Return to site

Etikettering

Dr. Elizma van der Smit. Mei 2019

· Verstand

Etikettering is wanneer jy 'n negatiewe etiket aan jouself, of aan iemand anders heg. Hierdie denkfout gebeur wanneer 'n persoon iemand of iets, op grond van een slegs een ervaring of gebeurtenis, ‘n negatiewe etiket toedien.

Byvoorbeeld: Jy maak 'n fout op 'n vorm wat jy ingevul het en dit word teruggestuur. So jy besluit "Ek is simpel” of “ek is ‘n dom mislukking" eerder as om te dink. "Ek het 'n fout gemaak, want ek het 'n besige dag gehad toe ek die vorm ingevul het."

Mense wat hierdie tipe denkfout gebruik sal byvoorbeeld, in plaas daarvan om te glo dat hy/sy bloot 'n fout gemaak het, hulself eerder outomaties as “‘n mislukking” sien. Met ander woorde, jy laat jou foute toe om jou as mens te definieer.

Noem jy dalk jouself name wat negatiewe konnotasies dra? Indien dit gebeur, maak jy die denkfout van etikettering. Tydens etikettering, neem jou brein hierdie bepaade seine en hardloop daarmee, wat dan uiteindelik lei tot 'n selfvervullende profesie.

Meer voorbeelde van etikettering stellings sluit in:

• "Ek is so 'n verloorder."

• "Ek is 'n mislukking."

• "Ek is vet"

Die gevolg van bogenoemde gedagtes is dat jy begin voel soos 'n verloorder, al is jy nie een nie. Jou liggaam is daarop ingestel om op negatiewe gedagtes te reageer en daarom sal jy dienooreenkomstig (soos ‘n mislukking) begin voel en optree.

Etikettering is ‘n kognitiewe distorsie wat slegs een eienskap van ‘n mens vat, en dit dan op toepassing maak van die hele persoon. Omdat ek die toets gedruip het, is ek ‘n mislukking. Aangesien sy gereeld laat is vir werk, is sy onverantwoordelik. As iemand op ‘n bruusk manier reageer, is hy ongepoets. Ons etiketteer dus maklik die hele persoon eerder as wat ons objektief oor hul gedrag moet wees. Die gevolg is dat ons die totale mens volgens hierdie etiket sien, en filter ons enige inligting uit wat nie met hierdie etiket ooreenstem nie. Ons sal dus ‘n persoon as ongepoets sien, en geen ander inligting absorbeer nie.

Etikettering veroorsaak probleme indien ons dit van toepassing maak op ander mense. As jou man byvoorbeeld nie luister wanneer jy oor jou dag praat nie, kan jy hom maklik etikeer as iemand wat nie omgee nie. Dit sal jou bitter ongelukkig laat voel aangesien jy dan dink jy is getroud met “iemand wat nie omgee nie”. Maar as jy sy gedrag as die probleem sien, eerder as die persoon, word dit makliker om met jou man oor die probleem te praat en ‘n oplossing te kry. Byvoorbeeld, miskien moet ons eers tyd maak sodat ‘n persoon kan ontspan na werk, voordat ons dieper gesprekke probeer hê.

Wat moet ek doen?

  • Daar is net een oplossing wanneer ons onsself vang dat ons van etikettering gebruik maak: ons moet die gedrag beskryf wat ons raaksien, nie die persoon nie.  Byvoorbeeld die persoon is laat vir werk.  Ek het die toets gedruip.  Sy het ongepoets gereageer. Sodoende word minder negatiewe gevoelens veroorsaak. Op hierdie manier word probleme wat onoplosbaar gevoel het, en mense wat “onmoontlik” is, baie meer hanteerbaar.
  • Eerder as om bloot die hele persoon of jouself te etiketteer, dink aan ander gedrag – positiewe, negatiewe en neutral gedrag – wat jy in die persoon of in jouself raaksien.
  • Vra jouself af “sou ander mense ook myself of die persoon ook só geëtiketteer het?” Hoekom nie?
  • U moet in ag neem dat 'n menslike lewe 'n proses is waarbinne jou fisiese liggaam, gedagtes, gevoelens en gedrag voortdurend verander. Jou lewe is dus 'n ontwikkelende ervaring en 'n voortdurende vloei. Jy is nie 'n ding nie. Dit is waarom enige bepaalde etiket totaal onakkuraat is. Etikettering beteken ‘n rigiede denkpatroon, maar in die lewe kan jy altyd groei, verbeter en verander. Niks is permanent nie en daar is altyd 'n skuif wat jy kan maak na 'n beter lewe. Jy moet jou pad na 'n beter lewe innoveer.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.