Return to site

12 Onweerlegbare Redes Om Met Bewustheid (Mindful) Te Leef

Dr Retha Jansen van Rensburg. September 2019

· Lewensvaardighede,Verstand

As mediese dokter is ek in die eerste plek 'n wetenskaplike. Toe ek die woord bewustheid (mindfulness) aanvanklik gehoor het, het ek gedink dit is net pseudowetenskaplike kennis en nog 'n bedrogspul om desperate mense van hoofstroomgeneeskunde af weg te lok. En in my praktyk sien ek sulke pasiënte. Pasiënte wat hul lewensreddende medisyne los om na enige strooihalm te gryp, dan sieker as voorheen word en verwag dat hul dokter die vure moet doodslaan.


Maar toe begin BEWUSTHEID (mindfulness) in mediese joernale verskyn. Vanuit 'n mediese perspektief is die verrassendste en interessantste element van bewustheid dat dit die struktuur van die brein kan verander.

Bewustheid (mindfulness) is om ten volle bewus te wees van die huidige oomblik, nie afleibaar te wees nie, nie oor die verlede seer te raak of bekommerd te wees oor wat in die toekoms kan gebeur nie. Bewustheid (mindfulness) hou jou gegrond in die hier en nou.

broken image

Met toenemende gebruik van die funksionele MRI, offMRI, kan die samestelling van die brein doeltreffender bestudeer word. Navorsing het ook getoon dat, net soos oefening, bewustheid ‘n mens gesonder en gelukkiger maak. Dit maak ook 'n verskil in die ontwikkeling en behandeling van chroniese siektes.

En dit is nie net in die geneeskundige en sielkundige veld waarons 'n groot belangstelling bewustheid (mindfulness) sien nie. In die sakewêreld sien ons die selfde belagstelling in mindfulness (bewustheid) waar Fortune 500-ondernemings hul werknemers oplei in mindfulness en tyd en ruimte toelaat om dit te beoefen. Mindfulness-opleiding kan help om leiers meer selfversekerd te maak, kreatiwiteit te verbeter, “multitasking” te verminder, asook kliëntetevredenheid te verbeter.

Geneeskunde- en besigheidsfakulteite van universiteite het departemente wat navorsing doen oor mindfulness (bewustheid), asook hul studente maniere leer om mindfulness (bewustheid) te beoefen. Ons sien dat skole in Amerika ook kennis geneem het van die voordele van mindfulness (bewustheid).

broken image

Ons het skaars begin om al die voordele van mindfulness (bewustheid) en meditasie te ondersoek en verstaan. Studies het getoon dat as jy mindfulness (bewustheid) gereeld oefen en toepas, dit oor die langtermyn positiewe gevolge het, nie net op geestelike gebied nie nie, maar ook op fisiese, emosionele en sosiale gebied. Miskien is dit hoog tyd dat ons ons moet begin steur aan MINDFULNESS anders gaan ons agter raak teen die res van die wêreld.

Kom ek gee vir jou ‘n paar onweerlegbare redes waarom ons ons elle lange taaklys moet los en ernstig moet oorweeg om mindful (bewus) te leef.

1. Wetenskaplikes beskou mindfulness (bewustheid) as 'n sleutelelement in die stryd teen spanning en stress. Die meeste van die Westerse wêreld se belangrikste gesondheidskwessies hou verband met ‘n hart wat te vining klop en hoë bloeddruk. Hartsiektes en beroertes is van die grootste oorsake van dood en albei is moeilik om te behandel. Nie net verlaag die beoefening van mindfulness (bewustheid) jou kortisolvlakke ('n streshormoon) nie, dit het ook 'n onmiddellike invloed op die verlaging van bloeddruk en hartspoed. Een studie het getoon dat die beoefenig van mindfulness (bewustheid) die risiko van hartaanvalle binne vyf jaar met 50% verminder. Mindfulness (bewusteid) en meditasie is dus een van die effektiefste maniere om jou bloeddruk en harttempo te verlaag. En hoe gereelder jy mindfulness (bewustheid) beoefen, hoe beter is die langtermyn effek.

2. Pynbeheer – Mindfulness (bewustheid) kan jou help om pyn beter te hanteer, veral as jy 'n pynlike chroniese siektes bv. Artritis, het.

