Return to site

Wat is 'n paniek aanval?

Henriette Smith Desember 2017

· Verstand,Liggaam
broken image

'n Paniek aanval is 'n skielike oplewing van oorweldigende angs en vrees. Jou hart klop baie vinnig en jy kan nie asemhaal nie. Jy kan selfs voel jy gaan doodgaan of gaan mal word. As dit nie behandel word nie, kan paniek aanvalle lei tot paniek versteuring en ander probleme. Hulle kan selfs veroorsaak dat jy onttrek van normale aktiwiteite. Maar paniek aanvalle kan genees word en hoe gouer jy hulp kry, hoe beter. Met behandeling, kan jy die simptome van paniek verminder of elimineer en beheer herwin oor jou lewe.

Wat skei normale vrese van paniek aanvalle?

Vrees gebaseer stres is 'n algemene ervaring wat plaasvind wanneer ons iets onbekends of iets wat ons ongemaklik laat voel in die gesig staar . Dit is deel van ons senuweestelsel se reaksie op 'n werklike of moontlike bedreiging en berei voor om te te veg of vlug. Paniek is 'n intense golf van vrees gekenmerk deur sy onverwagte verskyning en aftakelende, immobiliserende intensiteit. Paniek aanvalle gebeur dikwels uit die bloute uit, sonder enige waarskuwing. Daar is dalk geen duidelike rede vir die aanval nie. Hulle kan selfs voorkom wanneer jy ontspanne is of aan die slaap is.

'n Paniek aanval is 'n eenmalige gebeurtenis, maar baie mense ervaar herhaalde episodes. Herhalende paniek aanvalle word dikwels veroorsaak deur 'n spesifieke situasie, soos om ‘n brug te kruis of in die openbaar te praat — veral as daardie situasie voorheen 'n paniek aanval veroorsaak het. Gewoonlik is die paniek-induserende situasie een waarin jy bedreigd voel en nie kan ontsnap nie.

Jy kan een of meer paniek aanvalle ervaar, maar tog andersins perfek gelukkig en gesond wees. Of jou paniek aanvalle kan voorkom as deel van 'n ander versteuring, soos paniekversteuring, sosiale fobie, of depressie. Ongeag die oorsaak, paniek aanvalle is behandelbaar. Daar is hantering strategieë wat jy kan gebruik om die simptome te hanteer en daar is ook effektiewe behandelings.

Tekens en simptome van 'n paniek aanval

Paniek aanvalle slaan dikwels toe wanneer jy weg van die huis, maar hulle kan op enige plek en enige tyd gebeur. Jy kan een he terwyl jy in 'n winkel inkopies doen, af loop in die straat, in jou motor ry, of sit op die bed by die huis.

Die tekens en simptome van 'n paniek aanval ontwikkel skilelik en duur gewoonlik enigiets van 30 sekondes tot 10 minute.

'n Volskaalse paniek aanval sluit 'n kombinasie van die volgende tekens en simptome in:

 Kortasem of hiperventilasie

 Hartkloppings of hartklop wat weghardloop

 Borskaspyn of ongemak

 Spiertrekkings of bewerasie

 Gevoel van verstik of versmoor

 Voel onwerklik of buite jou omgewing

 Sweet

 Naarheid of omgekrapte maag

 Voel duiselig of flou

  •  Lam gevoel of naalde en spelde gevoel

 Warm of koue gloede

 Vrees om te sterf, om beheer te verloor, of mal te word

Is dit 'n hartaanval of 'n paniek aanval?

Die meeste van die simptome van 'n paniek aanval is fisies, en baie keer is hierdie simptome so erg dat mense dink hulle kry 'n hartaanval. Trouens, baie mense wat aan paniek aanvalle ly maak herhaaldelike besoeke na die dokter of die ongevalle in 'n poging om behandeling vir wat hulle glo is 'n lewensbedreigende mediese probleem. Dit is belangrik om moontlike mediese oorsake van simptome soos pyn in die bors, hartkloppings, of asemhalingsprobleme uit te skakel, maar dis dikwels paniek wat oor die hoof gesien word as 'n moontlike oorsaak — nie andersom nie.

Tekens en simptome van paniekversteuring

broken image

Baie mense ervaar paniek aanvalle sonder verdere episodes of komplikasies. Daar is min rede om te bekommer as jy net een of twee paniek aanvalle gehad het. Daar is egter 'n paar mense wat paniek aanvalle beleef het wat aangaan om paniekversteuring te ontwikkel. Paniek versteuring word gekenmerk deur herhaalde paniek aanvalle, gekombineer met groot veranderinge in gedrag of aanhoudende angs om verdere aanvalle te kry.

