Return to site

Vat jy die maklike uitweg deur net op te gee?

Dr Elizma van der Smit. Maart 2018

· Lewensvaardighede

Wanneer ons met moeilike situasies in ons lewens gekonfronteer word, is een van die maklikste opsies van hantering, deur net bloot op te gee. Dit is net té moeilik; vertel ons onsself. Die probleem is dat sulke situasies dikwels net erger word omdat ons kies om dit nie te konfronteer nie. Die hoofrede waarom ons kies om dit nie te hanteer nie, is omdat dit tyd, werk en deursettingsvermoë sal kos, iets wat ons dikwels nie bereid is om te gee nie.

Maar, as jy maniere sou kon vind om te volhard, sou daardie situasies weggaan voordat hulle kon hand uitruk. As jou situasie dalk 'n finansiële een is waar jy nie die nodige fondse het nie, moet jy dalk ander maniere soek om geld te verdien. Dit is natuurlik sleg genoeg om een werk te doen waarmee jy nie gelukkig is nie. Om nóg 'n werk in die mengsel te voeg, kan 'n bitter pil wees om te sluk. As jy egter fokus op die doel om jou situasie te verbeter, kan dit jou daardeur kry. Jy het dalk net daardie ander werk tydelik nodig.

Die lewe kan vir baie mense moeiliker word, ook aangesien hulle ouer word. As jy verby 'n sekere ouderdom is, is dit selfs nog moeiliker om werk te kry as toe jy jonger was. As jy sukkel om werk te kry, gaan jy voort totdat jy iets kry? Daar is 'n groot aantal mense wat bloot net sal opgee.

Miskien het jy gedink om jou eie besigheid te begin. Maar ook dít neem baie werk en tyd, veral aangesien dit al hoe meer mededingend raak. Maar diegene wat die tyd insit, is geneig om dit te laat gebeur. Ander, stop net eenvoudig. Dit is interessant om daarop te let dat mense wat ophou, dit dikwels doen net voor die tyd wat hulle begin om suksesvol in hul besigheid te word.

Ons is geneig om ook meer mediese probleme te hê wanneer ons ouer word. Om beter na onsself te kyk, vereis ook volharding en gewoonteveranderinge. Baie mense sal eenvoudig net die handdoek ingooi en kanse met hul gesondheid neem soos wat hulle ouer word.

Wat jy ook al jou situasie is, opgee lyk dalk na die maklikste opsie. Dit is egter nie gewoonlik die regte keuse nie. Dit verg doelgerigtheid en tyd asook ‘n die regte gesindheid, maar dit kan verseker die moeite werd wees!

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.