Return to site

Begin En Eindig Jou Dag Deur Jou Seëninge Te Tel

4 Maart 2021

· Dankbaarheid

Een baie maklike manier om met 'n dankbaarheidsoefening te begin, is om daarvan 'n gewoonte te maak om jou seëninge soggens en saans te tel. Jy hoef dit nie eens neer te skryf nie, soos in 'n dankbaarheidsjoernaal, as dit te oorweldigend lyk. Dit is net 'n paar minute wanneer jy wakker word en voordat jy gaan slaap, om hierdie nuwe praktyk in jou roetine te begin vasmaak. Kort voor lank sal jy maklik sien dat die seën in oorvloed is. Hier is 'n paar wenke wat jou kan help om hiermee te begin.

Begin Klein

Om enige gewoonte stadig te laat infasseer is gewoonlik die beste benadering. Deur dit makliker te maak vir jouself, sal jy dit ook makliker maak om voort te gaan. Probeer dus om nie te veel druk op jouself te plaas deur groot voorbeelde van dankbaarheid uit te dink nie, nie wanneer jy nou net begin het nie. Deur net die bed waarin jy elke oggend wakker word en elke aand aan die slaap raak te waardeer, is reeds ‘n goeie begin. Soms kan bloot die erkenning van ‘n klein seëning reeds ‘n groot impak op jou lewe maak.

Voeg Nog By

'n Handige metode om jou nuwe dankbaarheidsgewoonte te onthou, is om dit by jou bestaande roetine te voeg. Wat jy ook al soggens en saans doen, maak seker dat jy 'n paar minute in uithou om na te dink oor wat jou bevoorreg laat voel. As jy byvoorbeeld elke oggend tee drink, is dit 'n goeie manier om ‘n skakel tussen híérdie gewoonte te maak en jou nuwe dankbaarheidsgewoonte. Dus wanneer jy gaan sit om tee te drink, sal jy binnekort in gewoonte kom om oor byvoorbeeld drie dinge te besin waarvoor jy dankbaar is.

Skep Visuele Herinneringe

As jy vergeet om dit te doen of jou nuwe taak oorslaan, voeg visuele aanwysings by jou omgewing. “Post-it”-notas is ideaal hiervoor. Plak een op jou bedkassie. Voeg nog een by jou spieël in die badkamer. Tegnologie is ook handig vir herinneringe. Stel 'n alarm op jou foon sodat jy nie die huis verlaat of aan die slaap raak sonder om ‘n oomblik te neem om na te dink waarvoor jy dankbaar is nie.

Verander Jou Manier Van Dink

Jy kan ook die teenoorgestelde probeer. Verander klagtes in iets positiefs. Miskien word jy wakker met 'n seer rug en wil jy nie uit die bed uit klim nie. Dit lyk dalk voor die hand liggend, maar as jy jouself herinner dat jy oor die algemeen 'n goeie gesondheid het en dat jy 'n veilige plek het om te slaap, kan dit wonderlik wees vir jou uitkyk. Probeer om die silwer randjie te sien. Dit werk regtig.

Neem Notas

'n Goeie gewoonte kan wees om dinge gedurende die dag neer te skryf terwyl dit gebeur. Dit neem net 'n paar sekondes om aan te teken waarvoor jy op daardie oomblik dankbaar is. Jy kan later daaroor nadink tydens jou rustige slaaptydroetine.

Hopelik sien jy nou hoe dit nie so moeilik is om in die gewoonte te kom om die goeie ding in die lewe raak te sien nie. Maak ‘n paar klein veranderinge aan jou roetine en jy sal vind dat dit eintlik maklik is om hierdie praktyk toe te pas.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As jy dink dat jy onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief jou plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.