Return to site

DIE BELANGRIKHEID VAN HUISVERGADERINGS

Dr. Elizma van der Smit Oktober 2017

· Verhoudings
  1. Wat is ‘die voordele van n huisvergadering? 

Die voordele van ‘n gesinsvergadering weeg baie swaarder as enige omgemak (bevoorbeeld die tiener wat sy oë rol). Die gesin leer om te kommunikeer, om probleme as ‘n groep op te los, om doelwitte daar te stel, te beplan en om konflik te hanteer. Dit leer jou wedersydse respek en leierskap. Dit bou ook eenheid in die gesin en help jou om eienaarskap en verantwoordelikheid vir die gesin te aanvaar. Ons leer om mekaar te waardeer en hierdie waardering uit te spreek. Tydens die gesinsvergadering kry elke lid die geleentheid om ‘n rol te speel of ‘n bydrae te maak, ongeag die ouderdom. En dit alles in net in 30 min per week!!!

  1. Hoe gaan jy te werk as jy ‘n gesinsvergadering wil hou?
  • Beplan ‘n  dag en tyd.  Hierdie tyd is vasgestel en niemand kan iets anders beplan in daardie tydgleuf nie.  Sondagaande is goeie tyd, want almal is rustiger en waarskynlik tuis.  Dit is ook ‘n goeie tyd om te gesels oor die week vorentoe, die skedules kan bespreek word en so ook huiswerkopdragte of enige iets anders wat ‘n impak op die gesinslede kan hê.  Die eetkamer- of kombuistafel is perfek hiervoor.
  • ‘n Agenda is belangrik.  Sodoende bly jy by ‘n onderwerp en maak jy ook seker dat niks vergeet word nie.  Sit ‘n papier op die yskas met die datum van die vergadering en die familie kan onderwerpe opskryf waaroor hul wil gesels.  Begin byvoorbeeld die vergadering altyd met gebed gevolg deur die agenda van die vergadering.
  • Maak reëls.  As die kinders oud genoeg is, kan daar beurte gemaak word om die moderator te wees.  Sodoende kan waardevolle leierskapslesse ook geleer word.  Jy sal ook ‘n sekretaresse nodig he wat die notas kan neem om later na te gaan as opsomming van die besprekings.  Daar kan selfs komitee lede wees wat verantwoordelik is vir sekere dinge soos rekreasie of troeteldierversorging!
  • Spreekobjek .  Dit kan ‘n pen, teddiebeer of bal wees, maar die een wat die spreekobjek het is aan die word en sodoende kan ons nie in die rede geval word nie.
  • Beoefen ouderdomstoepaslike demokrasie.  Stem wanneer toepaslik, maar kinders moet ook weet dat die ouers sekere besluite alleen sal neem.
  • Endig op ‘n goeie noot.  Aan die einde van die vergadering sal die sekretaresse die vergadering opsom en besluite wat geneem is benadruk.  Dan kan daar roomys geëet word of speletjies saamgespeel word!  Gesinsvergaderings kan inderdaad ook baie pret wees!

Die volgende onderwerpe kan deel uitmaak van ‘n tipiese huisvergadering:

  • Dagboeke.  Een vir een kan die gesinslede deur hul verpligtinge van die week gaan.  Sodoende kan moontlike konflik aangespreek word en leer jy hul hoe om hul tyd beter te bestuur.
  • Werkies.  Dit is ‘n goeie geleentheid om elke gesinslid se opragte vir die week te bevestig.
  • Probleme.  Hierdie is gesinsprobleme en nie probleme van ‘n persoonlike aard nie.  Breinstorm moontlike oplossings.  Leer die kinders om korttermyn doelwitte te stel en rapporteer terug in die volgende vergadering.
  • Pret.  Laat elke gesinslid rapporteer oor ‘n goeie ding wat met hom/haar gebeur het in die week.  Dit is ook ‘n geleentheid om jou kinders te prys en waardering uit te spreek.
  • Beplan vooruit.  Beplan vakansies, gesinsaktiwiteite ens.
  • Lê die reëls neer.  Jy ken jou gesin, bevestig reëls wat elkeen sal help om op die pad te bly.  Skryf dit neer en hou daarby.  Bepreek die gevolge van reëls wat verbreek word.
  1. Wat moet jy nie doen by ‘n huisvergadering?
  • Vergaderings is verpligtend.  Moenie toegewings maak nie en maak seker jyself hou daarby.
  • Tydens vergaderings behoort geen TV of foonoproepe toegelaat te word nie.
  • Wees altyd respekvol.  Moenie mekaar onderbreek, skree of afbrekende opmerkings maak nie.
  • Moenie die persoon kritiseer nie, maar kritiseer die gedrag.  Waak daarteen om persoonlik te raak.  Dit is nie die plek om met Dawie te raas oor sy swak skoolpunte nie.
  • Moenie te rigied wees nie, maar luister oopkop na die verskillende gesinslede.
  • Moenie kwaad word nie!
  • Praat minder en luister meer!  Onthou jou liggaamstaal stuur ook boodskappe!
  1. Ander inligting

Almal dink huisvergaderings is ‘n goeie idee- vir iemand ANDERS se gesin. Jou gesin is te klein, the groot, te besig en die kinders sal nie daarvan hou nie. As jy gaan wag tot jou kinders tieners is, is jy reg, hul gaan nie daarvan hou nie. Tieners hou van niks nie! Begin huisvergaderings indien moontlik as die kinders jonk is, maar later is beter as nooit en nou is die beste tyd van almal!

broken image
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie  blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van  behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor  persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies  verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of  psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.