3. Stres is gevaarlik vir ons immuunstelsel. Daarom is dit nie ‘n verrassing dat mindfulness (bewustheid) immuniteit verbeter nie. Mense wat begin oefen om mindful (bewus) te leef, meld gereeld minder gevalle van siektes soos verkoue en griep aan. En as hulle siek word of beserings opdoen, herstel hulle ook vinniger.

4. Studies wys ook dat mindfulness (bewustheid) neurale verbindings in die brein vermeerder. Dus verbeter jou breinfunksie, geheue en besluitneming.

5. Die vordering van ouderdomsverwante kognitiewe afwykings soos Alzheimer se siekte, word vertraag.

6. Daar is bewys dat die beoefening van mindfulness (bewustheid) en meditasie angs en depressie dramaties verminder, insluitend nageboorte depressie. Dit verbeter ook die effektiwiteit van sielkundige terapie.

7. Mindfulness (bewustheid) ontwikkel jou sosiale intelligensie - mindfulness help jou om ander mense beter te verstaan ​​en maak jou versigtig om ander te beoordeel. Dit verbeter jou verhoudings met almal om jou en sodoende word jou lewe verryk. Welstand en geluk maak kognitiewe groei baie makliker.

8. Mindfulness (bewustheid) laat jou meer oor jouself leer – jy raak meer bewus van jou eie motiewe en besluitnemingsprosesse, asook ander mense s’n. Bedagsame mense het 'n beter selfwaarde. Mettertyd sal jy meer in staat wees om jou snellers te herken en te beheer sodat dit jou lewe 'n bietjie makliker maak.

9. Self ouerskap verbeter wannneer jy mindful (bewus) lewe. Om mindful (bewus) te leef tydens swangerskap verminder swangerskap-angs, spanning en depressie, en kan die risiko van premature geboortes en ontwikkelingsprobleme by babas verminder. Opleiding in mindfulness (bewustheid) in gesinne kan lei tot ouers wat minder gespanne is en dan in staat is om meer aandag aan hul kinders gee. Ouers wat mindful (bewuste) ouerskap beoefen, beskryf beter verhoudings met hul kinders en hulle lewens met minder spanning gevul is. Hulle kinders is ook minder geneig tot depressie en angs, en het beter sosiale vaardighede.

10. Wil jy jou tiener help om sy/haar spanning en depressie minder te maak en in die proses ‘n gelukkiger tiener te hê? Leer hulle hoe om mindfulness (bewustheid) te beoefen. En as jy bekommerd wat hulle op universiteit gaan aanvang kan mindfulness ook hulle drankmisbruik minder maak.

11. Soos vroeër genoem, bied sommige skole mindfulness-opleiding vir hulle leerders aan. Daar is ​​wetenskaplike bewyse dat die onderrig van mindfulness (bewustheid) in die klaskamer gedragsprobleme, aggressie en depressie onder leerders verminder. Hulle is gelukkiger en beter in staat om aandag te gee en hulle selfregulering is beter. Onderwysers wat in mindfulness (bewustheid) opgelei is ook meer empaties en vol deernis. Hulle is ook meer effektief in die onderrig van ons kinders.

12. Wat jou vriendelike gesondheidsorgwerker in jou omgewing betref, mindfulness (bewustheid) ondersteun gesondheidsorgpersoneel om beter kontak met hul pasiënte te maak, stres beter hanteer en hulle algemene lewenskwaliteit te verbeter.

Nou weet jy dat mindfulness (bewustheid) nie net jou liggaam bevoordeel nie, maar ook jou gees. Dink daaraan as 'n manier om jou brein te “reboot” en sodoende beter te laat presteer. Sodra jy begin om mindful (bewus) te leef, sal jy sien en ervaar hoe jou fokus en konsentrasie toeneem. Onthou, die voordele word meer hoe meer jy mindfulness (bewustheid) deel van jou daaglikse roetine maak.

Van my by Zenzile Life, ek hoop dat liefde en ligtheid in jou dae toevoeg sal word - want die lewe is nie 'n taaklys nie, dit is bedoel om geniet te word!

broken image

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.