saak kan verwerk en afsluit. Onthou, selfs al praat sy van JOU, gaan dit nie eintlik oor jou nie, maar gaan dit oor iets wat haar gevoelens diep seergemaak het. Doen jou bes om te luister en te probeer verstaan. Gee haar die versekering wat sy nodig het sodat sy ook in staat kan wees om die verlede agter haar te sit.

Vroue moet egter besef en verstaan dat mans nie hul emosies op dieselfde manier prosesseer nie. Vroue gebruik die verlede om te analiseer en te bepaal hoe goed of sleg dit met die verhouding gaan. Mans evalueer die verhouding glad nie op dieselfde wyse nie. Mans is probleemoplossers en glo dat as ‘n probleem een keer bespreek is, dit opgelos is en behoort te verdwyn. Vir hul is ou koeie dus uitputtend en het dit geen sin vir hul nie.

Dus, vroue probeer om die verlede te laat gaan en fokus op die huidige.

Mans, laat jou maat toe om haar hart uit te praat en probeer verstaan hoe sy voel. Met die nodige begrip en versekering van jou kant af, is dit ‘n natuurlike manier vir haar om die verlede af te sluit.

Om effektief te kan kommunikeer, moet ons by die punt hou. Jy kan nie aanmekaar die verlede opbring en vooruitgang verwag nie. Dit veroorsaak net bitterheid en verhoed dat huidige probleme bespreek en opgelos kan word.

4. Hoe kan jy seker maak dat jy genoeg tyd spandeer om vir jou maat goeie en liefdevolle dinge te se?

Oorweeg om weekliks tyd eenkant te sit om ‘n kort, kalm en oplossings-gedrewe gesprek oor jul verhouding te hê. Vra vrae soos “hoe kan ek vir jou op beter maniere liefde wys?” of “wat was goed in ons verhouding in die afgelope week?”. “is daar iets wat jy wil hê ek moet meer aandag gee aan in die week wat kom?”.
 

As jy graag langtermyn sukses in jou verhouding wil hê, moenie vergeet om die volgende dinge elke dag vir jou maat te sê nie:

  • Ek mis jou.  Deur dit vir jou maat deur ‘n teks of mail te stuur sal hul laat voel dat hul waardeer word. As jy weg is van jou maat, stuur gerus ‘n boodskap van “ek kan nie wag om by jou te wees nie”.
  • Hoe was jou dag?  Moenie ‘n tirade oor jou eie slegte dag voer so gou as wat jy die huis instap nie.  
  • Onthou jy die tyd toe ons…  Herhinner gerus jou maat aan julle spesiale tye saam.  Dit sal jou laat onthou hoekom jul verhouding in die eerste plek so spesiaal was.
  • Hoe kan ek help?  Verlig jou maat se stres deur jou hulp aan te bied wanneer hul oorweldig voel.
  • Wat dink jy?  Deel groot en klein besluite met jou maat.
  • Jy is so mooi/aantreklik.  As jy nie jou maat komplimenteer nie, hoe kan jy verwag dat hul spesiaal en gewaardeerd sal voel.  Komplimenteer hul voorkoms en aksies dikwles.
  • Kom ons kry ‘n middeweg.  Moenie probeer bewys wie reg en wie verkeerd is nie, maar werk saam as ‘n span.
  • Ek is jammer.  Almal maak foute, maar wees nederig genoeg om jou foute te erken en om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar.
  • Asseblief en dankie.  Sien die klein goeie dinge raak en behandel jou maat met respek en goeie maniere.
  • Ek is lief vir jou.  Dit maak nie saak hoe lank jy ‘n persoon ken nie, hierdie drie woorde sal altyd betekenis hê.
  • Ek is trots op jou.  Erken jou maat se prestasies en demonstreer jou ondersteuning.
  • Ek is hier vir jou.  Wees ‘n rots vir jou maat wanneer hul deur moeilike tye gaan.
  • Geniet dit.  Gun jou maat spasie om die dinge te doen wat vir hul lekker is.

Bronne

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.