Die herkenning van paniekversteuring

Jy kan ly paniekversteuring indien jy:

• Gereelde, onverwagse paniekaanvalle ervaar wat nie gekoppel is aan 'n spesifieke situasie nie

• Bekommer jou baie oor om nog 'n paniek aanval te kry

• Anders optree as gevolg van die paniek aanvalle, soos om plekke te vermy waar jy het voorheen paniekaanvalle gekry het

Terwyl 'n enkele paniek aanval slegs 'n paar minute mag duur, kan die gevolge van die ervaring 'n blywende indruk laat. As jy paniekversteuring het, eis die herhalende paniek aanvalle 'n emosionele tol. Die geheue van die intense vrees en terreur wat jy gevoel het tydens die aanvalle kan ‘n negatiewe impak op jou selfvertroue hê en ernstige ontwrigting van jou alledaagse lewe veroorsaak. Uiteindelik lei dit tot die volgende paniekversteuring simptome:

Antisipasie angs – in plaas van ontspanne en soos jouself voel tussen paniek aanvalle, voel jy angstig en gespanne. Hierdie angs spruit uit 'n vrees vir toekomstige paniek aanvalle. Hierdie "vrees van vrees" is teenwoordig is meeste van die tyd, en kan jou funksionering uiters inkort.

Fobiese vermyding – jy begin om sekere situasies of omgewings te vermy. Hierdie vermyding kan gebaseer word op die geloof dat die situasie jy vermy 'n vorige paniek aanval veroorsaak het. Of jy kan plekke vermy waar ontsnapping moeilik sou wees of hulp nie beskikbaar sou wees as jy 'n paniek aanval kry nie. Geneem tot sy uiterste raak fobiese vermyding agorafobie.

Paniekversteuring met agorafobie

Agorafobie was tradisioneel gedink om 'n vrees vir openbare plekke en oop ruimtes te behels. Deesdae, egter, word daar geglo dat agorafobie ontwikkel as 'n komplikasie van paniek aanvalle. Met agorafobie, is jy bang om 'n paniek aanval te kry in 'n situasie waar ontsnapping moeilik of ‘n verleentheid sou wees. Jy is dalk ook bang om 'n paniek aanval te kry waar jy nie in staat sou wees om hulp te kry nie.

As gevolg van hierdie vrese, begin jy meer en meer situasies vermy. Byvoorbeeld, jy kan dalk begin om besige plekke te vermy soos winkelsentrums of sport arenas. Jy kan dalk ook motors, vliegtuie, treinstasies en ander vorme van reis vermy. In meer ernstige gevalle, jy kan slegs veilig voel by die huis.

Situasies of aktiwiteite wat jy mag vermy as jy agorafobie het:

• Om ver van die huis af te wees, te ry, of jy gaan nêrens sonder die geselskap van 'n "veilige" persoon nie

• Fisiese inspanning - as gevolg van die oortuiging dat dit 'n paniek aanval kan sneller

• Om na plekke te gaan waar ontsnapping nie maklik is nie, soos restaurante, teaters, winkels, of op openbare vervoer

• Plekke waar dit ‘n verleentheid sou wees om 'n paniek aanval te kry, soos 'n sosiale byeenkoms of in die kerk

• Enige iets eet of drink wat moontlik paniek kan uitlok, soos alkohol, kaffeïen, of sekere kosse of medikasie

Hoewel agorafobie op enige stadium kan ontwikkel, verskyn dit gewoonlik binne 'n jaar van jou eerste herhalende paniek aanvalle.

Oorsake van paniek aanvalle en paniekversteuring

broken image

Hoewel die presiese oorsake van paniek aanvalle en paniek versteuring onduidelik is, loop die neiging om paniek aanvalle te kry in families. Die genetiese geneigdheid is waarskynlik gekoppel aan die serotonien stelsel. Daar blyk ook 'n assosiasie te wees met groot lewens-oorgange soos jou graad kry op universiteit en begin werk, trou en 'n baba kry. Erge stres, soos die dood van 'n geliefde, egskeiding, of werksverlies kan ook 'n paniek aanval sneller.

