Return to site

Wat is persoonlike grense?

Dr Henriette Smith. Junie 2019

· Verstand

"Grense maak dit vir ons moontlik om ons eie gedagtes en gevoelens van dié van ander te skei en verantwoordelikheid te neem vir wat ons dink, voel en doen. Intakte grense is buigsaam - hulle laat ons toe om naby aan ander te kom wanneer dit gepas is en om ons afstand te behou wanneer ons dalk seergemaak kan word deur te naby te kom. Goeie grense beskerm ons teen misbruik en baan die pad om ware intimiteit te behaal. Hulle help ons om onsself te versorg. "(Lifesteem.org)

Grense is onsigbare beskermings lae wat ons van ander skei; die laag is vloeibaar en kan aangepas word soos nodig.

Ons wil en moet emosionele energie met mense uitruil as ons met hulle wil konnekteer.

Ons kan bepaal hoeveel of hoe min van ons psigiese (emosionele) energie om in spesifieke situasies en met verskillende mense te deel. Ons besluit ook hoeveel of hoe min emosionele energie ons van ander mense sal aanvaar.

Wanneer iemand meer inligting deel as wat jy gemaklik mee is, het hy / sy 'n grens oorgesteek. Deur te sê: "Goed – te veel inligting - dis al wat ek wil weet", het jy 'n grens gestel.

Deur te weier om vrae in detail te beantwoord - om net te deel waarmee jy gemaklik voel - stel jy 'n grens.

Dikwels vestig ons nie goeie grense nie omdat ons nie iemand se gevoelens wil seermaak nie, of omdat ons nie gemaklik wat ons beskou as 'n konfrontasie hanteer nie. As dit gebeur, is ons in gevaar om misbruik of selfs mishandel te word.

Dit kan gebeur deur mense toe te laat om dinge vir ons te sê wat ons nie van hou nie, of deur nie nee te sê op versoeke wat ons regtig nie wil doen nie.

Wanneer ons nie grense stel oor wat ons van ander sal aanvaar nie en wat hulle van ons kan verwag, stuur ons die boodskap oor watter gedrag of versoeke aanvaarbaar is.

Om gevoelens openlik te deel (onbewaak) met 'n geliefde, kan gepas wees. Wanneer ons egter met mense by die werk interaksie het, sal die vlak van emosionele deel en nabyheid heel anders wees.

As jy enige tyd begin om emosioneel kwesbaar of onveilig te voel, kan jy jou gedagtes en gevoelens toemaak (beskerm) of 'afskakel' (weghou).

In nuwe romantiese verhoudings is grense krities. Jy stel die toon oor hoe jy later behandel gaan word, en die gedrag wat jy bereid is om te aanvaar.

Om die regte balans te vind van wat genoeg is en wat te veel is vat oefening. Jy sal vanselfsprekend jouself meer blootstel / grense laat sak as jy 'n persoon in nuwe romantiese verhouding leer ken en vertrou.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.