Return to site

4 Wenke oor hoe om humor in verhoudings te gebruik om konflik op te los

Dr Retha Jansen van Rensburg MBChB, Diploma Family Medicine (Pret), BSc Honn Pharm (PU vir CHO), Diploma Child Health, Diploma Obstetrics, Diploma Mental Health (SA), MBA, M Sports and Exercise Medicine (UFS)

22 Februarie 2021

· Kommunikasie

Die konflik is al die hele dag aan die gang. Die vegters is op die punt van 'n krisis, en dit voel asof die hele kantoorpersoneel hul asems ophou in afwagting oor wat gaan gebeur. Op hierdie stadium is hulle al gereed vir ‘n bloedbad, of ten minste 'n paar sterk woorde wat weergegee sal word.

Die laaste ding wat hulle van die vegters sal verwag is vir een van hulle om hul mond oop te maak en 'n grappie te vertel.

Dit voel dalk nie soos 'n oplossing vir die konflik nie, maar om te lag kan baie doen, dit is baie meer as net die "beste medisyne". Hoe? Eerstens, om te lag vat die spanning uit 'n situasie, wat presies is wat benodig word om perspektief weer te verkry, sterker bande te vorm en ook om oor die verskille tussen die individue te kom.

Hoe gebruik jy dan humor om konflik op 'n effektiewe wyse op te los?

  1. Maak seker dat beide partye in is op die grap. Deur humor te behou - nie ten koste van die ander persoon nie - fokus jy om die ander persoon te nooi om saam te lag, eerder as om vir hulle te lag. Hoe kan jy sien of jy dit reg doen of nie? Humor is ingewikkeld, so jou beste indikator dat jy besig is om dit reg te kry, is om die ander persoon se reaksie dop te hou. As hulle nie lag nie, is die kanse goed dat hulle nie dink dit is baie snaaks nie. Stop dus daarmee!

  1. Maak seker dat jy besig is om humor te gebruik as 'n wapen en nie as net bloot 'n positiewe middel nie. As jy besig is om humor te gebruik om jou emosies waarmee jy nie dadelik te doen wil he nie weg te steek, dan is dit tyd om 'n stop te sit daarop. Stop jouself onmiddelik en vra jouself af wat dit is wat jy nie wil deur werk nie en waarom.

  1. Werk aan daardie sin van humor. Elke goeie komediant weet hoe om hulle gehoor te lees. Dieselfde geld vir wanneer jy humor gebruik op iemand, veral in 'n situasie waar daar reeds konflik is. Let op na die ongesproke leidrade. Watter taal is mee besig? Hou jou stemtoon lig en positief, en wees eg met wat jy sê. Dit beteken om dus nie grappe te gebruik as 'n manier om wreed te wees nie. Laastens, oorweeg wat dit wat jy as 'n binne grappie sou gebruik. Binne grappies gee nie net vir die situasie 'n ligte stemming nie, maar kan 'n dieper intimiteit tussen die twee individue laat voorkom.

  1. En die belangrikste - wees speels! 'n Klein bietjie simpel spelery is 'n goeie ding. Nie heeltemal seker hoe om tot by daai speelse kant te kom nie? Verken humor op talle velde sodat jy altyd 'n repetoire het om op terug te val. Kyk na dinge op die Televisie of in flieks wat vir jou snaaks is. Luister na grappies. Lees snaakse stories. Vind daardie kant van jou wat daarvan hou om te speel en motiveer dit met behulp van kreatiwiteit en pret.

Maak nie saak wat nie, gee vir jouself so bietjie krediet. Dit vat baie oefening om snaaks te wees. Hou aan daarmee, en jy sal jou natuurlike sin vir humor vind, en dit kan gebruik wanneer dit nodig is. Daardie konflik gaan nie weet wat het hom getref nie!

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As jy dink dat jy onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief jou plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.