Return to site

Ek bekommer my dood!

Dr Henriette Smith Oktober 2017

· Verstand,Lewensvaardighede

Bekommer jy jou die heeltyd oor klein goedjies? Jy mag lei aan ‘n toestand bekend as Algemene Angsversteuring(AAV). Omtrent 1 in 5 mense lei aan angsversteurings, met AAV die algemeenste een. Die kenmerke van Algemene Angsversteuring is erge, oordrewe angs en bekommernis oor alledaagse gebeure met geen spesifieke redes vir die bekommernis nie. Mense met simptome van algemene angsversteuring is geneig om altyd die ergste te verwag en kan nie ophou bekommer oor gesondheid, geld, familie, werk of skool nie. Die bekommernis is dikwels onrealisties of uit proporsie uit vir die situasie. Daaglikse lewe word ‘n konstante staat van bekommernis en vrees. Op die ou einde oorheers die angs die persoon se denke en meng in met hulle daaglikse funksionering, insluitend werk, skool, sosiale aktiwiteite en verhoudings.

Die simptome van AAV is die volgende:

AAV beinvloed die manier wat ‘n mens dink, maar angs veroorsaak verskeie fisiese simptome ook.

Oordrewe angs en bekommernis oor verskeie dinge of aktiwiteite vir ten minste 6 maande

  • Konstante bekommernis wat jy sukkel om te beher
  • Rusteloosheid of die gevoel van opgewerk of senuweeagtig wees
  • Word maklik moeg (voel aan die einde van die dag of jy die Comrades Marathon gehardloop het)
  • Probleme om te konsentreer of brein voel leeg
  • Irriteerbaarheid
  • Spierspasmas
  • Hoofpyn
  • Sweterigheid
  • Slaapprobleme (sukkel om aan die slap te raak of bly, of rustelose, onverfrissende slaap)
  • ‘n Onrealistiese beskouing van probleme
  • Naarheid
  • Die geneigheid om dikwels te moet urineer
  • Bewerigheid
  • Skrik maklik
broken image

Wat veroorsaak AAV?

Die presiese oorsaak is nog nie ten volle bekend nie, maar verskeie faktore-insluitend genetika, brein chemikalieë en omgewingsfaktore-dra by tot die ontwikkeling van AAV.

Genetika: Familiegeskiedenis speel ‘n rol in die verhoogede kans om AAV te kry. Die spesifieke geen wat vermoed word speel ‘n rol in verskeie angsversteurings is die Serotonien Transporter(SERT) geen.

Brein oordragstowwe: AAV word geassosieer met die abnormale funksionering van sekere breinsel bane wat brein areas verbind wat te doen het met denke en emosies. Hierdie bane word beheer deur oordragstowwe wat inforasie van een breinsel na die volgende een oordra. Die spesifieke oordragstof betrokke by AAV is serotonien.

Omgewingsfaktore: Trauma en stresvolle gebeure soos mishandeling, die dood van ‘n geliefde, egskeiding of om van werk of skool te verander kan bydra tot AAV. Die gebruik of misbruik van verslawende substance, insluitend alcohol, kaffeïen en nikotien, ka nook angs vererger.

So as jy jouself in hierdie simptome herken, wat kan jy daaraan doen?

  • Kry professionele hulp
  • Leer ontspanningstegnieke aan
  • Oefening
  • Meditasie/bewustheids tegnieke
  • Medikasie

Behandeling en medikasie

Die twee hoof behandelings vir AAV is psigoterapie en medikasie. Jy sal waarskynlik meeste baat by ‘n kombinasie van die twee. Dit mag soms tyd vat om te sien watter behandeling werk die beste vir jou.

Psigoterapie

broken image

Ook bekend as praat terapie of sielkundige berading, behels psigoterapie om met ‘n terapeut te werk om jou angssimptome te verminder. Dit is ‘n effektiewe behandeling vir AAV. Kognitiewe gedragsterapie is een van die mees effektiewe vorms van psigoterapie vir algemene angsversteuring. Dit is gewoonlik ‘n korttermyn behandeling wat focus daarop om jou spesifieke hanteringsvaardighede te leer sodat jy kan terugkeer na die aktiwiteite wat jy vermy het agv angs. Deur hierdie proses verbeter jou simptome soos jy bou op jou aanvanklike sukses.

