Return to site

Ses Basiese Stappe Om met Bewustheid Te Eet

Dr Retha Jansen van Rensburg Oktober 2019

· Verstand,Lewensvaardighede

Eet is 'n noodsaaklik vir elke mens. Om te eet is ook een van die aangenaamste ervarings wat ons in die lewe het.

Vir baie van ons het dit egter 'n bron van lyding geword. Ons angstige en bekommerde gedagtes het ons liggame en harte van ‘n noodsaaklike vreugde beroof. Ons geboortereg om net die natuurlike tevredenheid en vreugde te geniet wat ons ondervind wanneer ons eet, is gesteel. Tans ervaar die wêreld 'n vetsug-epidemie. In baie ontwikkelde lande word meer as twee uit elke drie volwassenes en een uit vier kinders, as oorgewig of vetsugtig geklassifiseer. Miskien het die wêreld my ouma se wysheid nodig - toe ek kla oor my geraamte wat in 'n bietjies te veel liggaamsvet gekamoefleer is, het sy vir my gesê dat die enigste dinge wat ons eet en vet maak, die kos is waarvoor ons nie bid nie! Hoe waar - al die dinge wat ek in my mond prop sonder om daaraan aandag te gee. Dit was haar manier om vir my te sê om met Bewustheid te eet ...

Bewustheid is om volle aandag te gee aan ons ervaringe van oomblik tot oomblik sonder om te oordeel. Bewustheid is elke dag tot ons beskikking. Ons versuim daagliks om ons pas effens te vertraag om sodoende van die sensueelste, aangenaamste ervarings wat ons daaglikse lewens vul te waardeer. Sensueelste, aangename ervarings? In jou lewe? Dalk dink jy dat jou lewe nie sulke ervarings het nie en dat jy daarna moet soek. Met ander woorde, jy voel dat die lewe jou dwing om uit jou pad te gaan om plesier te ervaar in jou daaglikse lewe: dis nie asof dit net uit die lug val nie nie.

Tog is daar baie aktiwiteite waaraan ons daagliks deelneem wat ons kans gee om diep, sintuiglike ervarings te beleef. Die probleem is egter dat wannneer ons sulke ervarings beleef, ons vergeet om ‘n oomblik stil te staan om die oomblik bewustelik en ten volle te waardeer. As ons net lank genoeg stilstaan om ons volle aandag aan ons aktiwiteite in die oomblik te gee, kan ons ervaring van die aktiwiteit self verander, so asof ons dit vir die eerste keer beleef. En nêrens sien ons dit meer as wanneer dit by kos kom nie.

Eet is 'n daaglikse gewoonte wat baie outomatiese prosesse behels. Eet vereis nie altyd gefokusde aandag nie. Ons kan maklik ons aandete eet en televisie kyk, 'n e-pos stuur, aan ons taaklys werk, of terselfdertyd 'n gesprek voer. Deur ons aandag so te versprei raak ons al hoe ​​minder bewus van wat ons eet en hoe ons kos proe. Ons spits ons aandag toe op die televisie, e-pos of die inhoud van die gesprek en nie op die sensasie van eet nie.

As dit gebeur, is ons geneig om ons kos minder te waardeer. Die meeste van ons eet twee of drie maaltye per dag. En soos die meeste mense, eet jy waarskynlik ook 'n paar keer tussenin. Staan 'n oomblik stil en vra jouself: kan jy onthou wat jy gister geëet het? Kan jy onthou jy hoe dit geproe het? Wat was die tekstuur? Het jy eningsins aandag gegee aan wat jy eet? Het jy met Bewustheid geëet?

Deur met Bewustheid te eet gee jy doelbewus aandag aan wat binne-in jouself gebeur terwyl jy besig is om te eet - in liggaam, gees en hart - en aan wat in die omgewing om jou gebeur terwyl jy eet. Om met Bewusteheid te eet behels om ten volle bewus te wees van wat jy eet sonder enige kritiek of oordeel.

Die woorde “sonder kritiek of oordeel” staan ​​sentraal in Bewustheid. Om met Bewustheid te eet is 'n soeke gekenmerk deur nuuskierigheid, verkenning, om te leer en 'n groeiende gevoel van vryheid.

Dit gaan nie oor diëte, of om kosgroepe, koskaarte of weegskale uit te ruil nie. Om met Bewustheid te eet kan nie op jou afgedwing word nie. Dit word bepaal deur jou eie innerlike ervarings, oomblik vir oomblik. Jou ervaring is uniek en enig in sy soort. Om met Bewustheid te eet is op die ou end 'n gebaseer op aanvaarding. Dit is ‘n intuïtiewe proses wat aanvaar dat ons as mense altyd sal sukkel met versugtinge, maar ons kan onsself laat stilstaan en besin oor die beste strategie om dit te bestuur. En daarom is jy in die geval die kundige!