Paniek aanvalle kan ook veroorsaak word deur mediese toestande en ander fisiese oorsake. As jy ly aan simptome van paniek, is dit belangrik om 'n dokter te sien om die volgende moontlikhede uit te skakel:

1. Mitraal klep prolaps, 'n minor kardiale probleem wat ontstaan wanneer een van die hart kleppe nie korrek sluit nie (Barlow sindroom)

2. Hipertireose (ooraktiewe skildklier)

3. Hipoglukemie (lae bloed suiker)

4. Stimulant gebruik (amfetamiene, kokaïen, kaffeïen)

5. Medikasie onttrekking

Behandeling vir paniek aanvalle en paniekversteuring

Paniek aanvalle en paniek versteuring is behandelbare toestande. Hulle kan gewoonlik suksesvol behandel word met medikasie en/of 'n reeks van terapie sessies. Daar is ook self-help strategieë jy kan toepas

Medikasie behandeling

Paniekversteuring is 'n chemiese wanbalans van die serotonien stelsel in jou brein. Medikasie is mees effektief wanneer gekombineer met ander behandelings, soos terapie en leefstyl veranderinge wat die onderliggende oorsake van paniekversteuring aanspreek.

Die medikasie gebruik vir paniek aanvalle en paniek versteuring sluit in:

Antidepressante. Dit neem etlike weke voordat hulle begin werk, so jy moet hulle voortdurend neem, nie net tydens 'n paniek aanval nie. Jy het ook die behandeling vir ten minste 'n jaar nodig, sodat jou brein tyd kry om self herstel. Die antidepressante wat goed werk vir paniek versteuring is die SSRI’s (selektiewe serotonien heropname-remmers), gewoonlik in sterker dosisse as dié wat gebruik word om depressie te behandel.

Bensodiasepiene. Dit is anti-angs medikasie wat baie vinnig op te tree (gewoonlik binne 30 minute na 'n uur). Om hulle te neem gedurende 'n paniek aanval bied vinnige verligting van simptome. Bensodiasepiene is egter hoogs verslawend en het ernstige onttrekkingsimptome, so hulle moet slegs korttermyn gebruik word, nie vir langer as twee weke aaneenlopend nie. Hulle word dikwels gebruik by die inisiëring van antidepressante.

Kognitiewe Gedragsterapie

Kognitiewe gedragsterapie word oor die algemeen beskou as die mees effektiewe vorm van behandeling vir paniek aanvalle, paniekversteuring en agorafobie. Kognitiewe gedragsterapie fokus op die denke patrone en gedrag wat die paniek aanvalle in stand hou of veroorsaak. Dit help jou om na jou vrese in 'n meer realistiese lig te kyk.

Byvoorbeeld, as jy 'n paniek aanval het terwyl jy ry, wat is die ergste ding wat werklik kan gebeur? Alhoewel jy dalk sou moet aftrek na die kant van die pad, gaan jy onwaarskynlik ‘n ongeluk maak of 'n hartaanval kry. Sodra jy leer dat niks werklik rampspoedig gaan gebeur nie, raak die ervaring van paniek minder skrikwekkend.

Blootstellingsterapie vir paniek aanvalle en paniekversteuring

In blootstellingsterapie vir paniekversteuring, word jy blootgestel aan die fisiese sensasies van paniek in 'n veilige en beheerde omgewing, wat jou die geleentheid gee om meer gesonde maniere van streshantering te leer. Jy kan gevra word om te hiperventileer, jou kop van kant tot kant te skud, of jou asem op te hou. Hierdie verskillende oefeninge veroorsaak sensasies soortgelyk aan die simptome van paniek. Met elke blootstelling, jy raak minder bang vir hierdie interne liggaamlike sensasies en voel 'n groter gevoel van beheer oor jou paniek.

As jy agorafobie het, word blootstelling aan die situasies jy vrees en vermy ook ingesluit in die behandeling. Soos blootstellingsterapie vir spesifieke fobies, moet jy die gevreesde situasie in die gesig staar totdat die paniek begin om weg te gaan. Deur hierdie ervaring, leer jy dat die situasie nie skadelik is nie en dat jy jou emosies beheer.

Self-help wenke

Wanneer dit kom by paniek aanvalle, maak professionele behandeling en terapie 'n groot verskil. Maar daar is baie dinge wat jy kan doen om jouself te help:

Self-help wenke vir paniek aanvalle

 Leer oor paniek en angs. Om eenvoudig meer te weet oor paniek kan bydra dat jou nood verlig word. So lees oor angs, paniek versteuring en die veg-of-vlug reaksie wat ervaar word tydens 'n paniek aanval. Jy sal leer dat die sensasies en gevoelens wat jy het wanneer jy ‘n paniekaanval kry normaal is en dat jy nie mal word nie.

