Return to site

Stap Jou Kop Skoon Met bewustheid

Dr Retha J v Rensburg. Oktober 2019

· Verstand,Lewensvaardighede

Hierdie is ’n uittreksel uit C. Louis Leipoldt se gedig Oktobermaand. Hy verklaar dat Oktober die mooiste, mooiste maand is... en ek stem heelhartig saam. Of dit nou die aarde is wat ontwaak in die lente in die Suidelike Halfrond of die oproerige van kleure van die herfs in die Noordelike Halfrond ... dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand!

’n Sonstraal of twee of 'n bietjie vars lug, word beskou 'n manier om 'n blaaskans te neem en stres te verlig. Maar weet jy dat die natuur jou brein beïnvloed en sodoende jou emosionele beheer en geestesgesondheid kan verander? Dit dus nie verbasend dat ons brein bedraad om sonstrale op ons gesigte geniet nie. Verder is ons geprogrammeer om positief te reageer op bome en plante en wannneer ons vars, skoon lug inasem.

Nie net is stap goed vir jou fisiese gesondheid nie, maar om te stap is ook 'n belangrike gewoonte wat jou geestelike- en emosionele gesondheid kan bevorder. Om bewustheid en stap te kombineer laat jou toe om jou kop skoon te maak en help jou dan om beter te fokus.

Navorsers het die afgelope paar jaar nog maniere geïdentifiseer waarop die natuur ons emosionele en geestesgesondheid beïnvloed. As jy tyd buite in die natuur of in groen ruimtes spandeer, is dit moontlik om stres te verminder, vlakke van spesifieke streshormone te verlaag en fisiese simptome van verhoogde spanning verminder. Deur net na ’n boom te kyk of iets van die natuur raak te sien help om stres minder te maak. Mense wat meer tyd in die buitelug deurbring is geneig om minder depressief en angstig te voel, en voel ook meer verbonde aan hulle medemens. Verder raak mense wat meer met die natuur in kontak kom ook meer bewus van hoe hulle besluite en gedrag die aarde beïnvloed.

Stap Jou Kop Skoon

Om met bewusheid te stap is nie moeilik om aan te leer nie en dit neem ook nie baie tyd in beslag nie. As jy dit vir ten minste een week daagliks vir tien minute doen, sal jy ‘n merkbare verskil in jou gedagtes en emosies waarneem. Op sy beurt sal dit veroorsaak dat jy graag sal wil voortgaan om elke dag met bewustheid te stap. Die doel om met bewustheid te stap is om doelbewuste beweeg.

Kom ons kyk na ’n paar eenvoudige stappe om te leer oor hoe om met bewustheid te stap.

Stap 1.Gaan stap! Nou dadelik! Op hierdie oomblik as jy kan. Dit gaan stap met 'n verskil wees, want jy gaan BEWUSTELIK loop. Ek wil hê dat jy moet weetdat jy stap. Gaan buitentoe - dit maak nie saak of jy in die stad of op die platteland is nie - maak jou deur oop en begin loop. Jy gaan nêrens heen nie; jy stap net.

Jy hoef nie naby 'n nasionale park te bly om die natuur te ervaar nie. Selfs al is jy 'n stadsjapie, kan jy 'n nouer band met die natuur kweek deur 'n oomblik te neem om dit wat jy elke dag van die natuurlike wêreld om jou sien te waardeer - soos die boom langs jou venster of die wolke hoog bo in die lug. Jy het ook nie baie spasie nodig nie. En as dit onweer is of iets jou verhoed om buitenshuis kom hoef jy nie eens buite te wees nie. Maar as jy in die natuur wandel, is daar baie meer voordele as om net binneshuis te stap. Jy benodig net 'n area waar jy 10 tot 15 treë in ‘n rigting kan loop sonder om onderbreek te word. Onthou jy probeer nie om ‘n spesifieke plek te bereik nie, die fokus eerder op die beweging van elke tree wat jy gee.

Stap 2.Voordat ons met bewustheid gaan stap, is daar eers iets wat ons met doen soos voor elke bewustheidsoefening. Ons moet doelbewus en met bewustheid asem haal. Asem diep in. Vir vyf tellings. Asem dan vir ses tellings uit. Voel hoe die lug deur jou neus beweeg en luister na die geluid van jou asemhaning.

