Volgens die |”APA Dictionary of Psychology” word uitbranding gedefinieer as "fisiese, emosionele of geestelike uitputting, gepaardgaande met verminderde motivering, verlaagde prestasie en negatiewe houdings teenoor jouself en ander."
Uitbranding is 'n tipe uitputting wat kan gebeur wanneer jy langdurige stres ondervind wat uiteindelik tot ernstige fisiese, geestelike en emosionele moegheid lei.
Jy sal dalk nie besef jy het uitbranding gekry voordat dit te laat is wanneer jy die grens tussen "regtig moeg" en "té uitgeput om te funksioneer" oorgesteek het nie.
Wat beteken uitbranding?
Uitbranding is 'n reaksie op langdurige of chroniese werkstres. Dit word gekenmerk deur drie hoofdimensies:
1. uitputting,
2. sinisme (minder identifikasie met die werk),
3. en gevoelens van verminderde professionele vermoë.
Eenvoudiger gestel, as jy uitgeput voel, jou werk begin haat en minder bekwaam by die werk begin voel, toon jy tekens van uitbranding.
Tekens van uitbranding
Uitbranding lyk vir almal anders, hoewel dit jou fisies, geestelik en emosioneel kan beïnvloed.
Fisiese uitbrandingsimptome
• Gastrointestinale probleme
• Hoë bloeddruk
• Swak immuunfunksie (word meer dikwels siek)
• Herhalende hoofpyne
• Slaapprobleme
Geestelike uitbrandingsimptome
• Konsentrasiekwessies
• Bedrukte bui
• Voel waardeloos
• Verlies aan belangstelling of plesier
• Selfmoordgedagtes
• Verlies aan motivering
• Afgesonderd of alleen in die wêreld voel
• Gevoel van mislukking
• Sinisme
• Hulpeloosheid
Gedragstekens
• Verminderde prestasie in alledaagse take
• Onttrekking of isolasie
• Uitstel
• Uitbarstings
• Gebruik van substanse om dinge te hanteer.
As jy voel dat jy dalk uitbranding het, kontak asseblief jou huisdokter of plaaslike geestesgesondheidswerker.
Bronne
Maslach C, Leiter MP. Understanding the burnout experience: Recent research and its implications for psychiatry. World Psychiatry. 2016;15(2):103–111. doi:10.1002/wps.20311
https://www.darlingdowns.health.qld.gov.au/about-us/our-stories/feature-articles/signs-you-might-be-experiencing-a-burnout-and-how-to-regain-balance-in-your-life
Hierdie blog plasing is slegs ter inligting. Dit moet nie as terapie beskou word nie. Hierdie blog is slegs vir inligting en opvoedkundige doeleindes en moet nie as terapie of enige vorm van behandeling beskou word nie. Ons kan nie reageer op enige spesifieke vrae of kommentaar lewer op persoonlike situasies, toepaslike diagnose of behandeling nie, of andersinds kliniese opinies lewer nie. As jy dink dat jy onmiddelike hulp nodig het, kontak asseblief jou plaaslike dokter/ sielkundige/ psigiater of die SADAG Geestesgesondheids Hulplyn op 011 234 4837. Indien nodig, kontak asseblief die Selfmoordkrisislyn by 0800 567 567 of sms 31393.