Return to site

Honger vir kos of honger vir lekkergoed of roomys?

Dr Retha Jansen van Rensburg. Januarie 2020

· Liggaam

As ma het ek hoor ek gereeld dat my kinders dood gaan van die honger. En nee, 'n glas water of 'n stukkie vrugte gaan nie help nie. ‘Ons is nie honger vir kos nie,’ sê hulle, ‘ons is honger vir lekkergoed of roomys.’

Kry jy jouself ook dat jy die yskasdeur oopmaak of voor die spensrak staan sonder dat jy honger vir kos is, maar net lus is vir iets om aan te kou omdat jy moeg of onteld voel? Dit is ‘n algemene verskynsel om troos te vind in voedsel en dan emosioneel eet.

Emosionele eters eet verskeie kere per week om negatiewe gevoelens soos stres, woede, vrees, verveling, hartseer en eensaamheid te onderdruk. As ons onder emosionele druk is, raak ons soms impulsief aan die eet of eet ons net wat voorkom sonder om dit werklik te geniet. Soms is ons emosies so verstrengel aan ons eetgewoontes dat ons outomaties na 'n lekkerny gryp as ons kwaad of gespanne is sonder om te dink wat ons doen.

Kos kan ook as afleiding dien. As jy byvoorbeeld in konflik is met iemand of stress oor iets wat moet gebeur is dit dalk makliker om op eetgoed te fokus in plaas van die pynlike situasies.

Om mosioneel te eet kan ook 'n direkte gevolg wees van dat jy nie bewus is van wat of waarom jy eet nie. Dit word onbewuste eet genoem. Onbewuste eet is wanneer jy klaar is met jou maaltyd en dan aanhou peusel aan die kos wat oorgebly het. Onbewuste eet is ook daardie tye wat jy aanhou om die koekies, chips of enige ander kos in jou mond te sit, net omdat dit voor jou is.

Wat veroorsaak dat iemand emosioneel eet? Enigiets van gesondheidskwessies tot verhoudingsprobleme, werkstres tot finansiële bekommernisse kan veroorsaak dat ons emosioneel eet.

Hoe besluit ons dan of ons net lus is vir iets om te eet (emosionele honger) en ware honger? Volgens die Mayo Kliniek is daar verskillende tekens wat jou kan help om te weet watter soort honger jy ervaar.

Vra jouself die volgende om vas te stel of jy lus is vir iets om te eet weens emosies of omdat jy regtig fisies honger is.

Fisiese honger:

Voel jy duidelike honger tekens soos ‘m maag wat raas van honger, hoofpyn, prikkelbaarheid of moegheid?

Het jy geleidelik hongerder geword, soos byvoorbeeld tussen ontbyt en middagete?

Wil jy kos eet wat vullend is en jy oop is vir opsies om jou honger te stil, of soek jy na 'n spesifieke smaak?

Kan jy wag om te eet in of wil jy nou dadelik eet?

Emosionele honger:

Het jou lus om te eet vinnig en intens gebeur, soos 'n aan / af-skakelaar?

Is jy maklik om te oortuig om aan iets te gaan knaag? Byvoorbeeld: 'n medewerker gaan vir koffie en ‘n muffin, en skielik klink dit baie lekker.

Word jy honger as jy sekere emosies soos stres of skuldgevoelens ervaar?

Neem jou honger oor en kan jy aan aan niks anders as eet dink nie?

Smag jy na ‘n spesifieke soort kos soos sjokolade of brood?

Is dit moeilik om versadig te voel ongeag hoe vol of leeg jou maag is?

As jy ja geantwoord het op meer vrae onder die emosionele hongerlys as op die fisiese hongerlys, dan is jy nie regtig honger nie en sal jy meer baat vind by selfsorg aktiwiteite as om na iets te ete te gryp.

Wat staan jou dan as alternatief te doen as jy gewoond is om te eet wanneer jy jouself in ‘n emosionele situasie bevind? Begin deur 'n lysie te maak van dinge wat jy geniet sonder om te eet. Een van die eenvoudigste, maklikste en gesondste alternatiewe vir emosionele eetgewoontes is om gaan te stap of deel te neem aan enige ander fisiese aktiwiteit. Nog opsie is kunsvlytaktiwiteite, dit laat nie net tyd verbygaan nie, maar gee jou iets fisies om te doen terwyl jy kreatief en produktief besig bly.

Wanneer jy probleme het, gestres of selfs verveeld voel kan jy – bewustelik of onbewustelik - na trooskos gryp. Weet dat ons soms die meeste smag na iets om te eet wanneer ons emosioneel op ons kwesbaarste is.

Dit is in daardie tye dat ek en jy, net soos my kinders, voel dat ons nie honger vir kos is nie, maar dat ons honger is vir lekkergoed of roomys. Soos hulle moet ons leer om fisiese en emosionele honger van mekaar te onderskei, om ons self te reguleer deur met Bewustheid te eet en aandag te gee aan hongertekens.

Neem tyd om jou eetpatrone te ontleed, om meer te leer van normaal eet- en emosioneel ooreet. Ontwikkel nuwe selfhelpstrategieë om jou emosionele en fisieke verhouding met kos aan te spreek. Ons by Zenzile Life moedig jou aan om te oefen om “nee” te sê, nie net vir ongesonde kos nie, maar ook vir emosioneel gelaaide situasies wat jou pogings om beter eetgewoontes te ontwikkel, saboteer.

broken image

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.