Return to site

Foute wat mense maak wanneer hulle probeer om gewig te verloor 

Dr Elanza Stephenson 

In die poging om gewig te verloor, ondervind mense dikwels verskillende probleme en uitdagings wat hul vordering kan teenstaan. Baie individue probeer om gewig te verloor, maar misluk in hul pogings. Onthou dat alhoewel dit frustrerend is om te misluk, kan jy poog om sekere gewigsverlies foute reg te stel en dan hoef dit nie noodwendig so frustrerend te wees om te probeer verslank nie.

Hier is 'n paar van die algemene foute wat individue maak wanneer hulle probeer om te verslank. Om hierdie foute te identifiseer en aan te spreek, kan jy jou kanse om effektiewe gewigsverlies te behaal, verbeter.

1. Oorbeklemtoning van die skaal

Eerder as om te kyk na al die verskillende aspekte wat gewigsverlies beïnvloed, is baie mense net oor een ding gepla: die nommer op die skaal. Dit kan egter bedrieglik wees om uitermatige belangrikheid te plaas op die nommer op die skaal aangesien liggaamsgewig soms natuurlik fluktueer. Redes vir hierdie fluktuasie van gewig is byvoorbeeld as gevolg van faktore soos hidrasievlakke en spiertoename. Oorbeklemtoning van die skaal kan ook tot moedeloosheid en frustrasie lei. Onthou dat die skaal nie die enigste manier is om gewigsverlies te meet nie. Probeer eerder ook om die verskillende dele van jou liggaam, soos jou dye, middellyf, heupe en arms te meet om sodoende te sien of jy gewig verloor het. Kleregroottes kan ook 'n aanduiding wees van gewigsverlies. Wees bewus van hoe jy oor jou liggaam voel, veral oor ander positiewe veranderinge in jou liggaamsamestelling en jou algemene gesondheid.

2. Ekstreme diete en om te min te eet  

Een van die mees wydverspreide foute is om uiterste dieetpraktyke of ernstige kalorie-beperking te probeer. Ja, dit is moontlik om nie gewig te verloor nie omdat jy nie genoeg eet nie. Mense dink dat as hulle hulself uithonger en hulself nie toelaat om goeie en behoorlike maaltye te eet nie, hulle vinniger gewig sal verloor. Dit gebeur gewoonlik wanneer individue probeer om binne `n kort tydperk gewig te verloor vir 'n spesiale geleentheid of funksie. As jy jouself verhonger, sal jou liggaam egter aan die vet wat dit reeds het, vasklou, aangesien dit glo dat dit vir 'n lang tyd nie meer kos sal kry nie en in 'hongersnoodmodus' gaan. Vinnige aanvanklike gewigsverlies is dikwels onvolhoubaar op die lang termyn. Drastiese metodes om gewig te verloor kan lei tot voedingstekorte en dit kan selfs bydra tot 'n ongesonde verhouding met kos. Onthou dat 'n gebalanseerde dieet wat 'n wye verskeidenheid voedingstowwe insluit belangrik is vir algemene gesondheid.

3. Om te veel stres te hê kan gewigsverlies beïnvloed 

Gewigsverlies is 'n geleidelike proses, en om baie vinnige resultate te verwag kan tot teleurstelling en frustrasie lei. Onrealistiese verwagtinge kan individue ook aanspoor om ononderhoubare metodes te volg om gewig te verloor. Sommige mense ervaar baie stres wanneer hulle probeer om gewig te verloor. Ongeag of jou stresvlakke te wyte is aan desperaatheid om meer gewig te verloor of aan ander faktore in jou lewe, te hoë stres is nooit 'n goeie ding nie. Stres kan veroorsaak dat jou liggaam streshormone produseer, wat weer kan veroorsaak dat jy gewig optel of oortollige gewig vashou.

4. Om nie genoeg te slaap nie kan gewigsverlies belemmer 

Om goed te slaap kan bydrae tot hoe maklik jou liggaam gewig kan verloor. Om nie genoeg slaap te kry nie, kan `n negatiewe uitwerking op sekere streshormone in jou liggaam hê, wat weer jou pogings om te verslank negatief kan beïnvloed. Mense wat sleg slaap, kan hoë vlakke van 'n hormoon genaamd kortisol vrystel. Dit is een van die belangrike hormone wat gewigsverlies beïnvloed en wat dit moeilik maak vir die liggaam om gewig te verloor.

5. Oorskatting van die hoeveelheid kalorieë wat verbrand word 

Jy mag dalk voel dat jy 'n massiewe oefensessie gedoen het en dat jy 'n groot maaltyd of 'n soet bederfie daarna verdien, maar mense oorskat dikwels die hoeveelheid kalorieë wat hulle verbrand het. Gebruik tegnologie tot jou voordeel en oorweeg dit om 'n monitor te koop wat jy om jou pols of enkel kan dra – dit volg die kalorieë wat jy verbrand op grond van jou individuele fiksheidsvlakke, gewig en lengte, sowel as jou hartklop. Die gebruik van die monitor kan jou help om 'n meer akkurate oorsig van kalorieë wat verbrand is, te kry. Dit kan ook nuttig wees om met 'n fiksheidskenner te praat oor die voordele daarvan om beide kardio-oefeninge en kragoefeninge (bv. oefeninge met gewigte) in 'n oefenprogram wat op gewigsverlies gemik is, in te sluit.

Deur hierdie algemene foute te identifiseer en te probeer regstel, kan individue 'n gesonder verhouding met hul liggame ontwikkel. Persone kan ook hul gewigsverliesdoelwitte bereik op maniere wat langtermyn-welstand en gesondheid bevorder. Om 'n gebalanseerde benadering te volg wat 'n gesonde dieet, gereelde oefening en realistiese verwagtinge insluit, kan lei tot volhoubare en effektiewe gewigsverlies.

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As jy dink dat jy onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief jou plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393. 

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.