 Vermy rook, alkohol en kaffeïen. Hierdie kan almal paniek aanvalle uitlok in mense wat vatbaar is. As 'n resultaat, is dit raadsaam om alkohol, sigarette, koffie en ander kaffeïen drankies te vermy. Wees ook versigtig met medikasie wat stimulante bevat, soos diëet pille en verkoue medikasie wat jou nie lomerig maak nie.

 Leer hoe om jou asemhaling te beheer. Hiperventilasie veroorsaak baie sensasies (soos lighoofdigheid en benoudheid van die bors) wat voorkom tydens 'n paniek aanval. Diep asemhaling, daarenteen, kan die simptome van paniekaanval verlig. Deur te leer om jou asemhaling te beheer, ontwikkel jy 'n streshanteringsvaardigheid wat jy kan gebruik om jouself te kalmeer wanneer begin jy angstig voel. As jy weet hoe om jou asemhaling te beheer, is jy ook minder geneig die einste sensasies waarvoor jy bang is te veroorsaak.

 Beoefen ontspanningstegnieke. Wanneer jy dit gereeld beoefen, versterk aktiwiteite soos joga, meditasie en progressiewe spierontspanning die liggaam se ontspanning reaksie — die teenoorgestelde van die stresreaksie betrokke in angs en paniek. En nie net bevorder hierdie ontspanningstegnieke ontspanning nie, maar hulle veroorsaak ook gevoelens van vreugde en kalmte. So maak tyd vir hulle in jou daaglikse roetine.

 Maak persoonlike konneksies met familie en vriende. Angs floreer wanneer jy geïsoleerd voel, so reik gereeld uit na mense wat omgee. As jy voel dat jy nie iemand het wat jou ondersteun nie, verken maniere om nuwe mense te ontmoet en ondersteunende vriendskapsbande op te bou.

 Oefen gereeld. Oefening is 'n natuurlike angs verligter so probeer om te beweeg vir minstens 30 minute op die meeste dae (drie 10-minuut sessies is net so goed). Ritmiese aerobiese oefening wat vereis dat beide jou arms en bene beweeg — soos loop, hardloop, swem, of dans — kan veral effektief wees.

 Kry genoeg rustige slaap. Onvoldoende of swak gehalte slaap kan angs vererger, so probeer om sewe tot nege uur van gehalte slaap 'n nag te kry. As sleg slaap 'n probleem is vir jou, kan hierdie wenke om'n goeie nag se slaap te kry jou help.

Hoe om 'n paniek aanval te hanteer

Professor Paul Salkovskis, Professor van Kliniese Sielkunde en Toegepaste Wetenskap aan die Universiteit van Bath, sê dit is belangrik om nie toe te laat dat jou vrees van paniek aanvalle jou beheer nie.

"Paniek aanvalle gaan altyd verby en die simptome is nie 'n teken dat enigiets skadeliks gebeur nie," sê hy. "Sê vir jouself dat die simptome wat jy ervaar veroorsaak word deur angs."

Hy sê Moenie kyk vir afleidings nie. "Ry die aanval uit. Probeer om aan te hou om dinge te doen. Indien moontlik, moenie die situasie verlaat totdat die angs bedaar het nie."

"Konfronteer jou vrees. As jy nie wegloop van dit af nie, gee jy jouself 'n kans om te ontdek dat niks gaan gebeur nie."

Soos die angs begin verdwyn, begin om te fokus op jou omgewing en aangaan om te doen waarmee jy besig was.

"As jy 'n kort, skielike paniek aanval kry, kan dit nuttig wees om iemand by jou te hê wat jou gerusstel dat dit sal verbygaan en die simptome niks is om oor te bekommer nie," sê Professor Salkovskis.

Asemhalings oefening vir paniek aanvalle

As jy te vinnig asemhaal tydens 'n paniek aanval, kan dit jou ander simptome verlig 'n asemhalings oefening te doen. Probeer dit:

Asem so stadig, diep en versigtig in as jy kan, deur jou neus.

Asem stadig, dep en liggies deur jou mond uit.

Sommige mense vind dit nuttig om geleidelik te tel van een tot vyf op elke in-asem en elke uit-asem.

Maak jou oë toe en fokus op jou asemhaling.

Jy sal begin om beter te voel binne 'n paar minute. Jy mag dalk moeg voel agterna

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.