Return to site

Voel jy dat niemand regtig vir jou lief is en vir jou omgee nie?

Dit kan ‘n kernoorsaak wees van woede en hartseer in jou verhouding.

Deur Dr. Elizma van der Smit Desember 2017

 

· Verhoudings

Miskien is jy woedend! Jy het jou maat soveel keer gevra vir dieselfde ding, maar weer het hul jou teleurgestel !!! Dit maak so seer dat hulle nie genoeg omgee om die eenvoudige dinge te doen wat vir jou belangrik is nie. Jy mag dalk dink: "Mense hou net van my wanneer ek dinge vir hulle doen, maar hulle is nooit daar vir my wanneer ek hulle nodig het nie !!! Hoekom is dit so moeilik vir mense om vir my lief te wees? Maar eintlik was dit nog altyd so. Niemand is regtig lief vir my of gee werklik om vir my nie. Ek voel dat ek altyd moet bedel en veg vir iemand se liefde. Ek voel so alleen! Ek trap elke keer in dieselfde strik. Mense hou net 'n rukkie van my en dan verloor hulle belangstelling! "

 

As dit met jou resoneer, kan die kernoorsaak van jou woede en hartseer lê in die gevoel dat jy nie werklik geliefd en versorg is nie.

 

Hoekom voel ek of niemand regtig vir my lief is nie?

 

As jy voortdurend ongeliefd voel, is dit moontlik dat jy liefde soek by iemand wat regtig nie in staat is om ander persoon lief te hê nie - as gevolg van mishandeling en trauma as kind. Hulle ken slegs die romantiese idee van liefde, en hoe om dit na te boots, maar nie die realiteit nie. Hul ervaring van verwerping het hulle so selfgesentreerd en beskermend gemaak dat hulle nooit geleer het hoe om liefde vir ander te gee of liefde te aanvaar nie. Hulle het die basiese oortuiging van: "Moenie op 'n emosionele vlak tot mense verbind nie, want hulle sal jou net seermaak en jou uiteindelik verwerp."

