Return to site

Om (Op Dieet) Te Wees of Om Nie (Op Dieet) Te Wees Nie

Dr Retha Jansen van Rensburg. Januarie 2020

· Liggaam

Laat ons eerlik wees, hoeveel van ons was al op ‘n dieet of twee of drie?

As dokter moet ek die hele dag raad gee oor kos en my pasiënte vra voortdurend my mening oor verskillende soorte diëte. Kom ek vertel jou wat aan hulle sê. Die enigste dieet waarop jy moet wees, is om die kos te eet waarvan jou lyf van hou. Nie die kos waarvan jy hou nie. Ons is almal uniek en daar bestaan ​​nie 'n dieet wat by almal pas nie.

Ek voel eintlik dat die woord dieet nie in ons woordeskat moet wees nie, want dit is net 'n voorskrif vir mislukking. Alle diëte het ‘n eindpunt. En wat dan? So baie diëte beperk jou. Ons het probeer om geen stysel te eet nie, toe geen vet nie, ons het kalorieë probeer tel, ons het probeer om omtrent niks te eet nie, ons het ontbyt en middagete oorgeslaan. Alle diëte kom neer op selfonthouding wat nie op die langtermyn volhoubaar is nie.

Navorsing sê dat die geheim van 'n suksesvolle dieet lê in hoe goed jy by die dieet hou wat jy gekies het. Diëte is net voedselreëls om eetpatrone te vorm. Dus in plaas daarvan om soos gewoonlik te eet, volg jy 'n nuwe voedselreëls wat jou laat beluit wat om te eet, wat wat daan op sy beurt meestal tot minder ooreet lei. Ons spandeer hopeloos te veel tyd aan dink oor watter dieet ons moet volg. Wat ons moet eet, gaan baie meer oor kwaliteit as kwantiteit.

“Eet jou groente” – kan ek my ma ouma nog steeds hoor sê, maar in ons jonkheid het ek my nie daaraan gesteur nie. Die werklikheid is egter dat talle studies toon dat om verskeie groentes te eet, siektes en infeksies voorkom, behandel en genees, met min of geen newe-effekte (anders as medikasie). Die voordele van vars groente eet begin binne dae en duur lewenslank. ‘n Dieet wat ryk is aan plantebasserde, onverwerkte voedsel, is dus 'n slim dieet. En baie mense maak die uitstekende opmerking dat die las op ons planeet baie minder is met 'n plantgebasseerde of plaaslike dieet.

Hou in gedagte dat suiker skelm is en oral verskuil is, selfs in dinge wat volgens ons gesond is, soos graan en granola, energiestafies en energiedrankies, jogurt en selfs vrugtesap. Onthou jy dat ek jou al voorheen gesê het dat stysel uit polisakkariede bestaan ​​(poli wat baie beteken; sakkariede is suiker)? Dus, die southappie wat jy besig is om te eet, is meestal suiker.

broken image

Wat van vette? Ek dink ons opinie oor vette het verander van baie sleg na meer van ‘n kontinuum. Transvette wat in gebraaide kitskos en verwerkte voedsel voorkom, is sleg vir ons, daarom moet ons baie min daavan eet. Versadigde vette wat in suiwelprodukte en vleis voorkom, is in groot hoeveelhede nie goed vir ons nie. Hier moet ons matigheid voor oë hou. Dan het ons mono-onversadigde vetsure (MOVA). Avokado, neute, sade en donker sjokolade hou voordele vir gesondheid in. Die Mediterreense dieet - wat ek binnekort gaan bespreek - is redelik hoog in MOVA. Laastens het ons poli-onversadigde vetsure (POVA). Dit is die langer vet kettings wat ons in olierige vis, neute en boontjies kry. Navorsing dui daarop dat dit voordelig vir ons is, daarom moet ons probeer om ten minste twee porsies per week daarvan te eet. Mense wat transvette met MOVA- en POVA-vette vervang, blyk gesonder as hulle eweknië te wees.

Kom ons loer na hoë proteïen diëte. Weereens gaan dit meer oor kwaliteit as kwantiteit. Proteïne kom in verskillende vorms voor, dink aan 'n stuk soutvleis teenoor 'n stuk salm. Navorsing dui daarop dat as jy gesonde proteïene soos witvleis, boontjies en vis eet – jy gesonder is.

