Return to site

Neem klein stappe om jou selfwaarde te bou

Dr Elizma van der Smit. September 2020

· Lewensvaardighede,Verstand

Soos die meeste ander dinge, word jou eiewaarde ook die beste gebou in klein berekende stappies. As jy 'n lae selfbeeld het, kan dit onmoontlik voel om beter oor jouself te voel. Om alles ook tegelyk te probeer doen, sal net uitputtend wees en waarskynlik tot minder vordering lei as wat jy graag wil. Jy loop selfs die risiko om slegter te voel as voor jy begin het!

Soms kan selfs net die gedagte daaraan om jou eiewaarde op te bou, soos 'n onmoontlike taak voel. Waar moet mens begin? Dit kan help as jy dit soos 'n projek benader en in klein, haalbare stappe verdeel. Neem dit een stappie op 'n slag, en voordat jy dit weet, sal jy begin beter voel oor jouself.

Neem die positiewe besluit om nie alles tegelyk te probeer verander nie. Erken dat dit juis jou voorberei vir mislukking, wat die laaste ding is wat jy nodig het. Besluit bewustelik om dinge rustig te doen met ‘n positiewe gesindheid teenoor jouself.

En jy het klaar begin! Die feit dat jy hier lees beteken dat jy selfbewussyn het en die beste vir jouself wil doen.

Positiewe eiewaarde word gebou op selfsorg en vriendelikheid.

Hier is vyf klein, maar belangrike dinge wat jy kan doen om goed te wees vir jouself, vandag sowel as gedurende die komende weke.

1. Bou gereeld klein lekkernye in jou program in om jouself goed te laat voel. 'n Maandelikse massering of manikuur, of 'n paar keer per week se stap in die park.

2. Erken jou swak punte en dink aan 'n positiewe aksie wat jy kan neem om jouself daarmee te help. Kyk na APPS vir tyd- of geldbestuur, dry dalk 'n fiksheidsafrigter, of neem ‘n klas. Onthou om dinge een ​​vir een aan te pak.

3. Die hou van ‘n dagboek (journalling) kan nuttig wees om jou negatiewe selfpersepsies te identifiseer, uit te daag en te verander. Probeer elke positiewe ding neerskryf waaraan jy kan dink. Moenie jouself met iemand anders vergelyk nie. Is jy dalk 'n goeie skrywer? Is jy vriendelik? Het jy 'n goeie sin vir humor? Hou mense van jou pannekoek?

4. Begin 'n daaglikse dankbaarheidsjoernaal (gratitude journal) waarin jy al die dinge noem waarvoor jy dankbaar is. Voorbeelde soos skoon lug, water, genoeg kos om te eet en 'n huis om in te woon is ‘n goeie begin. As jy in 'n plek van dankbaarheid leef, hou jou brein aan om te soek na dinge om voor dankbaar te wees, en begin jy meer dinge waarneem ook.

5. Eindig elke dag deur aan ten minste een goeie ding te dink wat daardie dag gebeur het, en waneer jy wakker word, dink aan 'n positiewe bevestiging (affirmation) om jou deur die dag te neem.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As jy dink dat jy onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief jou plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.