Return to site

VERANDER JOU MANIER VAN DINK NOU EN JY SAL OOMBLIKLIKE MOTIVERING VIND!

Dr Elizma van der Smit B.A., B.A. Honns., M.A. Clin. Psych. (PU vir CHO), M.Phil PPL (RAU), PhD (NWU)

18 Januarie 2021

· Motivering

As jy daaroor dink, is jy die enigste persoon in die wereld wat jouself kan motiveer om dinge te doen. Dit is jy alleen wat jouself kan motioveer om jou drome te bewaarheid asook sukses te behaal. So, die vraag is, hoe motiveer jy jouself op so 'n manier dat jou enigste opsie is om te wen? Daar is verskeie maniere om dit te doen, en jy sal sien dat dit ook glad nie moeilik is nie. Hier volg 'n paar maniere om motivering aan te moedig en so 'n hupstoot tot jou lewe te gee.

Raak Ontslae Van Negatiwiteit

Een van die gevaarlikste dinge wat jy kan word, is negatief. Dit is te skade berokkend, stresvol en eintlik net 'n mors van jou tyd. Dit is egter ook waar dat dit baie makliker is om negatief te wees as om positief te wees. Wanneer jy teleurgesteld is in iets kan dit baie negatiewe gedagtes asook twyfel opwekker. Jy moet nooit negatief wees nie omrede dit jou gaan wegdryf van jou doelwit. Anders as dit kan negatiewe gedagtes die lewe uit jou dreineer en dit is dus dan nie net 'n gevaar vir jou psigologiese welstand nie, maar jou fisiese welstand ook.

Kyk Na Jouself

Dit is baie keer maklik om die eenvoudiger dinge wat jou motiveer af te skeep. Persoonlike higiene en gesondheid is iets wat maklik geignoreer kan word. Voordat jy enigiets doen, maak seker jou persoonlike welstand is eerste op jou prioriteitslysie. Dit is nie suinigheid nie, maar eerder 'n tipe self versekering dat al loop iets skeef, sal jy instaat wees om aan te beweeg. Koop vir jouself nuwe klere - dalk 'n oulike das, of selfs 'n mooi paar skoene. Om in jouself te bele sal nooit seermaak en dit behou motivering. Moet dit net nie oordoen nie.

Wees Gelukkig!

Die belangrikste van alles is nie geld of jou loopbaan nie, maar die gelukkigheid wat jy ervaar het vanaf die begin tot en met die einde. Geniet jouself! Dit is 'n verpligte benadering wat jy nie moet miskyk nie. Alhoewel druk en stres altyd jou mag vergesel, moenie dat dit jou geluk belemmer nie. Dit is die uiteindelike aansporing wat jy kan kry in die lewe. Motiveer jouself deur middel van gelukkigheid. Hoe okal jy dit mag definieer, om gelukkig te wees is een van sterkste motiveringstegnieke vanaf die onstaan van die mens. As jy 'n lewe leef sonder gelukkigheid, is jy nie regtig besig om jou lewe te leef nie. Wees gelukkig, voel gemotiveerd en geniet die skoonheid wat die lewe het om te bied.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As jy dink dat jy onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief jou plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.