Return to site

Bekragtig jou Dankbaarheidsgewoonte met ‘n Klein Joernaal

8 Maart 2021

· Dankbaarheid

Sodra jy in die gewoonte kom om elke dag na te dink waarvoor jy dankbaar is, is dit tyd om te oorweeg om dit ‘n skrywende aktiwiteit te maak. Hierdie kan intimiderend wees vir mense wat nie daarvan hou om te skryf nie of voel asof hulle nie genoeg tyd gaan hê om aan sulke oefening af te staan nie. In alle eerlikheid vat dit nie veel meer tyd om dit neer te skryf as wat dit sou vat om net daaroor te dink nie – jy benodig nie goeie skryf vaardighede om drie sinnetjies neer te skryf nie. Kom ons kyk of ons die proses vir jou minder stresvol kan maak. Daar gaan baie voordele vorendag tree met die fisiese proses van om rekord te hou van die dinge waarvoor jy dankbaar is.

Meer oor Dankbaarheidsjoernale

Alhoewel dit ‘n “dankbaarheidsjoernaal” genoem word, is dit eintlik meer van ‘n tupe gereedskap of boekhouer. Dit is nie nodig om dit in ‘n papier joernaal neer te skryf nie. Die belangrike gedeelte is net om elke dag ‘n tydjie oop te hou om van ‘n paar dingetjies boek te hou wat jou geluk laat ervaar het. Deur dit te doen kan dit selfs help om meer positiewe dinge in jou lewe te laat manifesteer. Deur elke dag neer te skryf waarvoor jy dankbaar is, bring ‘n gees van dankbaarheid na vore. Dit laat jou toe om op die positiewe te fokus en so te help om geleenthede raak te sien wat jy andersins sou gemis het. ‘n Dankbaarheidsjoernaal gee vir jou ‘n geskrewe rekord wat jy elke nou en dan kan uithaal wanneer jy moedeloos voel. Dit kan vir jou in jou moeilikste tye motiverings verskaf.

Die Voordele van ‘n Dankbaarheidsjoernaal

Daar is baie voordele wat hand en hand gaan wanneer jy ‘n dankbaarheidsjoernaal het. Om jou skryfwerk te beoefen sal verseker dat jy op positiwiteit fokus. Ja, slegte dinge kan gebeur, maar die algehele klem om die goeie te probeer vind, gaan vir jou die deursettingsvermoë gee om deur te druk. Jou stres vlakke sal begin afneem soos wat jy ‘n houding van dankbaarheid begin aanpak. Plus, die aksie van skryf is terapeuties opsig self. Om te skryf help ook om vir jou ‘n ander perspektief op dinge te gee wat jy dalk nie dadelik sou gesien het tensy jy in daardie proses was nie. Jy kan patrone en insigte in jou lewe identifiseer wat jou gaan help om geleenthede raak te sien en so te groei.

Wenke vir jou Dankbaarheidsjoernaal

Die belangrikste ding wanneer dit kom by ‘n dankbaarheidsjoernaal is die konsekwentheid van oefening. Sommige mense skryf twee keer ‘n dag in hul joernale. Ander verkies een keer. Ongeag daarvan sal dit slegs effektief wees as jy dit gereeld gebruik. Een van die beste maniere om jou te help om dit te geniet, is om ‘n formaat te gebruik waarvan jy hou. Moenie jouself dwing om in ‘n joernaal met die hand te skryf as jy verkies om elektroniese metodes van gebruik te maak nie. Jy kan jou rekords op ‘n eenvoudige rekenaar sigblad hou of selfs een van die verskeie “apps” wat vir hierdie doel gemaak is, gebruik. Aan die ander kant, as jy geïnspireerd voel deur ‘n mooi gebinde papier joernaal, vind dan een wat vir jou werk en begin dadelik om jou gedagtes daarin neer te skryf. Dit maak nie saak wat jy gebruik nie, hou dit net naby jou bed of onmiddelik beskikbaar op een van jou elektroniese toestelle. Verander jou roetine in ‘n ritueel. Maak dit ‘n proses wat jou siel voed. Inkorporeer jou oggend koffie in jou joernaal-skryf-tyd of steek ‘n kers aan om vir jou ‘n atmosfeer te skep wat altyd jou vergesel tydens hierdie roetine. Maak dit eie aan jouself.

‘n Dankbaarheidsjoernaal kan ‘n insiggewende en lewensveranderende middel wees. Onthou net, jy hoef maar net drie goedjies neer te skryf waarvoor jy dankbaar is. Dit is glad nie nodig om dit gekompliseerd te maak nie. Begin jou boekhou oefening vandag en kyk wat dit vir jou kan doen.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As jy dink dat jy onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief jou plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.