Return to site

Dink jy met jou gevoelens? (Emosionele redenasie)

Dr Elizma van der Smit Mei 2019

· Verstand

Hierdie tipe denke is wanneer jy bloot jou negatiewe gevoelens glo, sonder om hulle eers te bevraagteken. Emosionele redenasie verwys na die aanvaarding van jou emosies as feite – iets wat hul glad nie is nie. Dit kan beskryf word as "ek voel dit; daarom moet dit waar wees”.Natuurlik weet ons dat dit nie redelik is nie, maar tog is dit iets wat ons almal doen!

Voorbeelde:

• Ek voel bang, daarom moet daar werklike gevaar wees.

• Ek voel dom, daarom moet dit waar wees dat ek wel dom is.

• Omdat jy soos 'n mislukking voel, is jy inderdaad 'n mislukking.

• Ten spyte daarvan dat jy al op verskeie wyses gedemonstreer het dat jy net so waardevol is as enigiemand anders, bly jy oortuig daarvan dat jy op een of ander manier waardeloos is - want jy kan net nie die kerngevoelens van waardeloosheid oorkom nie.

• Jy kan nie help om vet te voel nie, alhoewel jou dokter en diegene rondom jou vertel dat jou gewig gemaklik binne die normale lê. Jy weet dit eintlik en nog steeds ...

• In jou verhouding baklei jy geweldig teen gevoelens van jalousie en onsekerheid. Jy kan nie help om jou maat voortdurend van ontrouheid te beskuldig nie, al het hy/sy niks anders as toewyding aan jou getoon nie en jy het geen bewyse dat jy wel verraai is nie.

Hierdie tipe denke kan selfs ontwikkel tot obsessief-kompulsiewe gedrag. Byvoorbeeld, 'n persoon kan steeds vuil voel al het hy/sy binne die afgelope uur al twee keer gebad.

Emosionele redenerings kan ook lei tot selfvervullende profesieë, waardeur ons gedagtes uiteindelik die gedrag uitlok wat ons voorspel het. Byvoorbeeld, as jy dink: "Ek voel lelik en dom, so dan moet ek eintlik lelik en dom wees." Gevolglik hou jy op om vir jouself nuwe klere te koop en begin swak vaar in jou kursus wat jy op universiteit neem, al lyk jy inherent goed en het jy goed op skool presteer. Hierdie tipe denke veroorsaak ook dat jy konstant goed uitstel - byvoorbeeld as jy voel jy sal dalk misluk in iets, dan sal jy heel moontlik sekerlik onttrek en selfs nie eers probeer nie.

Emosies is nie die realiteit nie, maar dit is maklik om jou gevoelens te verwar met jou instink of “gut feeling”. Byvoorbeeld om vir jouself te sê, "omdat ek so angstig voel om my eie besigheid te begin, is ek net nie bedoel om 'n entrepreneur te wees nie." Maar daarteenoor, as jy jou vrese konfronteer, help dit jou om geestelike krag te bou.

Wat moet ek doen?

broken image

Jy kan dalk die Wyse brein-tegniek oorweeg:

Die wyse brein

Jou brein het drie verskillende state, die redelike brein, die emosionele brein en die wyse brein. Elkeen van ons beskik oor hierdie drie state, maar die meeste mense is geneig om slegs een van hul te gebruik.

Ek mens gebruik sy:

Redelike brein wanneer hul ‘n situasie intelektueel benader. Hul beplan en maak besluite op grond van die feite wat beskikbaar is.

Die emosionele brein word gebruik wannneer gevoelens jou gedagtes en gedrag beheer. Dan mag jy dalk impulsief optree sonder om die gevolge in ag te neem.

Die wyse brein verwys na ‘n balans tussen die emosionele en die intellektuele. Hiervolgens kan jy jou gevoelens herken en respekteer, maar terselftertyd reageer op ‘n rasionele wyse.

Beskryf jou probleem nou volgens elkeen van die 3 fases:

Redelike brein

Emosionele brein

Wyse brein

© 2015Therapist Aid LLC Provided by TherapistAid.com

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.