Return to site

Is ek uitgebrand?

Dr. Elizma van der Smit Oktober 2017

· Werk,Lewensvaardighede

Dit maak ook nie saak hoe oulik en sterk jy is nie, ons het almal ‘n breekpunt waar dit vir ons voel soos: “ek kan dit nie meer vat nie”!. Ons was al almal daar, maar daardie woorde beteken nie noodwendig dieselfde vir almal nie. Mense bereik breekpunt op verskillende tye en maniere -sommige sal onttrek en ander sal ontplof. Alles hang af van hoe ons ons huidige omstandighede beleef en hanteer.

Teen die tyd wat jy breekpunt bereik, het jou stres deur 3 fases gegaan:

Eerstens is jy bewus daarvan dat jy onder druk is, maar voel steeds in beheer. Gedurende fase 2 begin stres sy tol eis en moet jy ‘n bewustelike poging aanwend om nie met woede, ongeduld en blamering te reageer nie. In die laaste fase kan jy nie meer cope nie en ervaar emosionele uitbarstings wat lei tot gevoelens van skaamte en skuld. Laasgenoemde beteken dat jou stress oormatig is en dat jy dalk oppad is na ‘n totale uitbranding. Uitbranding is ‘n langdurige gevoel van uitputting en ‘n gebrek aan belangstelling, wat jou funksionering by die werk en huis benadeel.

Wat is die waarskuwingsteken dat ek dit gaan “verloor”?

  • Jy is nie jou gewone self nie.  Jy is meer geirriteerd en raak happerig oor klein dingetjies deur die dag.  Soms sal jy onttrek en ‘n “wie gee om” houding aanneem.
  • Jy gee nie meer aandag aan jou voorkoms nie.
  • Jy word minder sosiaal en spandeer meer tyd alleen.
  • Jy verloor jou humorsin.
  • Dag-tot-dag aktiwiteite word ‘n las.  Daaglikse roetine, take en verantwoordelikhede voel soos ‘n oorweldigng.
  • Jy spandeer meer tyd aan destruktiewe gewoontes soos meer tyd uit met jou vriende, jy drink dalk meer alkohol of pille of dalk slaap jy meer.
  • Jou immuunsisteem is onder druk.  Jy sukkel om jou gewone verkoue af te skud en jy is geneig om meer gereeld siek te word.
  • Jy is chronies moeg.
  • Jy voel niks wat jy doen word waardeer of maak enige verskil nie.
  • Jy sukkel om te slaap, al is jy hoé moeg.
  • Jy is vergeetagtig en sukkel om te konsentreer.
  • Fisiese simptome soos borspyne, hartkloppings, kortasem, maagpyn en spysverteringsprobleme asook  hoofpyne kan ervaar word.
  • Verlies aan eetlus of ‘n geneigdheid om baie meer te eet.
  • Jy ervaar kommer en spanning wat later kan omsit in totale angstigheid.
  • Jy kan hartseer, alleen, bietjie hopeloos, waardeloos en skuldig voel.  Later kan dit omsit in ‘n volwaardige depressie.

Wat is die verskil tussen baie stres en uitbranding?

Simptome van stres

Simptome van uitbranding

Oorbetrokkenheid

Ontrekking

Geneigdheid om te oorreageer

Afgestompte emosies

Gevoel van dringendheid en hiperaktiwiteit

Gevoel van hulpeloosheid en hopeloosheid

Gebrek aan energie

Gebrek aan hoop en motivering

Lei tot angsprobleme

Lei tot depressie

Die primêre skade is fisies

Die primêre skade is emosioneel

Mag jou voortydig doodmaak

Veroorsaak die gevoel dat die lewe nie die moeite werd is nie.

Bron:Stress and Burnout in Ministry

Indien jou waarskuwingstekens/simptome so vererger dat jy hopeloos of apaties raak, jouself onttrek en nie meer kan funksioneer by die werk of by die huis nie, moet jy dringend hulp kry by ‘n professionele persoon.

Is daar iets wat ek kan doen?

Onthou dat, al is jy hoe besig, selfs die kleinste veranderinge kan ‘n verskil maak. Voorkoming bly egter die beste medisyne!

  • Weet wat die waarskuwings tekens is!

Sodra jy ‘n waarskuwingsteken raaksien, probeer dadelik iets doen! Sodoende kan ons voorkom dat jy “dit verloor”.

  • Erken dat daar ‘n probleem is.

Die eerste stap is altyd om eers te erken dat dinge besig is om te veel te word. Erken ook dat jy enige tyd ander keuses kan maak, al is dit ook hoe klein.

  • Neem ‘n “time-out”.

“Time-outs” is nie net vir kinders nie. Gaan stap ‘n ent, kry vars lug. Mediteer of bid. Doen enigiets wat fisiese en verstandelike aktiwiteit verg. Moet net nie voor die TV gaan sit nie!

  • Beweeg stadiger vir ‘n paar dae.

Kanselleer vergaderings en laat jou kinders ‘n paar aktiwiteite “skip”. Maak maklike etes. Laat staan ‘n paar take en verantwoordelikhede vir ‘n rukkie.

  • Oefen

Oefening is ‘n baie vinnige manier om jou gemoed te verlig en jou selfvertroue te versterk. Probeer om een keer ‘n dag jou hartklop op te kry.

  • Spandeer tyd met vriende en familie.

Omring jouself met mense wat omgee. Vra vriende en familielede vir hulp en laat hul toe om daar vir jou te wees in ‘n moeilike tyd. Selfs al teks jy of bel jy dalk, hul het dalk ‘n vars perspektief wat jou rustiger kan maak.

  • Skryf dit neer

Ek weet jy het dit al baie gehoor, maar dit werk regtig. Om te skryf gee jou die geleentheid om jou frustrasies uit te druk sonder die vrees dat iemand jou sal oordeel. Jy kan skryf net wat jy wil en wanneer jy wil en jou skrywe agterna vernietig.

  • Stel grense.

Leer om “nee” te sê. Jou gesin en medewerkers sal jou nie respekteer as jy dit nie self doen nie. Sê “ja” vir die dinge wat jy graag wil doen.

  • Kyk na wat jy eet en drink

Moenie minder slaap om meer gedoen te kry nie. Verminder jou suiker inname en verfynde koolhidrate. Eet meer Omega 3 vette wat jou gemoed sal lig. Drink alkohol en kaffeïen in moderasie. Vermy nikotien en pille.

  • Probeer die wortel van die probleem identifiseer

Neem tyd om regtig agter te kom wat jou oorweldig en frustreer. Grawe diep en probeer analiseer wat regtig aangaan. Vra jouself vrae soos “wat pla my regtig?” en “hoekom pla dit my?”. Probeer die simptome herken en probeer aktief om dinge te verander. Hanteer die dinge wat jou angstig en kwaad maak en moenie dit probeer vermy of verplaas nie. Indien jy sukkel hiermee, vra gerus hulp by ‘n professionele persoon.

  • Moenie te hard wees op jouself nie.

Daar sal tye wees dat, al probeer jy hoe hard om ‘n goeie ouer of werker te wees- dit steeds nie genoeg sal wees nie. Dit gebeur met almal van ons. Hoe gouer jy kan begin om na jouself te kyk, hoe gouer sal jy beter voel.

https://www.archetypes.com/signs-youre-reaching-your-breaking-point/

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.