Return to site

Ontwikkel ‘n visie van wie jy graag wil wees!

Dr Elizma van der Smit. Februarie 2018

· Lewensvaardighede

As jy ongelukkig is met waar jy tans in jou lewe is, is dit waarskynlik omdat jy nie die regte visie vir jouself geskep het nie. Dink terug na onlangse gedagtes wat jy gehad het. Was dit dalk negatiewe gedagtes en/of gevoelens wat jy ervaar het?

Skuif eerder jou fokus na die lewe wat jy graag wil hê, of na die persoon wat jy eerder wil wees. As jy graag 'n lewe wil hê soos iemand wat jy bewonder, lees na oor hoe die persoon sukses behaal het. Gebruik dit as 'n riglyn om jou te help om iets soortgelyks te kan bereik.

As jy 'n positiewe beeld in jou gedagtes skep, sal dit neurale paaie (breinpaadjies) opstel om jou te help om jou doelwitte te kan bereik. Hoe meer jy hierdie geestelike beeld versterk, hoe meer paaie sal geskep word. As daar inligting beskikbaar is wat jou kan help met jou visie, gebruik dit tot jou voordeel.

As jy jou visie bepaal het en die stappe wat jy glo jou sal help om daar te kom, moet jy aanhou om te visualiseer en dit in jou geestesoog te “sien”. Doen dit op 'n daaglikse basis. Jou brein sal so gewoond raak aan hierdie visie, dit sal 'n onderbewuste proses word.

Dit is nie te sê dat jy nie jou plan of visie kan verander nie. Daar is dalk iets wat jy gedink het jy wou hê, maar soos jy vorder, vind jy dat dit nie meer die geval nie. Daar is niks fout met dit nie. As dit gebeur, skep 'n ander visie en beweeg weg. Jou brein sal weer paaie vorm vir hierdie nuwe visie wat jy ontwikkel.

As jou visie goed is, maar jou planne wil nie werk nie, moenie bang wees om daaraan te verander nie. Planne is slegs riglyne. Hulle kan, soos nodig, verander word. Dit kan gebeur wanneer nuwe inligting na vore kom, inligting wat nie beskikbaar was toe jy die eerste keer begin het nie.

Wees voorbereid vir kritiek terwyl jy hierdie nuwe visie vir jouself skep. Dit is joune en joune alleen. Mense sal dalk nie verstaan waarna jy mik nie. Hou vas aan jou oortuigings en bewys hulle verkeerd. Jou kritici is nie diegene wat met jou visie moet saamleef nie. Jy sal vind dat, wanneer jy jou doelwitte bereik, sal dieselfde kritici skielik aan jou kant wees. Hulle sal selfs daarop aanspraak maak dat hul al lankal daar was. Dit is irriterend, maar dit is hoe mense optree. Moenie toelaat dat dit jou ontstel nie, maar gaan voort met jou visie en laat hulle dink wat hulle wil.

As jy belangstel daarin om so ‘n visie vir jouself te skep, kyk gerus na die volgende boeke en gratis kursusse net vir jou! Kliek op prentjie van die boek vir die skakel.

broken image
broken image
broken image
broken image

GRATIS KURSUSSE

Udemy: Make your life happier and better. Kliek op die prentjie hieronder vir die skakel.

broken image

Udemy: Selftransformation. Kliek op die prentjie hieronder vir die skakel.

broken image
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie  blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van  behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor  persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies  verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of  psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.