Volgens calm.com (https://www.calm.com/blog/how-to-recover-from-burnout), vereis die herstel van uitbranding aksie en onmiddelike optrede. Onthou om een stap op 'n slag te neem en hou jou welstand op die voorpunt van elke stap wat jy neem.
1. Prioritiseer goeie slaap
Mik na 7–9 uur kwaliteitslaap elke nag. 'n Gereelde slaapskedule en 'n ontspannende slaaptydroetine, soos om 'n boek te lees of 'n warm bad te neem, kan slaapkwaliteit aansienlik verbeter.
2. Inkorporeer streshanteringspraktyke
Daaglikse roetines soos meditasie, oefening of diep asemhaling kan stresvlakke aansienlik verminder. Probeer bewuste beweging in jou dag inkorporeer met 'n stap tydens middagete en eindig jou dag met strekke of mini joga-sessie.
3. Stel duidelike grense
Definieer jou werksure en persoonlike tyd duidelik en kommunikeer dit aan jou kollegas en familie. Dit kan help om te voorkom dat werk en jou persoonlike lewe in mekaar oorspoel en bydra tot die spanning om dit alles te moet balanseer.
4. Maak tyd vir pret
Beplan gereelde tyd vir stokperdjies of aktiwiteite wat jou vreugde verskaf, of dit nou lees, skilder, buite wees of 'n gunsteling fliek kyk. Maak dit 'n punt om ononderbroke tyd vir jouself te skeduleer of doen wat ook al jou vreugde bring en stres verminder.
5. Beoefen dankbaarheid
Dink elke dag aan drie dinge waarvoor jy dankbaar is om jou fokus en perspektief te help verskuif. Neem dit een stap verder deur dit neer te skryf en na te dink oor al jou dankbaarheid aan die einde van die week.
6. Bly verbind met geliefdes
Spandeer tyd saam met familie en vriende vir emosionele ondersteuning en 'n gevoel van behoort. Mik na ononderbroke kwaliteittyd, soos 'n wandeling in die park of inhaal oor koffie met jou foon afgeskakel.
7. Hou 'n joernaal
Skryf jou gedagtes neer om jou te help om jou emosies te verwerk en om duidelikheid te kry oor wat jou stres veroorsaak. Om jou gevoelens neer te skryf, veral aan die einde van die dag, is ’n goeie manier om die kwaliteit van jou lewe te verbeter deur sikliese gedagtes wat jou laat stres of snags wakker te hou, te vertraag.
8. Fokus op voeding en bly gehidreer
Eet ’n gebalanseerde dieet om jou liggaam te help voed en jou bui en energievlakke ’n hupstoot te gee. Beplan maaltye wat 'n verskeidenheid vrugte en groente insluit. Om genoeg water te drink is ook noodsaaklik vir jou fisiese gesondheid en kan kognitiewe funksie verbeter.
9. Leer om te delegeer
Deel jou werklading of verantwoordelikhede. Dit kan jou las verlig en jou in staat stel om op jou herstel te fokus. Vra 'n kollega om te help met 'n projek of gee huishoudelike take aan familielede.
10. Neem pouses tydens werk
Kort, gereelde pouses deur die dag kan help om geestelike moegheid te voorkom en produktiwiteit te handhaaf. Stel 'n” timer’ om jouself te herinner om elke uur op te staan en te strek.
11. Oefen bewustheid (Mindfulness)
Neem deel aan “mindfulness” praktyke om gevoelens van stres en angs te help verminder. Probeer eenvoudige aktiwiteite soos bewuste asemhaling, stap of eet.
12. Beperk skermtyd
Verminder blootstelling aan skerms, veral in die aand, om jou slaap te help verbeter en geestelike spanning te verlig. In plaas daarvan om op jou foon te blaai of TV te kyk om te ontspan, probeer eerder om te lees of na musiek te luister.
13. Soek professionele hulp
As jy steeds met uitbranding sukkel, selfs nadat jy die wenke hierbo toegepas het, kan ondersteuning van 'n berader of terapeut vir jou nuttig wees.
Bronne
https://www.calm.com/blog/how-to-recover-from-burnout
Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As jy dink dat jy onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief jou plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.