Return to site

Hoe om konflik by die werk te hanteer

 

Dr. Elizma van der Smit Oktober 2017

· Werk,Verhoudings

"Moenie bang wees vir konflik nie; omhels dit - dit is jou werk.” Alhoewel jy konflik kan probeer vermy (slegte idee), kan jy dit nie ontsnap nie. Die feit van die saak is dat konflik in die werkplek onvermydelik is. Dit sal jou vind of jy dit soek of nie. Die vermoë om konflik te kan erken, die aard daarvan te verstaan en om vinnige oplossings te kan vind, sal jou goed te staan kom - maar die onvermoë om dit te kan doen, sal jou ondergang beteken. (Mike Myatt)

Let op die 2 grootste oorsake van konflik by die werk:

  • Kommunikasie: Konflik by die werk word veroorsaak deur 'n gebrek aan inligting, swak inligting, geen inligting of verkeerde inligting. Duidelike, bondige, akkurate en tydige kommunikasie van inligting sal help om die aantal en erns van konflikte te beperk.
  • Emosies: Om emosies toe te laat om jou besluite te neem, lei tot konflik by die werkplek. Bvoorbeeld om jou eie ego belangriker as die gesamentlike missie te ag of om in ‘n woedebui ‘n besluit te neem. Die oplossing of gesamentlike doel is belangriker as jou emosie.

Die volgende “tips” kan jou help om konflik by die werk beter te kan hanteer:

1: Besef dat konflik by die werk onvermydelik is.

Waar daar mense betrokke is, is daar konflik en misverstande. Dit beteken nie dat jy konflik moet skep nie, maar dit beteken wel dat wanneer konflik gebeur, dit nie die einde van die wêreld is nie. Die feit dat jy 'n konflik ervaar, reflekteer ook nie sleg op jou nie - dit beteken meestal net dat jy genoeg omgee om sterk te verskil.

2: Hanteer konflik vroeër eerder as later

Dit is die heel belangrikste punt om konflik suksesvol te kan oplos: Doen dit nou! Dit is baie makliker om te wag vir die konfliksituasie om oor te waai, maar dit doen selde - in die meeste gevalle word dit net erger met tyd.

3: Vra!

In die vroeë stadiums van 'n konflik, is die mees kragtige instrument om dit op te los eenvoudig: Vra! As iemand iets gedoen het wat jou kwaad gemaak het, of as jy nie iemand se standpunt en aksies verstaan nie, vra vir duidelikheid!

4. Kies jou oorlog.

Dit is ook belangrik dat wanneer jy vrae vra, jy jou oorlogte moet kies.  Jy kan nie by alle konflik betrokke raak nie.  Die menslike natuur maak dat ons graag reg wil wees, selfs ten koste van die groter prentjie.. Dit is ‘n goeie idee om die ander persoon te vra: "Op 'n skaal van 1-tot-10, hoe belangrik is hierdie probleem vir jou?" As 'n probleem 'n vyf vir jou en 'n nege is vir die persoon met wie jy praat, is dit die beste om die argument prys te gee. Gebruik die skaal ook wanneer 'n item vir jou baie belangrik is.

5. Vermy blamering.

Blamering is slegs nuttig in een geval van probleemoplossing - wanneer jy die skuld aan jouself toewys. Om uit te vind wie se skuld dit is, het geen positiewe funksie nie. Die truuk is om op die oplossing van die probleem te fokus, eerder as om vingers te wys. Fokus op die toekoms, nie die verlede nie.

6. Verstaan die “WIIFM” Faktor

Om ander mense se “WIIFM” (Wat is in dit vir my) posisie te verstaan, is krities. Dit is absoluut noodsaaklik om ander se motiverings te verstaan voordat jy toetree tot die konflik. Om diegene rondom jou te help om hul doelwitte te bereik, is ‘n maklike manier om konflik te beperk. As jy konflik benader vanuit die oogpunt wat ander sal help om hul doelwitte die beste te bereik, sal jy vind dat daar min hindernisse in die pad sal wees om konflik op te los.

Praktiese stappe vir die hantering van konflik by die werk:

  1. Praat met die persoon
  • Vra die persoon vir ‘n tyd wat vir hul pas vir ‘n vergadering.
  • Kies ‘n plek waar jul nie maklik onderbreek sal word nie.
  1. Fokus op die gedrag en gebeure, nie op persoonlikhede nie
  • Sê “Wanneer dit gebeur …” eerder as “Wanneer jy …”
  • Beskryf ‘n spesifieke insident eerder as om te veralgemeen of om die persoon aan te val.  Waak teen blamering.
  1. Luister deeglik
  • Luister na wat die persoon sê eerder as om gereed te maak om te reageer.
  • Moenie die persoon onderbreek nie.
  • Wanneer die persoon klaar gepraat het, parafraseer in jou eie woorde om seker te maak dat jy reg verstaan het.
  • Vra vrae as jy nie seker is nie of as jy nie reg verstaan nie.
  1. Identifiseer punte waaroor jul saamstem en waaroor nie.
  • Maak ‘n opsomming van dinge waaroor jul saamstem en waaroor nie.
  • Vra die persoon of hul saamstem met jou opsomming.
  • Verander die opsomming totdat jul beide saamstem oor die areas van konflik.
  1. Prioritiseer die areas van konflik
  • Bespreek watter areas van konflik die belangrikste is om op te los.
  1. Ontwikkel ‘n plan om elke konflikarea te hanteer.
  • Begin met die belangrikste punt eerste.
  • Fokus op die toekoms.
  • Stel vergaderings vas om jul vordering te monitor en te bespreek.
  1. Volg jou plan deur
  • Hou aan met die vergaderings totdat julle deur elke konflikarea gewerk het.
  • Behou die houding van “kom ons werk ‘n plan uit”.
  1. Bou op jou suksesse
  • Soek geleenthede om vordering uit te wys.
  • Komplimenteer mekaar op insigte en prestasies.
  • Wees bewus van vooruitgang, al is dit hoe klein.  Jou harde werk sal beloon word indien jy gereeld besprekings hou in jou tog na meer vriendelike kommunikasie.
Wat as dit nie werk nie? Daar is geen waarborg dat die metode wat hier beskryf word, jou konflik by die werk sal oplos nie. Dit mag, of dit mag nie. Maar selfs as dit nie werk nie, het jy die bevrediging om te weet dat jy probeer het. Jy het 'n rukkie bo die konflik gestyg en probeer om dit positief en konstruktief aan te spreek. Niemand kan meer van jou vra nie.
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie  blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van  behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor  persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies  verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of  psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.