Return to site

HOE OM MEDITERING TE GEBRUIK OM GEMOTIVEERD TE WORD EN TE BLY

Dr Henriette Smith MBChB (Pret), Dip Obst (SA), MMed (Psych) (Pret)

25 Januarie 2021

· Motivering

Die kuns van meditasie word al lank deur mense regoor die wêreld ingespan om hul siele te verlig, hul denke te verhelder en hul persepsie oor die wêreld te verander. Jy kan dit ook op jouself toepas. Meditasie is ‘n manier om innerlike vrede te vind. Daardie vrede kom dan voor in die vorm van ‘n meer verligte en positiewer ingesteldheid. Daar is baie maniere om te mediteer. Om te leer hoe om te mediteer, kan 'n uitstekende motiveringsinstrument wees wat die hele tyd handig te pas kom. Wanneer jy gestres voel, neem die tyd om na die stilte te luister, ignoreer alle ander geluide behalwe jou eie asemhaling, jou eie hartklop - jou gedagtes sal begin oopmaak vir nuwe idees en jou na plekke neem waar jy nog nooit vantevore was nie.

Wees alleen in ‘n rustige omgewing

Die beste plekke om te mediteer, is plekke met 'n rustige omgewing sonder steurings. Wel, as jy nie soveel kan uitgaan nie, sal jou kamer altyd perfek werk. Vat 'n mat of 'n kussing en sit gemaklik daarop. Sodra jy gemaklik is, maak jou oë toe en haal diep asem. Dit sal jou kalmeer, sodat jou gedagtestroom kan vertraag en ook rustig raak. Maak jou gedagtes oop en vee al die slegte herinneringe, nare gedagtes uit, en vergeet van die spanning wat jy ervaar. As jy dit so af en toe doen, help dit jou om duidelike en bondige oordele te maak. Dit sal ook verhoed dat jy haastige besluite neem waaroor jy later spyt sal wees.

Laat iemand jou daarmee help

Om iemand by jou te hê om te mediteer, is nog ‘n goeie manier om innerlike vrede te bewerkstellig. Vir mense wat nie gemaklik is daarmee om self te mediteer nie, is deelname aan meditasiesessies een uitstekende manier om aan die proses gewoond te raak. As iemand jou help met meditasie, verbreed dit gedagtes nog meer.

Hoe gaan meditering my help met motivering?

Sommige vorme van meditasie is daarop gemik om sy deelnemers 'n onbreekbare gevoel van welstand en 'n beter gemoedstoestand te gee terwyl hulle daagliks besig is. Meditasie kan baie help met motivering as jou gedagtes die hoof oorsaak van jou gebrek tot motivering is. As jy meestal gedagtes vertroebel met angs ervaar, kan dit tot verswakte oordeelsvermoë lei. Meditasie elimineer al die negatiewe energieë in jou liggaam, wat jou elke keer lewendig, meer ontspanne en meer optimisties gaan laat voel. Om jouself gemotiveerd te kry om byna enigiets te kan doen, mediteer. Neem die tyd om te ontspan en op jou innerlike menswees te fokus, om alles te orden in jouself en so vir jouself ‘n onvernietigbare motivering te skep.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As jy dink dat jy onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief jou plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.