Return to site

Het ek ‘n probleem met alkohol? ‘n kontrolelys

· Verstand,Lewensvaardighede

Ja/nee

Sukkel jy soms om op te hou drink as jy eers begin het?

Voel jy dikwels sleg of skuldig nadat jy gedrink het?

Drink jy te veel?

Het jy vriende of familie wat bekommerd is oor jou drinkgewoontes?

Het jy ooit nagelaat om iets te doen wat jy moes, as gevolg van drank?

Het dit al ooit gebeur dat jy die volgende dag nie kan onthou wat gebeur het nadat jy gedrink het nie?

Het jy of iemand anders al ooit seergekry as gevolg van jou drinkgewoonte?

Drink jy omdat jy probleme het of om te kan ontspan?

Drink jy wanneer jy kwaad is vir ander mense, vriende en familie?

Verkies jy om alleen te drink eerder as saam met ander mense?

Word jou werk of studie negatief beinvloed deur drank?

Het jy al ooit probeer minder drink, of selfs stop, maar kon dit nie regkry nie?

Drink jy soggens voor skool of werk?

Sluk jy jou drankie vining af?

Jok jy oor hoe gereeld en hoeveel jy drink?

Het jy al ooit in die moeilikheid gekom weens drank?

Word jy dronk as jy drink, selfs al bedoel jy nie om dronk te word nie?

Was daar tye wat jy meer of langer gedrink het as wat jy beplan het om te doen?

Het jy al ooit met ‘n drinksessie (of daarna) in situasies gekom wat jou kanse om seer te kry verhoog was (soos bestuur, swem, gebruik van masjinerie, loop in ‘n gevaarlike plek, onveilig seks)?

Moes jy al meer drink as wat jy altyd het om dieselfde effek te kry? Vind jy dat jou normale kwota drankies baie minder effek het as voorheen?

Het jy aangehou om te drink, selfs al het dit jou depressief of angstig laat voel of ‘n ander gesondheidsprobleem vererger? Het jy al ooit ‘n “blackout” gekry?

As jy “Ja” op enige van begenoemde vrae beantwoord het, is dit moontlik dat jy ‘n probleem met alkohol het.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie  blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van  behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor  persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies  verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of  psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.