Medikasies

Verskeie tipes medikasie word gebruik om AAV te behandel, insluitens dié hieronder genoem. Bespreek met jou dokter die voordele, nadele en moontlike newe-effekte van verskillende medikasies.

  • Antidepressante. Antidepressante, insluitend medikasies in die SSRI(selektiewe serotonien heropname remmers) en SNRI(serotonien en noradrenalien heropname remmers) klasse, is die eerste linie van behandeling. Voorbeelde van medikasie wat gebruik word om angsversteurings te behandel sluit in escitalopram(Cipralex), duloxetine(Cymbalta), venlafaxine(Efexor XR) en paroxetine(Aropax). Jou dokter mag ook ander antidepressante voorstel.
  • Buspiroon. Buspiroon is ‘n angswerende medikasie wat op ‘n chroniese basis gebruik kan word. Dit kan verskeie weke vat om volle effektiwiteit te bereik.
  • Bensodiasepiene. In sekere omstandighede mag jou dokter een van hierdie kalmeermiddels voorskryf vir angssimptome. Voorbeelde sluit in alprazolam(Xanor), diazepam(Valium) an lorazepam(Ativan). Bensodiasepiene word gewoonlik slegs gebruik om akute angs op ‘n korttermyn, nie meer as 2 weke nie, basis te verlig. Hulle behoort net op ‘n soos nodig basis vir akute angs gebruik te word, nooit as die hoofbehandeling van die siekte nie. Omdat hulle verslawend is, behoort hulle veral nie gebruik te word as jy probleme met alcohol- of middelmisbruik voorheen gehad het nie. Bensodiasepiene kan ook depressie, angs en vergeetagtigheid veroorsaak as hulle langtermyn gebruik word en is ‘n risikofaktor vir die ontwikkeling van Alzheimers se siekte.

Alternatiewe medisyne

Sommige mense is geinteresseerd daarin om alternatiewe(ipv konvensionele medikasie) of komplimentêre(saam met konvensionele medikasie) medisynes te gebruik. Verskeie kruie is al ondersoek vir gebruik in angs, maar baie min formele navorsing is al op hierdie behandelings gedoen en baie meer navorsing is nodig om die voor- en nadele te verstaan. Hier is wat navorsers weet(en nie weet nie):

Kava. Kava het gelyk om ‘n belowende behandeling vir angs te wees, maar verskeie gevalle van ernstige lewerskade, selfs met korttermyn gebruik, het veroorsaak dat verskeie Europese lande en Kanada dit verbied het. Vermy gebruik van kava tot verdere veiligheids studies gedoen is.

Valerian. Sommige studies met valerian het voordele gerapporteer, ander geen effek nie. Bespreek dit eers met jou dokter voor jy dit probeer. Dit word oor die algemeen goed verdra, maar daar was al gevalle van lewerskade gerapporteer. As jy dit vir ‘n lang tyd gebruik het, word aanbeveel dat jy dit geleidelik afskaal indien jy sou wou stop om onttrekkingssimptome te vermy.

“Passionflower”. In ‘n paar klein kliniese studies het dit gelyk of passionflower mag help met angs. Baie van die kommersiële produkte het ‘n kombinasie van kruie insluitend passionflower in, wat dit moeilik maak om die unieke kwaliteite van elke afsonderlike bestanddeel te bepaal. Passionflower word oor die algemeen goed verdra, maar sommige studies rapporteer slaperigheid, duiseligheid en verwardheid.

Theanine. Hierdie aminosuur word in groen tee gevind en in sekere aanvullings. Voorlopige bewyse dui daarop dat dit jou moontlik kalmer kan laat voel, maar daar is min bewyse dat dit help vir angs.

Voordat jy enige kruie medisyne of aanvullings gebruik, bespreek dit eers met jou dokter om seker te maak dit is veilig vir jou en het nie interaksies met jou medikasie nie.