Deur met Bewustheid te eet word ons bewus van wat ons liggaam aan ons vertel oor honger versadiging wees. Ons leer hoe om ons liggaam die beste te voed en sodoende minder slegte besluite oor ons energie inname te neem. Hierdie proses veroorsaak 'n pro-aktiewe benadering tot ons voedingsgewoontes, wat deur meeste mense reaktief en as vanselfsprekend aanvaar word.

“Om ON-Bewus te eet”

Om 'n begrip te kry van wat eet met Bewustheid behels, kan ons dit met die meeste mense se normale eetpatrone vergelyk. Die meeste mense se voedselkeuses en hoeveel hulle eet word bepaal deur hulle smaakpapille, wat op sy beurt deur primitiewe oorlewings dele in die brein aangevuur word. Dit word deur 'n kombinasie van faktore veroorsaak. Die meeste van ons het van kindsbeen af gehoor dat ons ons bord moet leeg eet. Nie net is dit goeie maniere nie, maar ons mag nie met kos mors nie.

Oud en jonk word verder daagliks blootgestel aan al die ongesonde en verslawende, maar ongelooflike smaaklike bestanddele in voedsel soos souse, ens. Dit kan dus baie moeilik wees om op te hou eet totdat daar niks meer oor is om te eet nie.

Hoe eet ek dan met Bewustheid?

Om met Bewustheid te eet, moet jy eerstens bewuste keuses maak oor die kos wat wat eet, beide kwaliteit en hoeveelheid. Dit behels 'n mate van inspanning, want dit moet aan houdend en konsekwent toegepas word totdat dit 'n denkwyse of gewoonte word.

Hoe kan 'n mens dan ‘n 'Bewuste eter' word? As ons meer bewus word van na watter kosse ons onbewustelik hunker of gedurig na gryp sonder om twee keer te dink, kan ons kyk na die 'hoekom’ daarvan. Is ons ongenadiglik uitgelewer aan ons smaakpapille, net lui, of wil ons net aan iets knaag as gevolg van emosionele nood of bloot uit verveling?

Die feit bly staan dat ons nie volwasse, bewuste besluite neem voordat ons ons kos voorberei of eet nie, en dan is ons later spyt daaroor. (Dit is nog 'n reuse-bonus van om met Bewustheid te eet – baie minder skuldgevoelens). Wanneer ons onsself afvra: "hoekom?", is ons meer geneig om gesonder opsies te kies gebaseer op ons voedingsbehoeftes en leefstyldoelwitte.

Basiese stappe om met Bewustheid te eet

Hier is 'n paar belangrike stappe om met Bewustheid te eet:

Vra jouself: "Hoe honger is ek?"

Vra jouself: "Hoekom wil ek nou dadelik eet?"

Kry 'n ander plek, weg van jou besige lewe om te eet, en dit is beslis nie jou lessenaar by die werk nie.

Raak onslae van enige iets wat jou aandag aflei terwyl jy eet. Probeer om nie te eet terwyl jy TV kyk of op jou foon blaai nie.

Eet stadig en doelbewus, moet jou nie kos net afsluk nie nie.

Fokus op die eetproses; verdeel of sny jou kos in hanteerbare happies en eet met fokus op die smaak, geure, en hoe jou kos lyk. Raak bewus van elke nuanse in jou ete en verander dit 'n belewenis, eerder as om ‘n stofsuier te wees.

Hierdie stappe kan jou aanmoedig om net stil te staan in ‘n oomblik en bewus te wees van iets wat vir die meeste mense bloot roetine is en wat die meeste van ons heeltemal onnadenkend doen. Op die ou end verg dit sensitiwiteit en ‘n begeerte om bewus te raak van wat ons kies om te doen.

Ten slotte: Om met bewustheid te eet is nie net ‘n gier of 'n dieetstyl nie. ‘n Dieet is in elkgeval net bloot 'n maaltydplan met 'n sperdatum. Om met Bewustheid te eet kan bydra tot 'n gesonder eetpatroon. Bewustheid verminder emosionele eetgewoontes en kan bydra tot 'n gesonder gewig. Omdat om met bewustheid te eet jou toelaat om stadiget te eet, bevredig jy jou honger vroeër en eet jy dus minder. Dit verminder die kans op ooreet (en dus ook die gevolge daarvan soos hoë bloeddruk, diabetes en kanker). Boonop veroorsaak eet met Bewustheid dat jou kos smaakliker is en jy dit meer geniet. Om met bewustheid te eet is dus nog lekker ook! Ons moet almal eet en drink ongeag ons ouderdom of gesondheidstoestand. Ons het dus ten minste drie tot ses geleenthede per dag om Bewustheid in ons lewens ervaar.

Dit is ons opregte wens by Zenzile Life dat hierdie inligting oor hoe om met Bewustheid te eet jou sal help om jouself toe te laat om die vreugde, die oorvloed en verwondering van die eenvoudige daad van eet en drink te kan ervaar, sodat jy ‘n aanhoudende, opregte, diepgaande en tevrede verhouding met kos kan ontdek.

broken image

Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As u dink dat u onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief u plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.

Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.