Return to site

Voel jy alleen? Ses stappe om jou eensaamheid te hanteer.

Dr. Elizma van der Smit. Januarie 2018

· Lewensvaardighede,Verhoudings

Eensaamheid maak seer, en dit is ook gekoppel aan hartsiektes, slapeloosheid en depressie. Eensaamheid affekteer almal: die gewilde, die nie-so-gewilde, die baie selfversekerde mens, tot die totaal onsekere individu.

 

Daar is twee tipes eensaamheid: emosionele eensaamheid, wat beskryf kan word as 'n gebrek of verlies van geselskap; of sosiale eensaamheid, wanneer ons 'n gebrek aan ‘n wyer sosiale netwerk of groep vriende ervaar.

 

Soms is die moeilikste soort eensaamheid die eensaamheid wat jy voel as jy omring word deur mense wat jou nie regtig verstaan nie.

 

As jy gevoelens van eensaamheid ervaar, is jy ver van alleen. Eensaamheid is een van die mees algemene, onaangename emosies wat miljoene mense ervaar. Vir sommige kan dit 'n verbygaande emosie wees. Vir ander is dit egter 'n herhalende gevoel van wanhoop en hartseer. Maar vir almal van ons is dit deel van menswees.

 

Robert L. Leahy stel ses stappe voor om jou eensaamheid te kan hanteer:   1. Eensaamheid is normaal   Jy is nie alleen as jy dalk eensaam voel nie. Eensaamheid word dikwels teweeg gebring deur ‘n  afname in gesinsverbindings, hoër egskeidingsyfers, mense wat meer gereeld trek of immigreer, dieafname in kerkbywoning en deelneming aan organisasies. Aangesien eensaamheid wydverspreid  en aan die toeneem is, moet ons erken dat ons strategieë benodig vir die hantering daarvan.   2. Maak 'n plan.   Watter tye is jou eensaamheid die ergste? Dit kan dalk saans, naweke of vakansiedae wees. Maak vooraf 'n plan vir hierdie tye. In die naweke kan jy planne met vriende of familie maak, jy kan  museums besoek, konserte bywoon, fietsry, begeleide staptogte onderneem, kerkfunksies bywoon of met mense op Meetup.com of ander webwerwe kontak. Maak jouself 'n toeris vir 'n dag of nag.  Of as jou moeilikste tyd saans is, moet jy elke week 'n paar nagte beplan wanneer jy met iemand  kan skakel, selfs per foon of Skype. Beplan 'n paar video's om te kyk, musiek om na te luister, woon'n joga-klas by, sluit by 'n gesondheidsklub aan, of pak 'n stokperdjie aan.   3. Jy het nie iemand anders nodig om iets te doen wat die moeite werd is nie.   So dikwels sal mense sê: "Ek het niemand om dinge mee saam te doen nie." Jy hoef nie saam met iemand anders te gaan fliek, stap of oefen nie. Jy kan alleen na 'n konsert gaan of 'n nuwe stokperdjie aanpak. Sommige mense sê: "Ek voel selfbewus as ek hierdie dinge self moet doen." Miskien  dink jy: "Mense sal my alleen sien en dink dat ek pateties is." Maar hoe weet jy wat ander mense  dink? En selfs as hulle dit gedink het, hoekom moet jy omgee? Miskien beteken dit wanneer jy  dinge alleen doen, dat jy onafhanklike, sterk en ‘n vry mens is!

 

4. Kyk na jou gedagtes van eensaamheid.   ·      Net omdat jy alleen is, beteken nie dat jy hartseer en alleen moet voel nie. Jy kan dit as 'n  geleentheid beskou om dinge te doen wat jy graag wil. Jy kan die vrede geniet om iets te lees of te doen wat jy nog altyd wou, of om dalk na jou eie musiek te luister, jou gunsteling kos te kook, jou  gunsteling fliek te kyk of om 'n plek te besoek teen jou eie tempo. ·      Die idee dat jy 'n "verloorder" is omdat jy alleen is, maak nie sin nie: elkeen is op een of ander  tyd alleen. En soos onlangse navorsing toon, is ongeveer 45 persent van alle mense eensaam. Om alleen te wees is 'n situasie - en situasies verander ·      Die idee dat jy “dit nie kan hanteer om alleen te wees nie”, maak ook nie sin nie. Dit mag waar wees dat jy nie daarvan hou om alleen te wees nie, maar dit is die manier waarop jy dit sien en  hanteer, wat regtig saakmaak. As jy protesteer teen die eensaamheid met woede, wanhoop of  vernedering, sal dit inderdaad bitter onaangenaam wees. Dit kan dalk meer behulpsaam wees om  jou eensaamheid te sien as iets wat kom en gaan en wat ons almal een of ander tyd oorkom.  Sien dit as iets wat heeltemal hanteerbaar is. Dus, aanvaar jou eensaamheid vir wat dit is, eerder as ‘n  katastrofiese gebeurtenis!   5. Bou jou eie gemeenskap van verbondenheid.   Ons het almal ‘n behoefte om met ander mense in kontak te wees - of selfs met diere.  Oorweeg  dalk om 'n troeteldier te kry of skakel met mense te deur vrywilligheidswerk te doen – ons wil tog  almal voel dat ons êrens nodig is. Jy kan aanlyn soek vir vrywilligersorganisasies in jou  gemeenskap wat pas by jou belangstellings. En maak planne om mense te sien. (Dit sluit in die  gebruik van sosiale media.) Net omdat jy die afgelope tyd nie in kontak was met iemand nie,  beteken nie dat jy nie die inisiatief kan neem nie. Of sluit aan by politieke, kulturele, godsdienstige  of sosiale organisasies waar mense jou belangstellings deel. Dit lyk dalk baie moeilik om jouself  kwesbaar en beskikbaar te stel, en dit is! Wees egter dapper en bereid om jouself met ander te  deel, want dit is hoe ander mense jou regtig leer ken.

 

6. Wees goed vir jouself.   Eerder as om te dink dat jy op ander mense moet staatmaak vir liefde, aanvaarding en deernis, kan jy hierdie gedagtes en gevoelens op jouself rig. Dit kan aksies insluit waarin jy goed is vir jouself,  soos byvoorbeeld om 'n gesonde versnaperinge vir jouself te maak, of om vir jouself 'n eenvoudige geskenk te koop. Ondersteun en motiveer jouself deur jou eie beste vriend te wees.   Om die waarheid te sê, alleenwees kan ook baie positief wees. Ja, dit is pynlik. om eensaam te  wees, Maar deur kwaliteit tyd met jouself te spandeer, is wonderlik en baie goed vir jou! In 'n wêreld wat besig en oor stimulerend voel, is daar waarde daarin om alleen te wees en al die geraas uit te  skakel. Eensaamheid kan genesend wees vir almal, alhoewel sommige mense meer baat vind as  ander.   Om alleen te wees, beteken nie dat jy eensaam moet voel nie. En om eensaam te voel beteken nie dat jy onbepaald so moet voel nie. Alle emosies is van verbygaande aard, afhangende van wat jy dink en wat jy doen.   Dit hang van jou af!

 

 

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie  blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van  behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor  persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies  verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of  psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.