Leefstyl veranderinge

broken image

Terwyl meeste mense met angsversteurings medikasie en psigoterapie nodig het, maak leefstyl veranderinge ook ‘n groot verskil. Hier is wat jy kan doen:

  • Doen fisiese oefening. Ontwikkel ‘n roetine sodat jy fisiese oefening doen meeste dae van die week. Oefening is ‘n kragtige stres verminderings tegniek.Dit verbeter jou gemoed en maak jou gesonder. Begin stadig en vermeerder geleidelik die hoeveelheid en intensiteit van jou oefeninge.
  • Vermy alkohol en ander kalmeermiddels. Hierdie sustanse kan angs vererger.
  • Hou op rook en verminder koffie inname. Beide nikotien en kaffeïen kan angs vererger.
  • Gebruik ontspanningstegnieke. Visualiserings tegnieke, meditasie en joga is voorbeelde van ontspanningstegnieke wat angs kan verminder.
  • Maak slaap ‘n prioriteit. Slaap genoeg sodat jy uitgerus kan voel. As jy sleg slaap, bespreek dit met jou dokter.
  • Eet gesond. Gesonde eetgewoontes, soos meer groente, vrugte, volgraanprodukte en vis, mag angs verminder, maar meer navorsing is nodig.

Ondersteuning en hanteringsmeganismes

Om met AAV saam te leef, kan jy die volgende doen:

  • Hou by jou behandelingsplan. Neem medikasie soos voorgeskryf. Hou by terapie afsprake. Om pligsgetrou jou medikasie te neem, maak ‘n groot verskil.
  • Sluit aan by ‘n angs ondersteuningsgroep. Hier kan jy emnse vind wat verstaan en jou ervaring deel. Jy kan ondersteuningsgroepe in jou gemeenskap of op die Internet vind.
  • Neem aksie. Werk saam met jou dokter of sielkundige om uit te vind wat jou angstig maak en spreek dit aan.
  • Laat dit gaan. Moenie op ou probleme fokus nie. Verander wat jy kan en los dinge waaroor jy geen beheer het nie.
  • Breek die siklus. Wanneer jy angstig voel, gaan loop ‘n draai of trek jou aandag af met ‘n stokperdjie om jou gedagtes van die angs af te lei.
  • Sosialiseer. Moenie jouself isoleer van jou geliefdes, vriende of lekker aktiwiteite nie. Sosiale interaksie en omgee verhoudings kan jou angs verminder.

Voorkoming

Daar is geen manier om te voorspel of iemand AAV gaan kry nie, maar jy kan stappe neem om angs te verminder:

  • Kry vroeg hulp. Angs, soos ander psigiatriese siektes, word moeiliker om te behandel hoe langer jy wag.
  • Hou ‘n joernaal. Om dagboek te hou van jou persoonlike lewe kan jou en jou dokter of sieklundige help om te identifiseer wat jou angstig maak en wat jou beter laat voel.
  • Priotiseer dinge in jou lewe. As jy jou tyd en energie goed bestuur, verminder jy jou angs.
  • Vermy ongesonde substansgebruik. Alkohol, dwelms, nikotien en kaffeïen kan angs veroorsaak of vereger. As jy aan enige van die substance verslaaf is, kan onttrekkingssimptome jou angstig maak as jy daarvan probeer afkom. Kry hulp by jou dokter, ‘n rehabilitasie program of ondersteuningsgroep om jou te help om daarvan af te kom.

Verwysings:

  1. Generalized anxiety disorder - Mayo Clinic
  2. www.mayoclinic.org
  3. http://www.webmd.com/anxiety-panic/guide/generalized-anxiety-disorder#1
  4. Learn More About General Anxiety Disorder
  5. www.webmd.com
  6. Anxiety - Open Path Psychotherapy Collective - Open Path Psychotherapy Collective
  7. oppc.mentalhealthexcellence.org
  8. http://gymlion.com/wp-content/uploads/2015/10/worry.png
  9. https://media.licdn.com/mpr/mpr/p/5/005/0ad/102/143f497.jpg
  10. https://1.bp.blogspot.com/-sLep2dKrKeM/Ty1FWPN3kHI/AAAAAAAABMc/feVSWN2-0zY/s1600/picsmeme-worry-quotes-09.jpg
  11. https://i.ytimg.com/vi/x56_Kn2nULg/maxresdefault.jpg
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie  blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van  behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor  persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies  verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of  psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.