Hierdie tipe denke is die teenoorgestelde van personalisering. In plaas daarvan om alles as jou eie skuld te sien, word daar nou alle skuld aan iemand of iets anders gegee.
Dit is ook die skadelikste denkfout en dit gebeur wanneer jy iemand anders vir jou eie probleme blameer. Mense wat aan hierdie negatiewe gedagte ly, is geneig om persoonlike verantwoordelikheid vir hul optrede teenoor ander te vermy. Vir hulle is hul probleme nooit die resultaat van hul eie optrede (of gebrek aan optrede) nie. Daar is altydiemand wat geneig is om voordeel te trek uit hul ongeluk. Hulle is magteloos, altyd tot die genade van ander oorgelaat en kan nooit regtig beheer oor hul lewens neem nie.
As jy hierdie outomatiese negatiewe gedagte in jou brein herhaal, kan dit klink soos die volgende:
• "Dit is jou skuld dat ek nie die promosie gekry het nie."
• "Dit is alles as gevolg van jou dat ek so optree."
• "Dit is nie my skuld nie, ek was laat, ek was vasgevang in die verkeer."
Vir die meeste mense is blamering'n verdedigingsmeganisme om hul selfbeeld te probeer beskerm. Blamering is dikwels ook 'n instrument waarmee ons ander mense seermaak. Dit is dikwels makliker om iemand of iets anders te blameer, as om self verantwoordelikheid te aanvaar.
Om te verstaan hoe blamering werk, kan dit gesien word as ‘n “oorsaak-en-gevolg radar” wat net in een rigting werk. Al wat registreer is hoe dinge jou affekteer- en daarom gebruik jy dit om jou aksies te regverdig. Die radar tel egter nie op hoe jou woorde en gedrag ander mense affekteer nie.
Wat moet ek doen?
Robert Leahy stel die volgende tegnieke voor:
- Dink aan die kostes en voordele van hierdie gedagte:
- Dink jy deur ander te blameer sal hul harder probeer?
- Beskerm jou blamering jou op een of ander manier?
- Dink jy om ander te blameer is realisties?
- Watter gedagtes, gevoelens en gedrag sal verander indien jy ander minder blameer?
- Watter bewyse is daar vir en teen jou blamerende stelling?
- Watter denkfoute gebruik jy om jou stelling te ondersteun? Oorveralgemeen jy dalk, gebruik jy gedagtes lees, personalisering, etikettering ens?
- As jy kyk na mense se gedrag op ‘n kontinuum, is dit regtig so sleg soos wat jy glo? Tree hul altyd so op?
- Gebruik ‘n “pie-chart” of vas te stel watter ander oorsake daar kan wees wat aanleiding gegee het tot die insident. Watter invloed het jy, ander of die situasie gehad voordat jy net inspring en blameer.
- Wat was die persoon se intensies? Is jy seker jou siening is reg?
- Onderskei tussen die kritisering van ander en om ‘n verandering in gedrag te versoek. Watter gedrag kan mense verbeter. Wat kan jy self anders doen?
- Sal almal dinge (die blamering) sien soos jy dit sien? Hoekom nie?
- Kom jou blamerende “moet”-stelling dalk van enige spesifieke morele, geloofs of wettige oortuigings? Waar het jy dit geleer? Is dit moontlik dat dit ‘n miskonsepsie kan wees?
- As jy regtig vir iemand omgee en vir hul lief is, sal dieselfde blamerende “moet”-stelling ook op húl van toepassing wees? Is daar enige rede hoekom jy die reël net vir sekere mense sal gebruik, maar nie vir ander nie.
Begin met 100% verantwoordelikheid vir wat in jou lewe gebeur. As jy nie van jou uitkomste hou nie, verander jou reaksie
Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.