Return to site

Kognitiewe Gedragsterapie-Verander jou emosies deur jou denke te verander -Deel 1

Dr Melanie du Preez. Februarie 2018

· Verstand,Lewensvaardighede
broken image

Ons is vandag baie bly om ons eerste (hopelik van baie) gasblog (s) wat deur ons liewe vriendin en kollega Dr Melanie du Preez geskryf is, te deel. Melanie is sedert 2001 in privaat praktyk as kliniese sielkundige. Huidiglik doen sy ook groepe vir tieners by die Parkmed Neuro-kliniek. Sy is passievol oor die welsyn van kinders en tieners. Sy het haar PhD in 2012 ontvang, met as tema Psigologiese Weerbaarheid in kinders. Haar lewensfilosofie is, in die woorde van Ghandi: "Wees die verandering wat jy in die wêreld wil sien." Kontak gerus vir Melanie op haar kontakbesonderhede hierbo.

Inleiding (Deel 1)

Horace Walpole, 18de eeuse skrywer van gru-verhale, het gesê:”The world is a tragedy to those who feel, a comedy to those who think.” So word Kognitiewe Gedragsterapie netjies saamgevat. Klink goed in beginsel, nie waar nie? Hoe verander mens egter prakties jou emosies deur jou denke te wysig?

KG fokus op die “hier en nou” van probleme. Hoewel daar nut in lê om die verlede te analiseer ten einde vas te stel wat die oorsprong van destruktiewe denk- en gedragspatrone is, is die proses van KG vergelykbaar met die bestuur van ‘n voertuig op die snelweg. Sporadies maak jy in jou truspieëltjie seker of daar enigeiets agter jou gebeur wat jou huidige situasie kan beïnvloed. Jou hou egter jou eindbestemming in die oog en pas jou roete en spoed aan, sodat jy dit op die veiligste en mees effektiewe wyse kan bereik. Jy pas voortdurend aan by verkeer, padversperrings ens. Tog bly jou fokus ook op die lesings van jou instrumentpaneel en konsnetreer voortdurend, sodat jy reaksie op krisisse blitssnel kan wees.

KG hou voor dat emosies nie deur gebeure veroorsaak word nie, maar wel deur ons interpretasie en denke daarvan en daar rondom. Grafies kan dit soos volg voorgestel word:

broken image

Gebeurtenis Emosie

Byvoorbeeld: Jy loop verby iemand wat jy ken en hulle groet nie. Jy mag dalk dink “Sy hou nie van my nie” (krimp selfbewus ineen) of “Sy is kwaad vir my” (word angstig) of “Sy dink sy is beter as ek” (word kwaad). KG leer ‘n gesonder respons “Miskien het sy my nie gesien nie”.

Dit word dus duidelik dat ons denke ons emosies beïnvloed en laasgenoemde op hul beurt ons gedrag-‘n bose kringloop. KG kan as instrument gebruik word om hierdie bose kringloop te breek, asook die houvas wat dit op ons lewe kan hê.

Verskillende emosies word dikwels geassosieer met spesifieke denkpatrone:

Denke

Depressie

  1. Ek is waardeloos
  2. Die toekoms lyk donker
  3. Niks sal ooit verander nie

Woede

  1. Daar is geen respek vir my nie
  2. Dit is onregverdig
  3. Ek weier om stil te bly hieroor

Angs

  1. Ek is in gevaar
  2. Iets verskriklik gaan gebeur
  3. Ek kan nie cope nie

Stap 1

Identifiseer denke, gevoelens en gedrag

  • Wat was die situasie?
broken image
  • Watter gedagtes het gedurende of net voor die situasie deur my kop gemaal?
broken image
  • Watter ontstellende emosies het ek ervaar?
broken image
  • Wat het ek in my liggaam opgemerk?
broken image
  • Wat het ek gedoen?
broken image

Stap 2

Insig in die skakels tussen denke, gevoelens en gedrag

Depressie

Denke

  • Alles is nutteloos
  • Ek is waarde-loos
  • Dis my skuld
  • Die wêreld is aaklig

Fisiese sensasies

  • Moegheid
  • Konsentrasie- en geheue probleme
  • Slaapveranderingssngs
  • Eetveranderings
  • Verlies van belangstelling

Gedrag

Ons neig om al hoe minder te doen, veral dinge wat ons voorheen geniet het. Ons neig om onsself van familie en vriende te isoleer.

Woede

Denke

  • Ek word onreg-verdig behandel
  • Ek word nie gerespekteer nie
  • Hulle verbreek die reëls

Fisiese sensasies

  • Hartkloppings
  • Asemhaling versnel
  • Gespanne spiere
  • Bewe
  • Sweet
  • Duiselig
  • Maag draai
  • Vuiste/tande klem

Gedrag

  • Staar/Kwaai gesig
  • Agressiewe postuur
  • Aanval
  • Argumenteer
  • Dikmond

Angs

Denke

  • Ek is in gevaar
  • Die ergste gaan gebeur
  • Ek sal nie kan cope nie

Fisiese sensasies

  • Hartkloppings
  • Asemhaling versnel
  • Gespanne spiere
  • Bewe
  • Sweet
  • Pupille vergroot
  • Spysvertering verstadig
  • Hiperwaaksaam

Gedrag

  • Vermy mense of plekke
  • Gaan nie uit nie
  • Ontsnap of vermy

Stap 3

Verander gedrag

As jy anders wil voel, moet jy dinge anders doen. Dis so waar. Dikwels is ons respons op situasies outomaties. In die toekoms, hou die volgende vrae in gedagte wanneer jy voor gebeure te staan kom:

  • Wat het jou gehelp om te cope en daardeur te kom? 
  • Wat het ek nie gedoen nie, of vermy om te doen? 
  • Watter outomatiese reaksies het ek getoon? 
  • Wat het ander mense my gesien doen? 
  • Wat was die gevolge van wat ek gedoen het? Wat het later as gevolg daarvan gebeur? Het dit ‘n effek gehad op hoe ek later gevoel het?

Vra nou jousself wat jy anders kon gedoen het.

  •  Wat sou iemand anders (dalk iemand wat jy ken) in dieselfde situasie gedoen het? 
  • Was daar tye in die verlede wat ek dit anders sou gedoen het? 
  • As ek eers gewag en dalk diep asem gehaal het, wat sou ek dan gedoen het?

Skryf verskeie opsies van alternatiewe optrede neer. Vra dan jouself af:

  •  Sou die situasie anders gewees het as ek dit prober het? 
  • Hoe sou dit my gevoelens geaffekteer het?Hoe sou dit my denke geaffekteer het?
  • Sou dit meer effekteief vir my, ‘n ander person of in die situasie gewees het? 
  • Wat sou die gevolge gewees het van alternatiewe optrede? 

Vir meer inligting

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie  blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van  behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor  persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies  verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of  psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief dieSelfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.