Verpersoonliking is wanneer jy 'n skynbaar onskuldige gebeurtenis neem, en dit op ‘n manier ‘n persoonlike, negatiewe betekenis vir jouself maak. Met hierdie tipe denke is jy dus geneig om dinge persoonlik op te neem. Jy mag dalk glo dat die dinge wat ander mense doen, ‘n gevolg is van jou eie optrede of gedrag. Hierdie tipe denke veroorsaak dat 'n persoon homself blameer vir eksterne omstandighede jou beheer.
As 'n vriend nie terugbel nie, kan jy aanvaar: 'Sy moet vir my kwaad wees' of as 'n medewerker knorrig is, kan jy aflei: 'Hy hou nie van my nie.' Dit is waarskynlik omdat hy 'n slegte aand gehad het, oorweldig is met werk, of is bekommerd oor iets wat niks met jou te doen het nie.
Die realiteit is egter dat mense nie soveel aan jou dink as wat jy dink nie!
Verpersoonliking is die moeder van skuldgevoelens. Jy aanvaar verantwoordelikheid vir 'n negatiewe gebeurtenis, selfs al is daar geen gronde daarvoor nie. Jy kom arbitrêr tot die gevolgtrekking dat dit wat gebeur het,jouskuld was of dat dit jou ontoereikendheid weerspieël, selfs wanneer jy nie eers daarvoor verantwoordelik was nie. Hierdie gedagtes veroorsaak dat verlammende skuldgevoelens. Laasgenoemde sal ook jou reaksies en verhoudings negatief beïnvloed.
Meer voorbeelde:
- Jy voel dit is als jou skuld dat jou hond sy voet beseer het, alhoewel jy nie by die huis was toe dit gebeur het nie, maar was besig om inkopies te doen.
- Jy aanvaar dat iemand wat doelbewus oogkontak vermy, so optree aangesien jy iets gedoen het om hulle te beledig.
- “Ons was laat vir ‘n aandete by vriende en dit het veroorsaak dat die gasvrou die kos oorgaar gemaak het. AS ek maar net my man meer gedruk het om betyds te wees, sou dit nie gebeur het nie!”
- Wanneer ‘n ma haar kind se skoolrapport ontvang, plus ‘n nota van die onderwyserres dat die kind nie aandag gegee het nie, sal sy onmiddellik aflei: “ek is ‘n slegte ma”.
In die geval van verpersoonliking, verwar jy gewoonlik jou invloed oor mense met die beheer wat jy oor ander het. Wat die ander persoon doen, is uiteindelik sy of haar verantwoordelikheid, nie joune nie. Jy sal nooit weet wat ‘n ander persoon dink nie. Hul gedagtes is hul eie en joune ook.
Wat moet ek doen?
- Oefen om meer bewus (mindful) te word van jou geneigdheid om jouself te blameer wanneer dinge nie verloop soos wat jy graag sou wou nie.
- Wanneer jy jouself vang dat jy ‘n situasie persoonlik opneem, vat tyd tyd om ander moontlike faktore uit te wys wat dalk die omstandighede kon beinvloed het.
- Jy sal dalk ook jouself moet afvra hoekom jy verantwoordelik voel vir dinge wat jy nie kan beheer nie? of hoekom jy sulke hoë standaarde aan jouself stel wat jy nooit realisties sal kan bereik nie.
- Soms moet jy jouself afvra: “gaan dit regtig oor my?” om ‘n beter begrip te kry van ‘n situasie en om te verstaan hoeveel beheer ons regtig oor sekere sake het.
- Onderskei tussen self-kritiek en self-korreksie. Watter gedrag moet jy verbeter? Wat kan jy leer hieruit? Wat sal jy anders in die toekoms doen?
- Eerder as om jouself te blameer en onnodige dinge persoonlik op te neem, vra eerder jouself af watter probleme kan opgelos word? Byvoorbeeld, as jy deur ‘n verbreekte verhouding gaan, eerder as om jouself te blameer, vra jouself af watter praktiese probleme moet jy nou op fokus.
Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.