Return to site

Fortuin-Voorspelling. (Haastige gevolgtrekkings)

Dr Elizma van der Smit. April 2019

· Verstand

Ons moet tot ‘n sekere mate in staat wees om die toekoms te kan voorspel. Byvoorbeeld, as ons ou, suur melk drink, sal ons waarskynlik siek word. Laasgenoemde is wel ‘n tipe van toekomsvoorspelling wat ons as volwassenes nodig het om te kan funksioneer.

Indien jy egter die fortuinvoorspellings-denkfout maak, sal jy altyd die ergste moontlike uitkoms vir jouself voorspel. Dit is soos om ‘n kristalbal te hê wat net ongeluk kan voorspel. Jy is geneig om te voorspel dat dinge sleg gaan uitdraai, sonder dat jy enige bewyse het dat dit die geval gaan wees.

Natuurlik het sommige gebeurtenisse die potensiaal vir gevaar, en ons moet die risiko in sulke situasies kan assesseer. Fortuin-voorspelling is egter 'n nie-akkurate assessering sonder bewyse, met ander woorde dit is 'n globale aannamewat ons maak, sonder om die werklike kanse te oorweeg.

Fortuin Voorspelling kan baie vorme aanneem, maar meesal begin dit met 'n "Wat as..".Hierdie soort gedagtes hou verband met gevoelens dat ons op een of ander manier nie die toekoms sal kan hanteer of bestuur nie.

Voorbeelde kan insluit:

• "Ek sal nooit die werk kry nie. Wat is die punt?"

• Voordat jy 'n konsert of fliek, dink jy: "Ek weet net dat al die kaartjies uitverkoop sal word as ons daar kom."

Wat ashulle nie van my hou nie?

Wat asek gaan misluk?

Wat asek nooit die persoon van my drome ontmoet nie?

Hierdie tipe denke veroorsaak werklike probleme, want as jy dink dinge gaan verkeerd loop - sal jy ook op 'n manier optree wat sal verseker dat dinge dan werklik verkeerd sal uitdraai vir jou.

Outomatiese negatiewe gedagtes, indien dit nie hanteer word nie, kan lei tot angs en / of depressie. Fortuin voorspelling is dikwels verbind met angs, veral antisiperende angs. Laasgenoemde is wanneer jy bekommerd is oor iets wat nog nie gebeur het nie, maar dalk kan gebeur in die volgende sekonde, minuut of maand van nou af.

Wat moet ek doen?

https://agileleanlife.com/jumping-to-conclusions/

  • Eerstens moet jy verstaan dat fortuin-voorspelling slegs gedagtes is wat jy sélf opgemaak het.  Dit het absoluut niks met realiteit te doen nie, totdat jy ten minste al die feite bymekaar gemaak het en deeglike terugvoer ontvang het.  Dus in 90% van situasies het die dinge waaroor ons bekommerd is, net mooi niks te doen met die realiteit nie.
  • Toets die feite. Kom realiteit regtig ooreen met jou persepsie? Kan daar enige ander verduideliking moontlik wees?  Wat van al die kere wat jy gelukkig was?  Al is jy verwerp, wat van al die ander mense wat jou geselskap geniet?
  • Moenie bloot aanvaar dat daar ‘n negatiewe uitkoms sal wees nie, in realiteit weet ons nie wat gaan gebeur nie.  Doen slegs een beheerbare stap, kry die nodige inligting en pas aan indien nodig.
  • OEFEN OM JOU GEDAGTES TE STOP.  Elke keer wat jou brein jou na ‘n negatiewe gevolgtrekking wil neem, stop hom.  Sê “Nee!”vir jou negatiewe brein.  Sê “ons weet dit nog nie!”  In die begin sal jy dit honderde kere moet sê.  Doen dit oor en oor.
  • Herhinner jouself aan positiewe uitkomste in die verlede.  Vind bewyse van hoe jy al in die verlede verkeerd was, wanneer jy positiewe reaksies ontvvang het, selfs al het jy negatiewe reaksie verwag.
  • Oefen om jouself en die lewe te vertrou.  Jy moet diep binne jou glo dat jy OK gaan wees, maak nie saak wat gebeur nie.  'n Globale vervanging gedagte kan wees: "Ek weet nie wat die toekoms inhou nie, maar ek hanteer dit nou – ek gaan ok wees." 
  • Soms gebeur daar slegte dinge.  Daar is altyd struikelblokke op die pad van die lewe. Maar net soos daar struikelblokke is, so is daar ook vooruitgang, positiewe reaksies en gelukkige verrassings. Handhaaf realistiese verwagtinge en fokus op die positiewe, sonder om vinnig gevolgtrekkings te maak wanneer jy nie die feite het nie.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.