Stap 3. Begin loop. Terwyl jy stap, bring jou aandag en bewuswording na jou bene se beweging. Fokus op elke tree. Terwyl jy elke tree neem, dink doelbewus na oor elke aksie van elke tree wat jy gee, in plaas daarvan om dit outomaties te doen soos gewoonlik. Jy mag dalk aanvanklik effens ongemaklik voel, veral in die begin, maar hoe meer jy dit doen, hoe beter raak jou fokus. Let op hoe die hak van elke voet kontak maak met hierdie pragtige planeet waarop ons almal leef. Fokus daarop hoe een voet oplig en dan vorentoe te beweeg. Fokus op hoe jy jou voet neersit, hak eerste. Voel die sensasie van elke voet wat om die beurt vorentoe beweeg, van die hak na die bal van jou voet en uiteindelik tot by jou tone. Stoot dan jou gewig vorentoe. Fokus op hoe jou agterste voet oplig en die siklus herhaal.

Terwyl jy hiermee besig is, sal wat jy sien jou aandag die meeste aftrek. Laat jou oë sag voor jou uitstaar, en moenie na iets spesifieks kyk nie. Fokus al jou aandag op die beweging van jou bene en voete. Hou jou gang natuurlik en gemaklik en hou jou hande en arms waar hulle die gemaklikste voel. Fokus jou aandag op elke tree wat jy gee. Moenie enige beweging of sensasie as vanselfsprekend aanvaar nie. Let op na elke sensasie met elke beweging, hoe jou swaartepunt met elke beweging verander. Jy kan self kies hoe vinnig jy wil loop, maar as jy met bewustheid stap raak jou pas in elk geval stadiger.

Stap 4. Voel die sensasie van jou voetsole op die grond en luister na die geluide om jou. Raak meer bewus vir wat om jou aangaan, vir die onbeperktheid van die natuur, vir die onverwagte en verrassende. Verheug jou daarin. Asem diep in. Vir vyf tellings. Asem dan vir ses tellings uit.

Jou gedagtes sal begin wegdwaal, en wanneer jy dit agterkom, laat jou aandag stadig terugkom na jou voete en die volgende tree wat jy gee. Fokus opsetlik op hierdie manier vir tot tien minute terwyl jy stap. En moenie vergeet om asem te haal nie ...

Probeer om om gereeld so gefokus te gaan stap. Wanneer ons stap, dwarrel ons gedagtes gewoonlik rond in ons koppe. Ons is bekommerd, beplan ons taaklysies vir die dag, en daar is ‘n gejaag en gerommel in ons koppe oor gebeure uit die verlede. En nie een van daardie gedagtes kan ’n enkele sekonde van die verlede of toekoms verander nie.

As ons ten volle bewus is van ons beweging wanneer ons stap en met bewustheid waarneem wat rondom ons aangaan (sonder dat ons gedagtes afgelei word deur negatiewe nadenke), is daar geen ruimte vir kommer nie - ons stap net. Ons het nie nodig om te konsentreer om te loop nie, so hoekom ons oor ons gedagtes bekommer? Geniet eerder die eenvoudige plesier om net te stap.

Slot gedagtes

Daar is vele maniere om bewustheid beoefen, insluitende om te stap. Stap is egter ‘n 'n wonderlike manier om jou kop skoon te maak van die warboel van gedagtes wat jou brein gedurende die dag beset. Wannneer jy ’n breuk nodig het, gespanne voel, of inspirasie soek, probeer 'n bietjie om met bewusheid te gaan stap om van die spinnerakke ontslae te raak, jou gedagtes te fokus en kalmer en rustiger te raak.

Van ons by Zenzile Life wil ons jou aanmoedig om elke dag 'n manier te kry om buite te wees, selfs net vir 'n paar minute. Los jou telefoon by die huis wanneer jy met jou honde gaan stap. Verruil Facebook vir die prentjies wat die wolke maak. Voel die briesie op jou vel, ruik die vars gesnyde gras en verwonder jou aan pragtige blomme of blare en die oproerigheid van kleure rondom jou. Dit is immers Oktober. En wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag? Wat kan jy beter, mooier
of heerliker verwag?
 

broken image
Add paragraph text here.
Hierdie blog plasing is slegs vir inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op spesifieke vrae of kommentaar oor persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersins enige kliniese opinies verskaf nie. As u dink dat u onmiddellike hulp benodig, skakel u plaaslike dokter / sielkundige of psigiater of die SADAG Geestesgesondheidslyn by 011 234 4837. Indien nodig, skakel asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.