Return to site

7 Redes waarom dit belangrik is om jou eiewaarde te verhoog

Dr Elizma van der Smit. September 2020

· Lewensvaardighede,Verstand

'n Gesonde mate van eiewaarde kan verander hoe jy oor die lewe voel. ‘n Positiewe eiewaarde help jou met die nodige energie en die selfvertroue om jou beste self te kan wees, asook om uitdagings en geleenthede aan te gryp wanneer dit opduik. Eiewaarde beteken dat jy jou beste lewe kan hê.

Die basis van ‘n gesonde eiewaarde is 'n eerlike evaluering van al jou sterk- en swakpunte. Dit stel jou in staat om jou sterk punte te benut en om objektief te wees, asook om nie verdedigend teenoor jou swakhede te wees nie. Dit gee jou die gereedskap om beheer oor jou lewe te neem.

Om 'n gelukkige, suksesvolle lewe te hê en goed te voel oor jouself is nie 'n kwessie van geluk oftewel “luck” nie. As jy goed voel oor jouself en glo dat jy verdien om gelukkig of ryk te wees of goeie verhoudings te hê, sal jy ook daardie dinge in jou lewe lok.

Al die ervarings wat ons in ons lewens gehad het, vanaf 'n baie vroeë ouderdom, het ons self-waarde positief of negatief beïnvloed.

Die goeie nuus is dat ons wel iets daaraan kan doen as ons 'n sterker eiewaarde wil hê. Alhoewel dit nie altyd aangenaam is nie, is dit die tyd en moeite werd om jou eiewaarde te verhoog.

Hier is 'n paar sleutelaspekte van die positiewe rol wat self-waarde in jou lewe kan hê:

1. Jy sal meer tevrede wees met die lewe as jy fokus op die goeie dinge in die lewe, eerder as om te fokus op die dinge wat jou teleurstel.

2. Moenie jouself ondermyn met negatiewe selfspraak nie. Die innerlike kritikus sal altyd daar wees, maar jy kan weet hoe om dit in toom te hou en dit te gebruik om jou selfbewussyn te verhoog.

3. Selfkennis is 'n belangrike deel van goeie leierskap. Dit is meer waarskynlik dat jy suksesvol sal wees in jou werk as jy ‘n gesonde selfwaarde het. Dit help jou om probleme te kan hanteer voordat dinge buite beheer raak.

4. Met ‘n goeie selfwaarde, sal jy minder afhanklik wees van ander mense se sienings oor jou. Jy sal daarteen waak om jouself nie met ander te vergelyk nie.

5. Jou verhoudings sal sterker en meer vervullend wees aangesien jy dit opbou met eerlikheid en selfkennis.

6. Dit sal vir jou makliker wees om buigsaam en aanpasbaar te wees as situasies verander. Die resultaat is dat minder eksterne omstandighede jou geluk nadelig beïnvloed.

7. Jy sal meer deernis hê teenoor jouself en ander. As jy foute maak, sal jy dit as lesse sien eerder as mislukkings.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As jy dink dat jy onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief jou plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.