Return to site

Hoe kies my dokter 'n antidepressant?

Dr Henriette Smith Januarie 2018

· Verstand

Die medikasie wat gebruik word om Major Depressie te behandel, word antidepressante genoem. Daar is baie verskillende tipes beskikbaar en jy kan wonder waarom jou dokter 'n spesifieke een vir jou kies.

Vind die regte antidepressant

Daar is verskeie antidepressante beskikbaar wat almal op effens verskillende maniere werk en verskillende newe-effekte het. Die meeste werk ewe goed om depressie te verlig, dus behels die keuse van die regte een gewoonlik subtiele verskille. Wanneer daar vir jou 'n antidepressant voorgeskryf word wat waarskynlik goed vir jou kan werk, kan jou dokter die volgende oorweeg:

  • Jou spesifieke simptome. Simptome van depressie kan wissel, en een antidepressant kan sekere simptome beter as 'n ander verlig. Byvoorbeeld, as jy sukkel om te slaap, kan 'n antidepressant wat effens kalmerend is ‘n goeie opsie wees.
  • Moontlike newe-effekte. Newe-effekte van antidepressante wissel van een medisyne na 'n ander en van persoon tot persoon. Newe-effekte wat jou pla, soos droë mond, gewigstoename of seksuele newe-effekte, kan dit moeilik maak om met behandeling vol te hou.
  • Of dit vir 'n nabye familielid gewerk het. Hoe 'n medikasie vir 'n nabye familielid gewerk het, soos 'n ouer of broer of suster, kan aandui hoe goed dit vir jou kan werk.
  • Interaksie met ander medikasie. Sommige antidepressante kan gevaarlike reaksies veroorsaak wanneer dit saam met ander medisyne geneem word
  • Of jy swanger is of borsvoed. Party antidepressante is dalk nie veilig vir jou baba wanneer jy tydens swangerskap of later as jy borsvoed dit neem nie. Werk saam met jou dokter om die beste manier te vind om jou depressie te bestuur wanneer jy verwag of beplan om swanger raak.
  • Ander gesondheidstoestande. Sommige antidepressante kan probleme veroorsaak as u sekere geestelike of fisiese gesondheidstoestande het. Aan die ander kant kan sekere antidepressante help om ander fisiese of geestelike gesondheidstoestande saam met depressie te behandel. Byvoorbeeld, bupropion (Wellbutrin) kan help om simptome van beide aandag-tekort / hiperaktiwiteitsversteuring (ADHD) en depressie te verlig. Ander voorbeelde sluit in die gebruik van duloksetien (Cymbalta) om te help met pyn simptome of fibromialgie, of om amitriptilien te gebruik om migraine hoofpyn te voorkom.
  • Koste- en mediese fonds dekking. Sommige antidepressante kan duur wees, veral as daar geen generiese weergawe beskikbaar is nie.

Soorte antidepressante

Sekere breinchemikalieë genaamd neurotransmitters word geassosieer met depressie - veral serotonien, noradrenalien en dopamien. Die meeste antidepressante verlig depressie deur hierdie neurotransmitters te beïnvloed. Elke tipe (klas) antidepressant beïnvloed hierdie neurotransmitters op effens verskillende maniere.

Baie tipes antidepressante medikasie is beskikbaar om depressie te behandel, insluitende die onderstaande. Bespreek die moontlike hoof newe-effekte met jou dokter of apteker.

broken image
  • Selektiewe serotonien heropname-inhibeerders (SSRI's). Dokters begin dikwels met die voorskryf van 'n SSRI. Hierdie medisyne is veiliger en veroorsaak gewoonlik minder lastige newe-effekte as ander tipes antidepressante. SSRI's sluit in fluoksetien (Prozac), paroksetien (Aropax), sertralien (Zoloft), citalopram (Cipramil) en escitalopram (Cipralex) en fluvoxamien (Luvox).
  • Serotonien- en noradrenalien heropname inhibeerders (SNRIs). Voorbeelde van SNRI medikasie sluit in duloksetien (Cymbalta), venlafaxien (Efexor XR) en desvenlafaxine (Exsira).
  • Noradrenalien en dopamien heropname inhibeerders (NDRI's). Bupropion (Wellbutrin XL) val in hierdie kategorie. Dit is een van die min antidepressante wat nie gereeld geassosieer word met seksuele newe-effekte nie.
  • Serotonien antagonis / heropname inhibeerders (SARI's). Trazodoon (Molipaxin) werk as 'n antidepressant by hoër dosisse, maar word meer dikwels as bykomende behandeling vir slaap en seksuele newe-effekte by laer dosisse gebruik.
  • Alfa 2 antagonis. Mirtazapine (Remeron) is 'n kalmerende antidepressant wat op serotonien en noradrenalien werk.
  • Selektiewe noradrenalien heropname inhibeerders (NRI's). Reboxetine (Edronax) werk as 'n selektiewe noradrenalien heropname inhibeerder.
  • Melatonien 1 en 2 agonis / 5HTC2 (serotonien) antagonis. Agomelatien (Valdoxane) werk op melatonien, wat jou sirkadiese ritme reguleer (slaap / wakker siklus) en blok serotonien, wat noradrenalien en dopamien vrystel.
  • Multimodale antidepressant. Vortioxetine (Brintellix) is 'n multimodale antidepressant, wat beteken dat dit op verskillende serotonienreseptore, sowel as noradrenalien- en dopamienreseptore werk.
  • Trisikliese antidepressante. Trisikliese antidepressante - soos imipramien (Tofranil), amitriptylien (Tryptanol), dotiepen (Thaden) en clomipramine (Anafranil) - is geneig om meer newe-effekte as nuwer antidepressante te veroorsaak. Dus word trisikliese antidepressante gewoonlik nie voorgeskryf nie, tensy jy eers 'n SSRI probeer het sonder verbetering.
  • Monoamienoksidase-inhibeerders (MAOI's). MAOIs - soos tranylcypromine (Parnate) - kan voorgeskryf word, dikwels wanneer ander medisyne nie gewerk het nie, omdat hulle ernstige newe-effekte kan hê. Die gebruik van 'n MAOI vereis 'n streng dieët as gevolg van gevaarlike (of selfs dodelike) interaksies met voedsel - soos sekere kaas, piekels en wyne - en sommige medikasie, insluitende geboortebeperkingspille, dekongestande middels en sekere kruiemiddels. Hierdie medisyne kan nie met SSRI's gekombineer word nie.
  • Ander medikasie. Ander medisyne kan by 'n antidepressant bygevoeg word om antidepressante effekte te verbeter. Jou dokter kan aanbeveel om twee antidepressante of medikasie soos gemoedsstabiliseerders of antipsigotika te kombineer. Anti-angs en stimulant medisyne kan ook vir korttermyn gebruik bygevoeg word.

Verwysings:

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie  blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van  behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor  persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies  verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of  psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.