So, as daar geen towerformule is nie, is daar dan 'n dieet wat werk? Die antwoord is ja, hoewel hierdie dieet meer oor kultuur en klein gewoontetjies gaan. Hierdie dieet is meer gerig op gesonde uitkomste soos minder kanker, hartsiektes en demensie, maar fokus ter selfdertyd op 'n langer lewe en minder op gewigsverlies. Hierdie dieet se voordele is meeste bewys - dit is die Mediterreense dieet. In plaas van streng voedselreëls, gaan dit meer oor matigheid, minder vleis, meer groente en vrugte vir nagereg. Dit gaan meer oor 'n leefstyl as die gehate dieetwoord. Dit behels volgehoue fisiese aktiwiteit, gereelde maaltye en sosiale ondersteuning.

Verder vertel my pasiënte ook van my wyse ouma wat lank gelede vir my gesê het dat ek met Bewustheid moet eet om gewig te verloor. Dit was lank voor * eet met Bewustheid (mindful eating)* hoofstroom kennis was. Sy het dit egter anders gestel. Haar woorde was dat ons dankbaar moet wees en bid vir elke happie wat ons in ons mond sit. Miskien is dit tyd om terug te tree en dankbaarder te wees vir ons kos. Dalk kan ons meer geleenthede skep vir gesonder eetgewoontes en beter verhoudings deur saam met ons familie en vriende kos te maak, in plaas van om verpakte en verwerkte voedsel te koop en eet. Eet bring immers weer gesinne bymekaar, vorm gemeenskappe en gee ons lewe.

Dus, vir langtermyn gesonde eetgewoontes - onthou dat die samelewing ons met ongesonde keuses omring: kitskos, rekenaarspeletjies en televisie programme om ons sittend te hou. As jy jou eetomgewing verander, sal jy dit elke dag makliker vind om die regte keuses te maak. Ons moet onsself gedurig daaraan herinner dat ons beter voel as ons beter eet. Ons moet onsself herprogrammeer en daagliks klein treetjies neem om ons te laat weg beweeg van onbewuste ooreet en nader aan bewuste beter en gesonder eet.

Daarom dink ek dat ons met klein veranderinge moet begin en ons gedrag sagkuns in die regte rigting te stoot. Kom ons sit vrugte op die kombuistoonbank neer in plaas van koekies. Eet uit kleiner borde. Of verander net jou gaskoeldrank na water. Dit is alles eenvoudige maniere on jou gewoontes sagkuns te laat riging verander na gesonder eetgewoontes. As jy aanhou met hierdie reis om jouself en jou gesin sagkuns in die regte rigting te stoot, sal julle in die toekoms gesonder eet.

Fisiese aktiwiteit is wonderlik as ons dit in die oogpunt van eet beskou. Studies toon dat mense wat, al is hulle oorgewig, aktief is, langer leef as skraal, onaktiewe mense. Dus, as my pasiënte kla dat hulle nie gewig verloor nie, maar fisies aktief is, sê ek vir hulle dat hulle suksesvol is, want hulle is aktief. Mense wat gereeld oefen is ook meer in staat om hul gewig konstant te hou.

Ek hoop ek het jou 'n bietjie anders oor kos laat dink in die afgelope paar weke. In plaas van om jou dieet te beperk, dink oor gedragsverandering: maak klein aanpassings in die regte rigting; kies kos vat uit ‘n enkele bestanddeel bestaan voordat jou verwerkte kos kies of kos wat uit vele bestanddele bestaan, eet saam met jou gesin aan tafel in plaas van voor die televisie, maak minder staat op wilskrag en meer op stadige verandering om jou swakhede te verander en sodoende outomaties gesonder keuses vir eetgewoontes te maak en met Bewustheid te eet.

Dit is nou die tyd om met jou eie lewenseksperiment te begin! Ons wens vir jou by Zenzile Life is om met Bewustheid te eet, meer te beweeg en na te dink oor wat gesonder is om te eet in plaas van om te tob oor wat jy nie moet eet nie. * Lees meer oor hoe om met Bewustheid te eet in vorige artikels

broken image

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.