Return to site

Hoe diep asemhaling jou uitkyk op die lewe kan verander

Dr Elizma van der Smit Desember 2017

· Lewensvaardighede,Verstand,Liggaam

Asem is lewe, en met goeie asemhalingsgewoontes, kan jy jou vermoë om optimisties te dink, verhoog. In ons besige moderne wêreld is dit baie voordelig om gewoontes te kweek wat optimisme bevorder.

Met diep asemhalingsoefeninge, kan jy die suurstof na jou brein verhoog; Meer suurstof beteken 'n meer optimistiese denkwyse.

Asemhaling help ook om die hele liggaam te ontspan en om goeie gesondheid te behou.

Diep asemhaling, saam met 'n gesonde dieet, genoeg slaap en oefening is die sleutel vir ‘n optimistiese denkwyse, aangesien 'n gesonde liggaam en verstand ons positiewe en optimistiese denke bevorder.

Wat is optimisme?

Natuurlik verskil die vlak van optimisme in elke situasie, maar jy kan oor die algemeen onderskei tussen positiewe en negatiewe gedagtes. Die positiewe persoon beskou die glas as halfvol, terwyl 'n negatiewe persoon dit as half leeg beskou.

Ons het altyd 'n keuse oor hoe ons ons eie lewe of enige situasie waarneem. Jy kan ‘n positiewe pad of ‘n negatiewe een kies. Ander mense kan dit ook maklik hierdie keuse beïnvloed.

Diep asemhaling en optimisme

Deur bloot deur jou neus asem te haal, diep vanuit uit jou maag -terwyl jy terselftertyd bewus is van jou asemhaling, kan help om angs te verlig. Diep asemhaling maak ons rustig, dit kalmeer en versper die negatiwiteit wat tydens enige gegewe situasie deur jou gedagtes mag dryf.

Deur iets te visualiseer wat vir jou positief is of wat ‘n diep persoonlike betekenis vir jou het, terwyl jy diep asemhaal, bevorder optimisme en positiewe denke.

Nadat die lug deur jou longe gereis het, asem uit deur jou mond. Jy kan jou longe eintlik visualiseer.

Wanneer jy dus weer stres, laat 'n vars diep asem van die lug toe om jou meer positief oor die lewe te laat dink.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie  blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van  behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor  persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies  verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of  psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.