Terwyl die meeste van ons vriende daar is vir ons deur dik en dun, het ons almal egter al met die giftige vriend/in te doen gekry.
Maar hoe weet jy of jy nie dalk in 'n giftige vriendskap is wat jou gesondheid beïnvloed en jou gees doodmaak nie?
12 Tekens dat 'n vriendskap toksies is
- Sy laat jou negatief voel oor jouself - jy voel erger nadat jy kontak met haar gehad het.
- Sy verwag dat jy alles vir haar sal los, maar sy sal nie dieselfde vir jou doen nie.
- Jy sien op daarna om haar te sien, en jy voel gedreineer nadat jy haar ontmoet het. Om 'n vriend te sien moet vir ons 'n positiewe ervaring wees.
- Daar is 'n wanbalans in gesels tyd- alles vir die vriend, niks vir jou nie. Sy sal jou vertel hoe haar dag was, maar as jy begin vertel, moet sy iewers heengaan en verkas sonder om na jou of jou bekommernisse en vreugdes te luister.
- Sy vertel jou dat jy moet verander. Sy sal selfs neerhalende opmerkings maak oor jou tekortkominge, soos byvoorbeeld: "Jy weet, jy is net te “needy”." Dit gaan alles oor wat met jou verkeerd is, maar sy hoef nie haar eie tekortkominge te erken nie.
- Jy voel dat jy meesal op eiers moet loop rondom haar, en dat jy baie versigtig moet wees om nie ‘n verkeerde ding te sê wat haar dalk kan ontstel nie.
Bronne
http://www.dailymail.co.uk/femail/article-4895188/Toxic-friendships-avoid-bad-friend.html
https://www.psychologytoday.com/blog/resolution-not-conflict/201603/8-signs-toxic-friendship
https://www.rd.com/advice/relationships/toxic-friends-signs/
https://thoughtcatalog.com/kali-rogers/2017/03/5-signs-youre-in-a-completely-toxic-friendship-and-its-time-to-see-yourself-out/