Return to site

Die Neurodiversiteits Paradigma  

Dr Melanie du Preez

Neurodiversiteit is 'n konsep wat die inherente diversiteit in hoe mense se brein werk erken, en aandring dat verskille in kognitiewe prosesse en gedrag natuurlik en nie versteurings is nie. Die Neurodiversiteits Paradigma daag die idee van 'n enkele "normale" breinfunksie uit en beweer dat toestande soos Outisme, ADHD en Disleksie geldige aspekte van menslike diversiteit is- nie “probleme” wat opgelos moet word nie.

Teenstanders voer egter aan dat die Neurodiversiteits Paradigma die noodsaak van mediese behandelings (wat die lewens van sommige individue kan verbeter), miskyk. Hulle is bekommerd oor die potensiële rigiditeit van maatskaplike verwagtinge vir neurodiverse individue en die risiko van verminderde befondsing vir ondersteuningsdienste. Hulle waarsku teen oordrewe romantisering van neurodiversiteit ten koste van diegene wat simptoomverligting soek. Om blindelings aan hierdie paradigma te voldoen kan ook lei tot ongediagnoseerde toestande, wat dan weer kan lei tot emosionele uitdagings soos angs, depressie en sosiale isolasie.

Ten slotte, terwyl die konsep van neurodiversiteit daarop gemik is om neurologiese toestande te destigmatiseer, is dit noodsaaklik om te erken dat neurodiverse individue dikwels beduidende uitdagings in die gesig staar, insluitend probleme in kommunikasie, motoriese vaardighede, aandag, emosionele regulering en akademie. In komende artikels sal ons drie toestande ondersoek wat algemeen met neurodiversiteit geassosieer word—Outisme Spektrum Versteuring, Aandagafleibaar- heids-Hiperaktiwiteits Versteuring en Disleksie—en hul tekens, potensiële oorsake en effektiewe maniere bespreek om individue met hierdie toestande te ondersteun.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As jy dink dat jy onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief jou plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393. 

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.