Baie mense besef ook nie, selfs as wil hul bitter graag liefgehê word, dat hulle nie werklik geliefd  kan voel nie omdat hulle self te veel beskermingsmeganismes het wat hulle probeer weghou van die diep pyn van verwerping (selfs al is dit net 'n persepsie) . En as iemand bely dat hulle hulle  werklik liefhet, kan hulle dit nie aanvaar nie en glo dat, sodra daardie persoon ontdek wie hulle  werklik is, hulle eindelik verwerp sal word.   Hierdie mense is ook geneig om perfeksionisties te wees. Hulle sien die wêreld in swart en wit en is geneig om verhoudings te romantiseer. Die werklikheid is dat niemand jou die heeltyd perfek  kan liefhê nie. En so word hul verwagtinge uiteindelik ‘n selfvervullende profesie, maak nie saak  hoe hard 'n ander persoon kan probeer om hul lief te hê nie. Mense wat ongeliefd voel, sal byna elke fout van die ander persoon sien as verdere bewyse dat mense nie werklik vir hul omgee en vir hul lief is nie.   Gevoelens is natuurlik die produk van ervarings wat aanleiding gee tot sekere oortuigings. As jy glo dat niemand vir jou lief kan wees nie (gebaseer op die manier waarop jy behandel of verwaarloos is en hoe dit jou oor jouself laat voel het), dan sal jy 'n sterk emosionele muur oprig wat jou beskerm teen die pyn van sulke gevoelens en van enigiets wat dit dalk kan veroorsaak.   As jy nie genoeg liefde voel nie – of as jy nie goedgenoeg voel, of slim en mooi genoeg nie, of  enigiets genoeg nie – sal jy geneig wees om iemand te kry wat jou ook presies so laat voel.   Jy dink dalk, "As daardie persoon my kan liefhê, dan sal ek werklik geliefd voel." Dan gebeur dit dat jy agter mense aanhardloop en probeer hom liefde van hul af te dwing. Ongelukkig werk dit nie so nie. Dit sal jou nooit die liefde laat kry wat jy graag wil hê nie.   Die geheim van om werklik geliefd te voel, is om jouself eers lief te hê. Wat ons van ander  ervaar, is 'n weerspieëling van wat ons in onsself ervaar. As jy desperaat voel vir iemand anders se liefde, is dit 'n teken dat jy desperaat ‘n behoefte aan selfliefde ervaar. Daar is dus 'n gat wat jy  probeer vul, maar die realiteit is dat dit net deur jou gevul kan word. Soos jy hierdie behoefte vervul - soos jy jouself meer en meer liefhet - sal jy ook meer liefde van ander kan voel en ervaar.   Wat kan ek daaraan doen? Hoe kan ek meer geliefd voel?   ·      Liefde is nie 'n gevoel nie. Verstaan dat dit 'n vals persepsie is dat liefde 'n gevoel is wat jou  maat binne jou moet aansteek. Moenie dink dat dit jou maat se werk is om jou lewendig en gelukkig te laat voel nie. En as jy nie genoeg liefde of begeerte voel nie - moenie bloot aanvaar dat daar  iets fout is met die verhouding nie. Weet dat geluk 'n kwaliteit is wat slegs jy kan kweek deur  aandag aan jou innerlike wêreld te gee. Met ander woorde, om slegs liefde te gee ten einde  aanvaarding van ‘n ander persoon te verkry, werk nie. Maar as jy liefde kan gee van 'n plek binne-in jou sonder voorwaarde of verwagting - sal jou verhouding en gevoelens verander. ·      As jy nie geliefd voel nie, is dit belangrik om eers selfondersoek te doen. Moenie jou maat  blameer omdat jy nie geliefd, gelukkig of vervuld voel nie. Volgens Monica Parikh van die Skool vir Liefde NYC. "Die eenvoudige waarheid is dat dit elke persoon se eie verantwoordelikheid is om hul emosionele tenk te vul deur byvoorbeeld vriendskappe, stokperdjies, werk, fisiese oefening,  liefdadigheidswerk en kreatiewe kunswerk. Sodra jy jou eie emosionele behoeftes uit 'n  verskeidenheid bronne kan vul, sal jy baie minder emosioneel afhanklik van jou maat wees. " ·      Kyk diep na jou eie behoeftes en intensies. Soms as ons uitgaan opsoek na liefde, probeer ons dalk eintlik net onsself gee wat ons regtig nodig het. Daar is dalk pyn in ons verlede wat ons nie wil erken nie, of dalk is daar 'n leegheid binne ons wat ons nie op ons eie wil vul nie. As jy iewers  'n gaatjie voel, kyk eers na wat dit dalk kon veroorsaak het. Wees sterk genoeg om te erken wat jy  vir jouself moet doen, of dit nou 'n gesprek met 'n familielid is wat jou seergemaak het, of dat jy aan jou selfbeeld moet werk of dalk moeite moet doen om weer sin en rigting in jou lewe te kry. ·      Herken die liefde wat jy self nie gee nie. Dit is baie makliker om te fokus op wat ons nie kry nie as om eerlik te wees met onsself oor wat ons nie gee nie. Miskien wil jy hê mense moet gereeld met jou kontak maak. Kontak jy hulle? Miskien wil jy hê mense moet meer oor jou persoonlike  lewe uitvra. Vra jy uit oor hulle s'n? Gee die soort liefde wat jy graag wil ontvang. Gee erkenning.  Let op die klein dingetjies. Bied hulp aan sonder dat dit van jou gevra word. Dit beteken nie dat jy  altyd die een moet wees nie wat gee nie! Vra vir wat jy nodig het! ·      Verander jou oortuigings oor die wêreld en liefde. Wanneer ons onsself dieselfde dinge oor en oor vertel, vorm dit uiteindelik 'n selfvervullende  profesie. As jy vir jouself sê dat mense nie omgee nie, sal jy daardie  energie in die wêreld uitstraal en dan ook maklik bewyse kan vind daarvoor. As jy vir jouself sê dat jy nooit liefde sal ervaar nie, jy sal geestelike hindernisse skep wat dit dan in elk geval onmoontlik sal maak. Vertel vir jouself ‘n ander storie: Daar is baie liefde in die wêreld, daar is genoeg vir jou, jy verdien dit, en dit kom elke dag na jou toe.   As jy meer beheer oor jou verstand wil neem, is die beste praktyke volgens Angela Gunn,   meditasie en bewustheid.   1.     Eerstens, dat ons self verantwoordelik is vir ons gedagtes. Terwyl ons nie ons gedagtes  heeltemal kan stop nie, kan ons beheer oor hulle neem en oomblikke van vrede vir onsself skep. 2.    Tweedens, wanneer negatiewe gedagtes en vrees ontstaan, probeer om die volgende te doen: ·      Stop. ·      Neem 'n lang, diep asem in en uit. Sê in jou gedagtes vir jouself “in” as jy inasem en "uit" as jy uitasem. Sodoende vestig jou jouself in die hier en die nou. Daar is 'n program om jou te help http://boxbreathing.org/ ·      Voel dan die grond onder jou voete. Let op hoe jou klere teen jou vel voel, die wind teen jou  gesig, die son op jou wange. Luister na die voëls wat sing, die reën wat om jou val, of die tik van 'n nabygeleë klok.   Al hierdie dinge sal jou in die huidige oomblik grond. Selfs al wil jou gedagtes weghardloop, sal jy  hul terugbring deur weer op jou asemhaling te fokus, en gee jy jouself die beheer in die oomblik.   Volg hierdie stappe totdat jy voel dat die gedagte of storie in jou gedagtes weggaan, of totdat jy voel dat die vrees minder is. Dan kan jy weer aangaan met waarmee jy besig was en het jy hopelik  jouself weerhou om pyn te voel.

 

Bronne

http://www.charismamag.com/spirit/spiritual-growth/26566-getting-to-the-deep-seated-root-of-rejection

https://www.mindbodygreen.com/0-13257/the-secret-you-need-to-know-about-feeling-loved-in-a-relationship.html

https://www.mindbodygreen.com/0-13363/4-surefire-ways-to-make-your-partner-feel-loved.html

https://tinybuddha.com/blog/how-to-feel-more-loved-9-tips-for-deep-connection/

https://tinybuddha.com/blog/let-go-of-fear-by-stopping-the-stories-in-your-head/

 

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie  blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van  behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor  persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies  verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of  psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.