Return to site

Het ek ‘n probleem met alkohol?

 

Dr. Elizma van der Smit Oktober 2017

· Verstand,Lewensvaardighede

'n Paar ligte simptome - wat jy nie as probleemtekens sien nie - kan die begin van 'n drankprobleem aandui. Dit help om die tekens te ken sodat jy vroegtydig 'n verandering kan maak. Dokters diagnoseer 'n alkoholgebruiksversteuring wanneer 'n pasiënt se drank stres of skade vir hom veroorsaak.

Maar wat is te veel drink? Daar is twee tipes:

Swaar drink - Vir mans onder die ouderdom van 65, beteken swaar drink vier drankies per dag of meer as 14 drankies in 'n week. Vir vroue en mans ouer as 65, is dit meer as drie drankies per dag of meer as sewe drankies in 'n week.

•” Binge drink” - Binge drinkis om 'n groot hoeveelheid alkohol op een slag te drink. Vir mans is dit meer as vyf drankies binne twee uur. Vir vroue is dit vier of meer drankies in dieselfde tydperk.

Tekens van alkoholmisbruik en alkoholisme

Swaar drink of “binge drink” een keer in 'n blou maan, mag dalk nie vir jou 'n probleem wees nie. Maar sommige optredes is aanwysers dat dinge ernstig raak. Tekens om voor uit te kyk, sluit in:

Die verwaarlosing van verantwoordelikhede

Dit sluit in dinge soos swak prestasie by die werk of skool, nie aandag aan jou kinders gee nie of nie jou verpligtinge nakom nie omdat jy dronk of babbelas is.

Risiko's neem en die gebruik van alkohol in situasies waar dit gevaarlik kan wees of indien jy regsprobleme ondervind weens alkoholgebruik

Die bestuur van motor of masjinerie onder die invloed, as alkohol gemeng word met medikasie, om gearresteer te word aangesien jy onder die invloed betuur het of enige aksie wat jou en ander se lewens in gevaar stel, is 'n teken dat iets ernstig verkeerd is.

Drink om te ontspan en van stress ontslae te raak

Sommige kulture maak dit normaal om na 'n lang werksdag, of na 'n argument met 'n geliefde, te drink. Dit kan egter veroorsaak dat alkohol ‘n behoefte word.

Drink ten spyte van verhoudingsprobleme

As jy steeds alleen of met jou vriende drink, ten spyte daarvan dat jy weet dat dit jou eggenoot ontstel, of asjy met jou familie of vriende veg wat jou drinkgewoontes kritiseer, kan daar 'n groter probleem wees.

Toleransie

Moet jy baie meer drink as voorheen om ‘n “buzz” te kry of om te ontspan? Kan jy meer drink as ander mense sonder om dronk te word? Dit is tekens van toleransie, wat 'n vroeë waarskuwingsteken van alkoholisme kan wees. Toleransie beteken dat jy mettertyd meer en meer alkohol moet drink om dieselfde gevolge te kry.

Ontrekking

Het jy 'n drankie nodig om die bewerasie soggens onder beheer te kry? Drink jy om die simptome van onttrekking te verlig of te vermy, dan is dit ‘n teken van alkoholisme en 'n groot rooi vlag vir jou. As jy baie drink, word jou liggaam gewoond aan die alkohol en ervaar onttrekkingsimptome as dit weggeneem word.

Ontrekkingsimptome sluit in:

• Angs of “jumpiness”

• bewing

• Sweet

• Naarheid en braking

• Insomnia

• Depressie

• Prikkelbaarheid

• Moegheid

• Verlies aan eetlus

• Hoofpyn

Die pad van alkoholmisbruik na alkoholisme

Nie alle alkoholmisbruikers word alkoholiste nie, maar dit is 'n groot risikofaktor. Soms ontwikkel alkoholisme skielik in reaksie op 'n stresvolle verandering, soos 'n verbreekte verhouding, aftrede of 'n ander verlies. Ander kere kruip dit geleidelik op jou as jou toleransie van alkohol toeneem. As jy elke dag drink, of jy “binge drink”, is die risiko's van alkoholisme groter.

Die eerste stap om hulp vir 'n drinkprobleem te kry, is om te erken dat jy een het.

Kyk die feite in die oë

Om te aanvaar dat jy ‘n probleem met alkohol het, verg baie moet. Die besluit om beheer te neem en hulp te kry, is 'n baie dapper stap

Wat kan ek nou doen?

• Praat met jou algemene praktisyn of sielkundige as jy bekommerd oor jou drinkgewoontes is.

• Kry persoonlike ondersteuning met die ReachOut Nextstep tool. Of www.help-addict.co.za/ of www.aasouthafrica.org.za/IsAAForYou.aspx

• Moenie een slegte gewoonte met 'n ander vervang nie.

• Werk aan die bou van beter copingsvaardighede. ( building better coping skills)

broken image
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie  blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van  behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor  persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies  verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of  psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.