Return to site

TOP WENKE OOR HOE OM TELEURSTELLING TE HANTEER

Dr Elizma van der Smit. Februarie 2018

· Lewensvaardighede

TOP WENKE

Daar is niemand wat nog nooit ‘n teleurstelling ervaar het nie. Almal gaan een of ander tyd  in hul  lewens teleurstelling ervaar. Gebruik die wenke in hierdie artikel om jou te help om dit beter te kan  hanteer.
  1. Fokus op die feit dat die lewe weer beter word.
Die lewe gaan voort, moenie dus nie aan jou teleurstellings vasklou nie. Om op te staan en aan te  beweeg is jou beste verdediging teen teleurstelling. Daar is 'n paar uitsonderings, maar oor die  algemeen sal die son weer môre skyn.
  1. Gebruik teleurstelling as ‘n leerervaring. 
Probeer om vas te stel hoekom dit gebeur het. Is dit iets wat jy gedoen het of nie gedoen het nie?  Let op wat gebeur het en probeer om nie dieselfde foute te herhaal nie.
  1. Leer van ander wat soortgelyke ervarings gehad het.
     

Iemand in jou familie of gemeenskap het dalk al soortgelyke teleurstellings ervaar. Soek hierdie mense op en vind uit hoe hulle dit hanteer het.
 

  1. Kry jou kop reg oor teleurstellings.
     

Besef dat teleurstellings onafwendbaar is. Hou egter aan om nuwe geleenthede te probeer. Dit is 'n nommer-spel. Uiteindelik sal daar iets wees wat gaan uitwerk vir jou. Maar dit kan net gebeur as jy aanhou om voort te gaan en nie deur jou teleurstellings gepooitjie word langs die pad nie.

  1. Moenie broei nie.
     
Jy kan nie die verlede verander nie, so moenie eers probeer nie. Sommige mense sal 'n leeftyd  spandeer om hul te verknies oor wat in die verlede gebeur het, en dan vergeet hul om hul lewens  voort te sit. Dit is teenproduktief en nutteloos om jou te bekommer oor iets wat jy nie beheer oor het nie.
  1. Kry ‘n alternatiewe plan of twee.
     
As jy 'n alternatiewe roete of plan het, is teleurstellings nie so ernstig nie. Jy beweeg net na die  alternatiewe pad en gaan voort met jou lewe. Dit is bevrydend om teleurstellings op hierdie manier  te hanteer.
  1. Kry iemand wat jou sal mentor of afrig.
     
As jy sukkel om ‘n pad deur jou teleurstellings te vind, kry iemand wat jou geestelik kan ophef deur  jou leiding te gee. 'n Mentor sal jou kan help evalueer wat gebeur het, en om te bepaal hoe om  vorentoe te beweeg in jou lewe of loopbaan.
  1. Leer ‘n nuwe vaardigheid om teleurstellings te oorkom.
     
As jou teleurstellings voortspruit uit ‘n gebrek aan vaardighede, doen iets daaraan. Dit was nooit  makliker om nuwe vaardighede te leer nie, en in baie gevalle, gratis. Jy hoef nie eers die gerief van jou huis te verlaat om voordeel te trek uit leer nie. Die meeste nuwe vaardighede kan aanlyn geleer word.
  1. Dink aan ander wat slegter af is as jy.
     
Jy moet besef dat ander mense is wat in slegter situasies as jy is. As jy gesond is, en jou  vooruitsigte is goed om jouself uit jou huidige situasie te kry, moenie te veel bekommerd wees oor  teleurstellings nie. Gee jouself 'n mate van krediet dat jy wel so ver gekom het.

Aksie Stappe:

1. Maak 'n plan om 'n nuwe vaardigheid te leer. Selfs al is jy nie op soek is na 'n  loopbaanverandering nie, is dit altyd goed om relevant te bly. Begin op YouTube.com om  te sien wat beskikbaar is om gratis te kan leer. Kies iets in jou belangstellingsveld. Skryf  die onderwerpe neer wat jy wil leer oor en soek lesse en kursusse daaroor.
2. Wees ‘n vrywilliger ten minste een keer per maand. As jy ander help, sal jy besef dat jou situasie nie so erg is nie. Kontak jou gemeenskaps forums en sosiale media om uit te vind van organisasies waarby jy betrokke kan raak.
3. Neem die afgelope drie teleurstellings en maak 'n formele ontleding van hoekom dit gebeur het. Probeer om uit te vind wat verkeerd gegaan het en van wat jy anders kon gedoen het. Skryf aspekte van die situasie neer waaroor jy beheer gehad het en ander wat buite jou beheer geval het. Gebruik dit as 'n riglyn om die situasie te verander.

MOONTLIKE LEESWERK
 

  1. Expectation Hangover: Overcoming Disappointment in Work, Love, and Life:
  1. Dealing with Disappointment:
  1. Dealing with Disappointment 2:
  1. Hope Beyond Disappointment:
  1. Overcoming Life’s Disappointments:
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie  blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van  behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor  persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies  verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of  psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.
All Posts
×

Almost done…

We just sent you an email. Please click the link in the email to confirm your subscription!

OKSubscriptions powered by Strikingly

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.