Return to site

HOE OM JOU VERBEELDING TE HERONTDEK

WENKE

Dr Elizma van der Smit Maart 2018

· Lewensvaardighede,Verstand

Hierdie verslag sluit kragtige wenke in wat jou kan help om jou verbeelding beter te kan gebruik.

Dit bevat ook 3 aksie stappe wat jy dadelik kan implementeer asook ‘n leeslys vir diegene wat opsoek is na meer inligting.

TOPWENKE


Wat het met ons verbeelding gebeur? Onthou jy nog hoe maklik dit was as kind om jou verbeelding te kan gebruik? Dit was amper soos ‘n sesde sintuig. Albert Einstein het geglo, “Imagination is more important than knowledge.”

Dit is interessant om te weet dat jy nooit regtig jou verbeelding verloor het nie. Jy moet dit net herontdek.

  1. Wees weer ‘n kind
    Let fyn op wanneer jy weer ‘n klomp kinders sien speel.  Waaroor praat hulle?  Watter fantasiewêreld het hul vir hulself geskep? Probeer dit self.  Probeer jouself verbeel dat jy in ‘n totaal ander wêreld is.
  1. Self-Dinkskrum
    Dink idees uit.  Dinkskrums vind gewoonlik in die konteks van ‘n span of ‘n groep mense plaas.  Leer om jou eie konsepte te dinkskrum.  Hoe meer jy dit doen, hoe makliker word dit.  Skryf sommer al die idees neer wat in jou kop opkom. 
  1. Lees Fantasie boeke
    Daar is heelwat fantasie avonture wat vir volwassenes geskryf is.  Kyk byvoorbeeld na die “The Lord of the Rings” trilogie. Al het jy nog nooit van hierdie tipe boeke gelees nie, gee dit ‘n kans.  Dit kan pret wees en jou help om jou eie verbeelding te herontdek. 
  1. Dink buite die boks
    Verbeelding gaan daaroor om buite die boks te dink.  Probeer na dinge kyk vanuit ‘n heeltemal ander hoek.  Probeer konsepte bymekaar sit wat glad nie verband hou met mekaar nie. Jy mag totaal verras wees.
  1. Wat is jou superkrag “Superpower”?
    Watter “superhero” het jy bewonder toe jy ‘n kind was? Hoekom het jy daardie “superhero” gekies?  Watter krag het hulle gehad wat met jouself verband hou? Dink aan enige superkrag wat jy graag sal wil hê en hoe jy dit sal gebruik om mense te help. 
  1. Lees items buite jou gewone
    Probeer iets lees wat totaal buite jou gewone belangstellings val. Die doel is nie om met die inligting saam te stem nie, maar om na ander standpunte te luister.  Probeer dit met verskillende onderwerpe.

7. Skryf met jou nie-dominante hand
Probeer jou nie-dominante hand gebruik om dinge mee te doen. Sien watter gedagtes by jou opkom wanneer jy dit doen. Moenie probeer om dinge netjies of perfek te doen nie. Die idee is om te leer en om jou verbeelding aan die gang te kry.

Aksie Stappe:

1. Gebruik ‘n sin of woord wat een of ander konsep verteenwoordig. Neem daardie sin of woord en skryf ‘n storie daaroor. Hierdie is ‘n wonderlike manier om jou verbeelding aan die gang te kry

2. Lees ‘n verskeidenheid kinderboeke of kyk na kinderprogramme of flieks op TV. Aangesien kinders steeds hul verbeelding het, kan dit help om joune aan die gang te sit.

3. Word lid van ‘n dramagroep. Deur jou vaardigheid as akteur te ontwikkel, sal verseker jou verbeelding verbeter.

Soedoende kan jy ook voel hoe dit voel om totaal iemand anders te wees.

Verdere leeslys

  1. Imagination First: Unlocking the Power of Possibility:
broken image
  1. The Imagination Challenge: Strategic Foresight and Innovation in the Global Economy:
broken image
  1. Creative Visualization: Use the Power of Your Imagination to Create What You Want in Your Life:
broken image
  1. The War of Art: Break Through the Blocks and Win Your Inner Creative Battles:
broken image

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 0f sms 31393

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.