Return to site

Hoe om ondersteunend te wees in tye van rou / 5 ondersteunende aksies om diegene te help wat rou

Dr Retha Jansen van Rensburg. Augustus 2020

· Lewensvaardighede,Verstand

Gedurende hierdie moeilike tye treur ons almal op verskillende maniere en oor verskillende dinge. Mense ervaar geweldige verliese en baie van ons voel asof ons alleen treur. Of dit die verlies van 'n geliefde, werk of struktuur en roetine is, bykans almal van ons ervaar op hierdie oomblik in tyd ‘n vorm van verlies.

Hoërskool- en kollege-studente het nie die ondervinding van die matriekafskeid of gradeplegtigheid vaarvoor hulle gewerk het en waarop hulle so lank gewag het nie. Rituele en byeenkomste word onbepaald uitgestel. In hierdie tye, meer as ooit, is dit belangrik om ondersteunend te wees en na die mense om jou uit te reik. Hieronder is 'n paar maniere om dit te doen.

1. Bly in kontak

In sulke tye voel ons almal geïsoleerd en van ons geliefdes of vriende geskei. Deur uit te reik met 'n telefoonoproep, sms of selfs 'n handgeskrewe brief, kan jy hierdie persoon ondersteun en in kontak met jou laat voel. Dit is van uiterste belang in omstandighede waar ons menslike interaksie verloor om kontak te behou met jou geliefdes en diegene wat om jou treur.

2. Vermy vergelyking

As jy oor moeilike onderwerpe soos die dood of ander vorme van verliese gesels, is dit maklik om dit met jouself te vergelyk sodat jy die ander persoon kan laat voel asof hy nie alleen is nie. Hierdie vergelyking kan hulle egter laat voel dat hule emosies ongeldig is en nie verstaan ​​word nie. Eerder as om hul verlies met 'n ander verlies te vergelyk, luister na wat hulle deurgaan en wees net daar vir emosionele ondersteuning.

Sodoende word hulle in staat gestel om hulle emosies uit te druk, en soms help dit net om oor die situasie te gesels eerder as om dit te onderdruk, en kan dit help om die situasie te verbeter.

3. Help met etes

As iemand diep bedroef is, is dit soms moeilik om van die rusbank af op te staan of uit die bed te klim om 'n maaltyd voor te berei. Deur iets eenvoudigs soos om ‘n brood te koop of kos te berei, kan dit hulle dag baie verbeter en vir hulle wys hoeveel jy hulle ondersteun.

As iemand 'n verlies ervaar sal hul hele roetine omvêr gegooi voel en neem dit tyd om weer om aan te pas, sodat alles wat jy doen om hulle roetine te laat vloei baie waardeer word.

4. Luister

Alhoewel daar baie maniere is om jou ondersteuning te wys aan geliefdes wat treur, is een van die belangrikste dinge om te doen om net daar te wees om te luister. Al lyk dit asof die persoon advies nodig het, het hulle net 'n iemand nodig wat kan luister wat in hulle binneste aangaan en en hulle laat voel asof iemand hulle ondersteun.

Tensy jy om raad gevra word, is die beste ding om te doen om net hulle gevoelens te erken en hulle te laat weet dat dit wat hulle deurgaan, heeltemal normaal is tydens verlies.

5. Vermy oordeel

Aangesien almal op verskillende maniere treur, kan dit jou geliefde baie langer neem om emosioneel en geestelik aan te pas as wat jy verwag. In plaas daarvan om hulle te veroordeel en te wens dat alles weer normaal moet wees, is dit belangrik om hulle te ondersteun solank as wat hulle dit nodig het terwyl hulle besig is om aan te pas.

Veral tydens moeilike en onvoorspelbare tye soos hierdie, kan iemand treur oor iets wat dalk nie vir jou 'n groot krisis is in vergelyking met ander dinge wat besig is om te gebeur nie. As jy die situasie veroordeel en opinies lewer, sal dit slegs die ander persoon seermaak en hulle laat voel dat hulle gevoelens nie geldig is nie.

Daar is baie verskillende maniere om ondersteunend te wees in tye van hartseer. Hierdie oplossings wissel na gelang van die situasie en wat die ander persoon deurmaak. Dit is belangrik om te besef dat mense in sulke tye oor dinge kan treur wat van die norm afwyk, maar as net jy daar is vir hulle wanneer hulle na hulp uitreik, sal dit hulle op meer maniere help as wat jy ooit sal besef.

5 Ondersteunende aksies om diegene te help wat rou

broken image

Rou is iets wat ons almal op die een of ander tydstip in die lewe sal ervaar. Soms kan dit verwoestend en aftakelend wees. Een ding is seker: die rouproses is gesonder en meer effektief wanneer daar ondersteuning is.

