Return to site

Vyf Stappe om te Volg om Gemotiveerd te Voel

Dr Henriette Smith MBChB (Pret), Dip Obst (SA), MMed (Psych) (Pret)

4 Januarie 2021

· Motivering

Ondanks jou vele pogings om in die lewe te slaag, lyk dit asof jou motivering van 'n krans af val. Hierdie situasies is normaal en gelukkig is daar maklike maniere om dit te omseil. Kyk na hierdie paar maklike stappe om jouself gemotiveerd te laat voel:

  1. Hou ‘n oog op jou gesondheid

Oefen, volg 'n gesonde dieet en hou jou liggaam aktief. Die heel eerste ding wat jy nie moet miskyk nie, is jou liggaam. Iets wat jou selfbeeld baie sal verbeter is goeie gesondheid. Om fiks te word, sal vir jou 'n voorsprong gee.

2. Vind uit wat jou maklik kan pla

Daar is altyd sekere dinge wat ons pla. Dit is daardie klein dingetjies wat ons daardie ondraaglike jeuk laat ervaar wat ons regtig irriteer. Vind wat dit is en vat jou tyd om die situasie te bestudeer, en bedink 'n plan om te keer dat dit terugkom.

3. Maak jouself los van vrees

Alhoewel 'n bietjie vrees as 'n wapen gebruik kan word, kan dit egter vir jou skadelik wees as dit in groot hoeveelhede is. Angs en vrees is alles psigies. Dit is net in jou gedagtes. As jy vrees kan skep, kan jy ook vrees uitwis. Dieselfde geld vir angs. As jy te bang is vir die gevolge of te angstig is oor wat kan gebeur, is jy glad nie gemotiveerd nie. Wanneer jy jou vrees in klein hanteerbare gedeeltes opbreek, help dit baie in die handhawing van motivering.

4. Begin jou dag met positiwiteit

Het jy al aan die verkeerde kant van die bed wakker geword? Die meeste van ons het dit al ervaar en dít het die hele dag gehou. As negatiwiteit so kan voortduur vanaf die oomblik wat jy wakker word tot wanneer jy in die bed klim, kan positiwiteit dieselfde doen. Begin jou dag met 'n lekker, warm glimlag en 'n positiewe houding. Die regte ingesteldheid op die regte tyd kan 'n spelwisselaar wees.

5. Skep jou eie mantra

Mediteer is 'n effektiewe, kostedoeltreffende metode om jouself te motiveer. Daar word al lank daarna verwys as 'n manier om innerlike vrede te vind. Meditasie kan jou help om jou gedagtes op te klaar, ontslae te raak van al die angs, frustrasies asook enigiets negatiefs. Daar is geen presiese manier om te mediteer nie, daarom kan jy dit doen soos jy goed dink. As jy gemaklik is en kalmte kan vind, sal dit goed gaan. Dit is baie makliker om gemotiveerd te voel as jou gedagtes nie vertroebel word deur negatiwiteit nie.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As jy dink dat jy onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief jou plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.