Return to site

Fokus op die negatiewe. (Filtrering)

Dr Elizma van der Smit. April 2019

· Verstand

Hierdie tipe denke is wanneer jy net die slegte in 'n situasie kan raaksien. Jy is miskien geneig om slegs te konsentreer op die negatiewe, terwyl jy die positiewe ignoreer.

Voorbeelde sluit in:

  • Ek weet dat hy [my baas] het gesê my voorlegging was wonderlik, maar hy het ook gesê daar was 'n aantal foute wat reggestel moet word. Hy moet dink ek is werklik hopeloos. 
  • Of 'n vriend komplimenteer jou op jou voorkoms, maar jy dink dat "hulle dit net sê om gaaf te wees" of "hulle probeer dalk  iets van my kry."
  • Jy hou baie van iemand, maar omdat jy in die verlede seergemaak is, is jou koud en versigtig teenoor hierdie persoon.  Jy bly soek vir hul swakpunte.  In realiteit kan hierdie persoon dalk lojaal en liefderik wees, wat dalk net die beste vir jou wil hê.
  • Jy wil begin oefen by die gim, maar jy wil nie hê mense moet na jou kyk terwyl jy oefen nie, jy wil ook nie soontoe ry na werk nie en jy wil ook nie jouself seermaak nie.  In realiteit sal dit jou gesonder maak, dit kan dalk in ‘n passie ontwikkel en jy kan dalk nuwe vriende maak.
  • As nege goeie dinge gebeur, en een slegte ding, filter ons die goeie uit en fokus net op die slegte. Miskien verklaar ons dat ons 'n slegte dag gehad het, ten spyte van die positiewe dingewat plaasgevind het. Of dalk kyk ons terug na ons prestasie en verklaar dit onvoldoende net omdat ons 'n enkele fout gemaak het.

Hoekom doen ons dit?

Nancy Ellis in (https://wakeup-world.com/2015/08/01/negative-thinking-the-cause-of-chronic-depression-anxiety/)

  1. Negatiewe denke is ‘n oorlewingsstrategie.  Dit veroorsaak dat ons opsoek is na dit wat verkeerd is sodat ons onsself teen moontlike gevaar kan beskerm.  Dit is egter ‘n baie slegte strategie aangesien ons gedagtes meesal ons realiteit word.
  2. Ons is deur ons ouers, onderwysers en gemeenskap geprogrammeer hoe om te dink.  Indien diegene wat ons grootgemaak het negatief gedink het (soos baie gedoen het), het ons geleer om dieselfde te doen. 
  3. Die negatiewe persepsies wat ons het oor die wêreld en van onsself versoorsaak dat ons negatief dink.  As jy glo dat jy nie goed genoeg is nie, sal jou gedagtes en aksies hierdie geloof en persepsie ondersteun. 

Deur die positiewe in ons lewe uit te filtreer, kan voorkom dat ons ‘n realistiese dink. Die meeste van ons weet dat negatiewe denke op vrees gebaseer is, maar het jy geweet dat chroniese negatiewe denke op ‘n daaglikse basis jou gees en liggaam skade doen en ook depressie veroorsaak? Depressie is jou liggaam se verdedigingsmeganisme teen die slegte gevolge van negatiewe denke. Depressie skakel ons emosionele response af. Sonder depressie moet ons liggaam elke dag die konstante veg-of-vlug stresresponse van negatiewe denke probeer hanteer.

Jou lewe kan nie beter wees as jou gedagtes oor jou lewe nie!

Die waarheid is dat almal van ons soms van negatiewe filtrering gebruik maak. Dit is egter krities dat ons bewus moet raak van ons gedages wanneer ons angstig en depressief begin raak. Deur eenvoudig te besef dat ons dit dalk daagliks doen, kan ons in staat stel om die manier waarop ons dink, te begin verander.

Wat moet ek doen?

  • Neem verantwoordelikheid:  As jy wil gesond word van depressie, is dit noodsaaklik dat jy verantwoordelikheid vir al jou gedagtes neem, maar jy moet ook besef dat jy nie jou gedagtes is nie.  Indien jy jou gedagtes kan skei van wie en wat jy regtig is, sal jou gedagtes hul mag oor jou begin verloor.
  •  Oefen om te laat gaan: Wanneer jy bewus word van jou negatiewe gedagtes, laat hul so gou as moontlik gaan.  Moenie teen jou gedates baklei nie, laat net alles gaan. Verbeel jou dalk die stem in jou kop is die van Mickey Mouse, of verbeel jou dalk jy sit die gedagte en ‘n borrel waarna jy dit stukkend steek. 
  • Sit ‘n “nog nie” by: Wanneer jy sê “ek kan nie iets doen nie”, glo jou onderbewuste dit en laat hy jou nie toe om dit te doen nie.  Daarteenoor, as jy ‘n “nog nie” bysit, verander dit alles.  Deur byvoorbeeld te sê “ek kan dit nie doen nie, nog nie…” dan gee jy jou onderbewuste die opdrag om homself voorteberei om te doen wat jy wil hê hy moet doen. 
  • Versadig jou brein: Versadig jou brein met positiewe youtubes, boeke and musiek – enigiets wat jou laat goed voel en jou in ‘n positiewe rigting stuur. 
  • Beoefen jou verbeeldingskrag: Verbeel jouself dat dinge reeds suksesvol afgeloop het. Gebruik jou verbeelding om die positiewiteit binne-in jou te ontsluit.  Dit is ook ‘n goeie idee om jouself vooraf te verbeel hoe jy graag wil hê jou dag moet verloop. 
  • Ander: In plaas daarvan om ander jammer te kry of om oor hul bekommerd te wees, verbeel jouself dat daardie mense hul struikelblokke oorkom – sien hul as sterk, gelukkig en gesond. Die meeste wat ons vir ander kan doen, is om hul as hul beste self te sien in ons geestesoog. 
  • Ontwikkel ‘n gebalanseerde uitkyk deur beide die positiewe en negatiewe raak te sien.  Negatiewe denke is om te dink aan wat ons nie wil hê nie, terwyl positiewe denke is om te dink aan dit wat ons graag wil hê. Vra jouself af, fokus ek dalk meer op wat ek nie wil hê nie as op dit wat ek graag wil hê? Hou ‘n dagboek waar jy al die positiewe dinge aanteken, of dalk ‘n dankbaarheids joernaal.  Maak seker dat jy daagliks ten minste drie positiewe goed neerskryf omtrent die lewe en jouself. 

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

All Posts
×

Almost done…

We just sent you an email. Please click the link in the email to confirm your subscription!

OKSubscriptions powered by Strikingly

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.