Ken jy iemand wat besig is om te treur? Rou hou dikwels verband met die verlies van 'n geliefde, maar dit kan ook verband hou met die verlies van enigiets. Dit kan die verlies van 'n werk, 'n leefstyl of selfs afskeid neem van 'n ou huis wees wat as rou ervaar word. Ons almal gaan een of ander tyd iemand ken wat treur, so dit is goed om van 'n paar maniere te weet om ander te help.

'n Bedroefde persoon dink miskien ondersteuning is nie nodig nie omdat hulle te trots is om om hulp te vra of as gevolg van ontkenning. Jy het dan nodig om hulle op onopvallende maniere te troos wat hulle geliefd en aanvaar laat voel. Hieronder is vyf ondersteunende aksies om persone te help en ondersteun wat treur.

Wees opreg

Wees opreg wanneer jy met iemand te doen kry wat bedroef is. Vermy dit om hulle gevoelens te minimaliseer, advies te gee wat nie gevra word nie of om 'n klomp oplossings aan te bied. Die persoon wat treur het nie 'n “fixer” nodig nie, hulle het net 'n oor wat luister nodig. Een van die beste dinge om te sê is: “Ek gee om en is hier vir jou.”

Wees dus net daar

Die eerste en maklikste ding wat jy kan doen, is om net daar te wees vir iemand. Wees net daar, moenie oor die hartseer praat as hulle dit nie doen nie, en wees 'n teenwoordigheid in die lewe van jou treurende vriend of geliefde. Hulle wil dalk nie alles doen wat julle gewoonlik saam doen nie, of dalk dit is presies wat hulle nodig het. Wees net 'n konsekwente, positiewe teenwoordigheid in hulle lewe.

Bied praktiese ondersteuning aan

Soms het 'n treurende persoon praktiese hulp nodig. Hartseer kan maak dat jy jouself en jou huishouding net laat vaar. As jy agterkom dat jou vriend of geliefde iemand nodig het om winkel toe te gaan, om te help huis skoon maak of vir hulle kinders te versorg, wees dan daardie persoon! Bied jou hulp aan. As hulle nie jou hulp nie aanvaar nie, moenie aanstoot neem nie. Hulle sal waardeer dat jy jou hulp aangebied het het en sal dit onthou as hulle van plan verander.

Laat hulle praat oor die oorledene

Jy dink miskien om oor 'n vriend of geliefde te praat wat nie meer daar is nie, pyn meer maak, maar die teendeel is waar. Om nooit oor hulle te praat en om op te tree asof hulle nie bestaan ​​nie, is ontkenning en dit sal die pyn vererger.

Dus, as iemand oor hulle geliefde wil praat wat nie meer daar is nie, laat hulle toe om dit te doen. Hulle sal waarskynlik dan terugdink aan die goeie tye saam met die persoon. Dalk moet hulle ook in die proses die hartseer verwerk oor dinge wat beur het al dan nie toe die persoon nog daar was.

Hanteer hulle skuldgevoelens

Volgens die psigoterapeut Mark Tyrell, moet hulle aanmoedig word om hierdie skuldgevoelens te laat vaar en hulle sodoende daartoe verbind om 'n lewe te lei wat die oorledene sal eer, selfs al beteken dit dat hulle 'n rukkie vergeet.

Hierdie advies kan teenstrydig wees met wat ons voorheen gesê het oor om te praat oor die persoon, maar soms voel mense wat treur soveel skuld dat dit beter is om rou stadiger te verwerk. As hulle op hul lewe moet konsentreer voordat hulle die verlede kan laat vaar, is dit die beste opsie. Ander kere sal jou treurende vriend of geliefde dit dalk nodig vind om oor hulle skuldgevoelens met jou te praat.

Onderskei rou van trauma

Rou is 'n reaksie op trauma. Trauma is ‘n gebeurtenis en mense verwerk trauma op ander maniere as wat hulle rou beleef. Die twee is egter verwant. As jou vriend of geliefde terugflitse na 'n gebeurtenis ervaar en verskrik eerder as hartseer voel, ervaar hulle moontlik trauma. Hierdie trauma sal verwerk moet word om hulle hartseer te kan hanteer.

Professionele hulp is beskikbaar vir rou en trauma. 'n Professionele persoon sal weet wat hy gedoen moet word moet om jou geestesgesondheid weer op dreef te kry. Sorg egter dat jy gereed is om hulp te aanvaar. Volg die stappe op hierdie lys en koppel dit aan die begeerte om beter te wees. Dit sal 'n rukkie duur, maar jy sal daar kom.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As jy dink dat jy onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief jou plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.