Return to site

Gedagtes Lees

Dr Elizma van der Smit. Mei 2019

· Verstand

In hierdie tipe denke kan jy die rol van ‘n heldersiende aanneem, en jy mag dink dat jy weet wat iemand anders dink of voel. En dit terwyl hulle jou nie eers gesê het nie en jy het nie eers gevra het nie!

Ons weet dat sekere gedrag, woorde en reaksies ons leidrade kan gee oor wat iemand dink. Byvoorbeeld, wanneer ons iemand iets vertel en hul laat val hulle kake, aanvaar ons outomaties dat die ander persoon verras is. Dit is 'n soort gedagteslesing wat nuttig is in interpersoonlike verhoudings, en nie 'n voorbeeld van 'n kognitiewe denkfout nie. As dit egter té veel gebruik word, of sonder veel bewyse, kan die lees van die gedagtes problematies wees.

Die gedagtelees denkfout is eintlik net om slegte raaiskote te neem. Dit is wanneer jy in jou gedagtes besluit wat ander mense moet dink, sonder om die feite te kontroleer en dan op te tree (heel moontlik verkeerd) volgens jou aanname.

Voorbeelde van gedagtelees denkfoute sluit in:

• "My baas haat my."

• "My kollegas respekteer my nie as groepleier nie."

• "Hy moes gedink het ek was dom by die vergadering."

• Gestel 'n vriend stap verby jou op straat en versuim om hallo te sê, want hy het jou nie raakgesien nie. Jy kan dan foutief aflei, "Hy ignoreer my, omdat hy my nie meer van hou nie".

• Miskien reageer jou maat een aand nie teenoor jou nie, omdat hy by die werk gekritiseer is en steeds te ontsteld is om daaroor te praat. Jou hart sink omdat jy die stilte interpreteer as "Hy (of sy) is kwaad vir my. Wat het ek verkeerd gedoen?"

Hierdie negatiewe gedagtes kan so deurdringend word dat hulle jou interpersoonlike verhoudings en professionele lewe benadeel. Gedagtelesing, kan lei tot isolasie omdat jy tot die gevolgtrekking gekom het dat niemand ooit goedgesind teenoor jou sal wees nie. Die realiteit is egter dat jy eenvoudig nie kan weet wat ander mense dink sonder dat jy hulle vra nie.

Wat moet ek doen?

  • Eerstens, identifiseer wat presies dit is wat jy voorspel die ander persoon dink.  Soms help dit om dit neer te skryf of dalk net hardop te sê. Sodoende kan jy dalk sien wat die gate in jou logika is en dit help jou om bietjie afstand te kry van ‘n negatiewe gedagte.
  • Wat is die voor-en nadele van hierdie gdagte.  Alle gedagtes het kostes en voordele.  Jy mag dalk dink dat jy – met gedagtelesing- jouself beskerm teen ‘n negatiewe uitkoms (moontlike voordeel). Nadele sluit in verhoogde angs en meer selfbewustheid.  Vergelyk nou jou voordele en nadele deur jouself af te vra: “sal ek hierdie gedagtes koop gegewe hul prys?  Is dit die moeite werd? 
  • Soek bewyse vir jou gedagtes.  Wat is die kwaliteit van hierdie bewyse?
  • Gebruik die STOPP tegniek(https://success-achiever.com/stop-mind-reading/)

STOPP is kognitiewe terapie in ‘n neutedop. Deur hierdie vaardigheid aan te leer kan jy begin om beheer te neem oor jou emosies en jou lewe. Daar is 5 fases wat jy moet deurloop wanneer jy met gedagtelees werk:

STOP. Met ander woorde, stop net vir ‘n oomblik. Geen aannames, redenering of enige iets anders nie, stop net jou huidige denkrigting.

Haal asem. Asemhaling is ‘n wonderlike tegniek om angs en negatiewe gedagtes teen te werk, aangesien jy fokus op jou liggaam en die huidige in plaas daarvan om negatiwiteit te genereer. Neem 5 asemteue. Hou dit in vir ‘n paar sekondes (15 sekondes) en blaas dan uit vir 15 sekondes. Na die vyfde asemteug sal jou kop begin kalmeer.

Observeer.Observeer jou jou gedagtes, fokus en reaksies. Observeer ook die sensasies in jou liggaam.

Staan terug. Nou kan jy probeer om ‘n ander perspektief te kry. Vra vrae soos

· Watter gedagtes gaan nou deur my kop?

· Waar is my fokus?

· Watter sensasies is daar in my liggaam?

· Wat is die slegste ding wat kan gebeur as mense werklik so oor my dink?

· Wat sou my beste vriend oor my gedagtes gesê het?

· Hoe belangrik sal hierdie opinie wees ‘n jaar van nou af?

Oefen wat werk. Nou kan jy besluit watter aksie jy wil neem. Dit moet een wees wat werk en jou negatiewe gedagtelees elimineer.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.